335 Folgen

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

Radioteater RSG

    • Kunst

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

    SHIRLEY SE SKULD deur Anene Loots

    SHIRLEY SE SKULD deur Anene Loots

    In weerwil van die feit dat die bejaarde Rina in ‘n aftreeoord woon, wil sy steeds avonture aanpak en haar lewe geniet. Wanneer dit lyk of daar ‘n kans is dat sy, soos Shirley in die rolprent Shirley Valentine, op ‘n Griekse eiland kan gaan vakansie hou, is haar opgewondenheid groter as haar gesonde verstand. Onverwagse wendinge bring drama en konsternasie, met komiese gevolge. Die spelers is Susanne Beyers, Elsabe Daneel, Nic de Jager, Zenobia Kloppers, Dean Balie en Roeline Daneel. Die regie is deur Joanie Combrink behartig. Anene Loots het in 2023 die merieteprys met hierdie drama gewen in die RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

    • 55 Min.
    ‘N BLOMMEKROON VIR BELINDA deur Almé Swart

    ‘N BLOMMEKROON VIR BELINDA deur Almé Swart

    Elke middag om klokslag half twee kom Belinda by die winkel in. Dan soek sy die tafel teen die muur, want sy wag vir haar man. En wanneer kom haar man? Hy kom nie... Dit is Nadia, die nuwe kelnerin by die koffiehuis op die dorp, beskore om die raaisel van Belinda se jarelange gewag op haar man op te los. Maar nie voordat haar eie geheim ook op die lappe kom nie... Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Elanza Swart, Ronel Geldenhuys, Stefan Vermaak, Chloe van Rooyen en Melt Sieberhagen. Die regisseur is Amor Tredoux. ’N BLOMMEKROON VIR BELINDA is die wenner in die kategorie Beste Jong Skrywer in die 2023 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

    • 51 Min.
    TAAISPUL deur Madeleine Venter

    TAAISPUL deur Madeleine Venter

    Ou liefde roes nie, lui die spreekwoord. As dit jou het, het dit jou. Daar is nie wegkomkans nie. Die liefde is ‘n taaispul. Dirk kry op sy oudag spyt oor die skoolliefde wat hy 40 jaar gelede deur sy vingers laat glip het. Hy glo vas dat die glibberige Eben destyds vir Lea van hom afgerokkel het, en besluit dat dit nou die tyd is om haar terug te wen. Die eksentrieke Katrien, ‘n Help-‘n-senior-vrywillige, help hom – teen betaling natuurlik. Sal Lea haar man, Eben, los vir Dirk? Dirk glo die inligting wat hy oor Eben het, sal Lea oortuig. Die spelers is Anton Dekker, Anton Schmidt en Elma Potgieter. Die jonger weergawes van die karakters is vertolk deur Charlie Bourguenon, Izel Bezuidenthout, Christene Voorendyk en David Louw. Die regie is behartig deur Mari Snyman. TAAISPUL is die wenner van die derde prys in RSG se 2023 radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

    • 53 Min.
    VERRAAD deur Anneli du Preez

    VERRAAD deur Anneli du Preez

    Jaco en Phillip, ʼn getroude paartjie, kom voor ‘n uitdaging te staan wanneer een van die partye erken hulle voel nie meer dieselfde nie. Soos wat die middag verloop en die twee koppe stamp en mekaar konfronteer, leer ons die karakters beter ken. Altwee het geheime wat hullr ronddra en ontknoop. Die een se geheim het dalk goeie bedoelings, en die ander een s’n saai verwoesting. Die rolverdeling is is Philru van Achterberg, Botha Enslin, Christo Campion en Mandi Baard. VERRAAD het die tweede plek behaal in die 2023 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

    • 45 Min.
    TWEEGESIG deur Lena Nel

    TWEEGESIG deur Lena Nel

    ‘n Mens moet nooit te maklik vertrou nie. As dit blyk te goed om waar te wees, is dit gewoonlik so. Sake neem ‘n dramatiese wending wanneer Alexander Brink gewond word, en in die hospitaal wakker word. Skielik staan die pragtige Hanri van Wyk staan langs sy bed. Sy beweer dat hulle verloof is. Dis maar net die begin van die oëverblindery... Met Karen Wessels, Charlie Bouguenon, Antowan Nothling, Shemane Harris, Solomon Cupido, Ria Smit en Eddie de Jager. Tweegesig is die wenner van die 2023 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.

    • 50 Min.
    LAM VIR DIE PASE deur Nico Luwes

    LAM VIR DIE PASE deur Nico Luwes

    400 jaar van stilte word verbreek. Sal jy trek of sal jy agterbly? Is die opoffering die moeite werd? Hierdie ou verhaal speel af in die tyd van die Israelitiese slawerny in Egipte. Dit trek die baadjie aan van gewone mense wat voor moeilike besluite te staan kom. Menslikheid en geloof ontmoet mekaar in ‘n verhoogteks uit 1990, keurig verwerk vir die radio dur Nico Luwes. Die spelers is Duncan Johnson, Henriëtta