128 episodes

NB Publishers is the largest local publishing company in South Africa with seven main imprints, including Human & Rousseau, Tafelberg, Queillerie, Kwela, Best Books, Lux Verbi and Pharos.

NB Publishers NB Publishers

    • Arts

NB Publishers is the largest local publishing company in South Africa with seven main imprints, including Human & Rousseau, Tafelberg, Queillerie, Kwela, Best Books, Lux Verbi and Pharos.

    H&R-boekgesprek: Rachelle Greeff gesels met Dianne Du Toit Albertze oor bottelnek breek bek

    H&R-boekgesprek: Rachelle Greeff gesels met Dianne Du Toit Albertze oor bottelnek breek bek

    In hierdie episode van ons podsending gesels dramaturg en skrywer Rachelle Greeff met Dianne Du Toit Albertze oor haar debuutroman, bottelnek breek bek. Melody Seherrie van die NRO Gender Dynamix vertel meer oor die organisasie en Amy Brown vermaak die gehoor met haar toonsetting van liedjies wat in die boek beskryf word. Die podsending is opgeneem tydens die bekendstelling op Saterdag 30 Julie 2022 by Bertha House in Kaapstad.

    Waaroor gaan Bottelnek breek bek?
    Dianne Du Toit Albertze se debuutroman is 'n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend. Bestel bottelnek breek bek deur Dianne Du Toit Albertze by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook as e-boek beskikbaar. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780798182669

    Foto: Cyan Peppah
    Musiek: “Fishing” by Crowander (https://freemusicarchive.org/music/crowander/acoustic-miniband-acoustic-minimals/fishing/)

    • 46 min
    Kwela Book Chat: For You, I'd Steal a Goat by Niq Mhlongo with Sara-Jayne Makwala King

    Kwela Book Chat: For You, I'd Steal a Goat by Niq Mhlongo with Sara-Jayne Makwala King

    In this week’s episode the award-winning broadcaster, journalist, and author Sara-Jayne Makwala King interviews Niq Mhlongo on his latest short story collection published by Kwela Books, For You, I’d Steal a Goat. In For You, I'd Steal a Goat, award-winning writer Niq Mhlongo presents masterfully told stories rooted in South African life. With his characteristic keen observations and insights into human nature, he explores the things people do for each other, but also to each other. Injustice, corruption, betrayal, jealousy, love, desire and loyalty are just some of the aspects of human interaction that feature in these stories.

    For You, I'd Steal a Goat is a collection filled with piercing poignancy, humour and twist endings that you won't forget. Order from leading bookstores nationwide or online. Also available as an e-book. More details on our website: http://www.nb.co.za/en/view-book/?id=9780795710223

    This episode was recorded during the book launch at Exclusive Books V&A Waterfront in July 2022.

    Music: “Afrobeat” by Crowander (https://freemusicarchive.org/music/crowander/music-of-the-world/afrobeat/)

    • 57 min
    Melinda Ferguson Books Chat with Ismail Lagardien & Ferial Haffajee

    Melinda Ferguson Books Chat with Ismail Lagardien & Ferial Haffajee

    In this week’s episode of the NB Publishers podcast, Ferial Haffajee chats to Ismail Lagardien about his book Too White to be Coloured, Too Coloured to be Black.
    His book is a hybrid narrative, blending memoir with social commentary and political analysis. Always in search of "home", the book tracks Ismail Lagardien's vast experiences of a deeply lived life, always against a backdrop of "unbelonging" ─ first as a reporter in the turbulent 80s, to studying economics at the LSE, then achieving a doctorate at the University of Wales, to working as a speechwriter at the World Bank in Washington. A unique and brilliant read.

    This episode was recorded during an Exclusive Books webinar launch. Get your copy here: https://www.exclusivebooks.co.za/product/9781990973420

    Music: “Silky” by Alex Figueira (https://freemusicarchive.org/music/alex-figueira/mentallogenic/silky/)

    • 59 min
    Tafelberg-boekgesprek: Tertius Kapp gesels met Carien Smith oor Bot

    Tafelberg-boekgesprek: Tertius Kapp gesels met Carien Smith oor Bot

    In hierdie episode van NB-Uitgewers se podsending gesels Tertius Kapp met Carien Smith oor haar verrassende, onderhoudende kortverhaalbundel, Bot.

    In hierdie ambisieuse debuutbundel word die leser op reis geneem. Na wêrelde van verstommende ─ dog onmiddellik herkenbare ─ tegnologiese vooruitgang. Waar bespiegeling en die magiese skouers skuur met die "alledaagse". Waar waarheid en versinsel nie meer onderskeibaar is nie. Waar nuwe, onthutsende eksistensiële vrae opduik, en in gesprek tree met die oerbekende een: waar begin menswees, en waar eindig dit?

    Hierdie episode is tydens 'n Exclusive Books-webinaar opgeneem. Bestel jou eksemplaar by jou naaste tak of hier aanlyn: https://www.exclusivebooks.co.za/product/9780624092872

    • 50 min
    Queillerie-boekgesprek: Jonathan Amid gesels met Rudie van Rensburg oor sy boek Monster

    Queillerie-boekgesprek: Jonathan Amid gesels met Rudie van Rensburg oor sy boek Monster

    Luister na die jongste episode van NB-Uitgewers se podsending om te voel asof jy ook by Rudie van Rensburg se onlangse boekbekendstelling was! Jonathan Amid gesels met Rudie oor sy jongste spanningsroman, Monster.

    Waaroor gaan Monster?
    Die laaste voerings van oudpolisiespeurder Carl Bester (lesers onthou hom uit 2019 se Vloek) se lewe torring los toe sy verhouding met Sarah Theron eindig. Dit bring hom by 'n kruispad, en hy sluit aan by die Kaapstad-tak van Mercurius, 'n gesiglose steunpilaar van die CIA.
    Intussen word ’n wêreldbekende Saoediese joernalis in ’n konsulaat in Istanbul vermoor, met ’n Suid-Afrikaanse joernalis as onwillige ooggetuie.
    Gevolge van dié joernalis se besluite kring uit na Kaapstad, waar Carl opdrag kry om die saak te hanteer. Sy pad kruis weer met dié van Sarah, 'n bekende word grusaam keelaf gesny, en soortgelyke politieke moorde word uit die verlede opgediep. Saoediese agente en 'n siellose mesmoordenaar is maar twee van die monster se vele tentakels wat Carl een-een moet afkap.
    En wie is die geheimsinnige tussenganger, Bahir, wat Saoediese sake in Suid-Afrika onder 'n dekmantel orkestreer . . .
    Bestel Monster deur Rudie van Rensburg by goeie boek- en aanlynwinkels. Ook as e-boek beskikbaar. Meer inligting op ons webtuiste: http://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780795802485

    Die episode is opgeneem by die boekbekendstelling op 7 Junie 2022 by Wordsworth Books, Willowbridge.
    Musiek: “Base” deur Nul Tiel Records (https://freemusicarchive.org/music/nul-tiel-records/post-rock/base/)

    • 47 min
    Tafelberg-boekgesprek: Ivor Price gesels met Johannes de Villiers oor Meer as jou seerkry

    Tafelberg-boekgesprek: Ivor Price gesels met Johannes de Villiers oor Meer as jou seerkry

    Wat is post-traumatiese groei? Hoe gaan jy aan as jy beroof is van die lewe wat vir jou kosbaar was? Luister na dié episode van ons podsending vir Ivor Price se gesprek met Johannes de Villiers oor sy boek Meer as jou seerkry. Die insig wat Johannes de Villiers verwerf het toe sy eie lewe uitmekaar geval het, is die inspirasie vir hierdie boek.
    Johannes gaan steek kers op by deskundiges en terapeute, maar ook veral by gewone mense wat deur die lewe platgevee is. Groei, vind hy, is nie om veerkragtig terug te bons na wie jy was voor dinge verkeerd geloop het nie. Jy sal nooit weer dieselfde mens wees as voor die groot verlies of ramp nie. Maar jy kán dit oorleef ─ en selfs sterker wees.
    Die roerende ware verhale van die mense met wie Johannes praat, wys dat pyn die saadjie kan wees vir iets kosbaar. Met die mindfulness-benadering wat hy hier deel, kan jy ook as ’n nuwe, wyser en meer deernisvolle mens aan die anderkant uitkom.

    Hierdie gesprek is oorspronklik in April 2022 hier op Netwerk24.com uitgesaai: https://www.netwerk24.com/netwerk24/kunste/boeke/boekgesprek-meer-as-jou-seerkry-deur-johannes-de-villiers-20220412

    Bestel Meer as net jou seerkry (Tafelberg) deur Johannes de Villiers by goeie boek- en aanlyn winkels. Dit is ook as e-boek beskikbaar.

    Musiek: “Autumn Leaves” deur Maarten Schellekens (https://freemusicarchive.org/music/maarten-schellekens/single/autumn-leaves/)

    • 55 min

Top Podcasts In Arts

NPR
The Moth
Roman Mars
Anne Bogel | Wondery
Rusty Quill
Cynthia Graber and Nicola Twilley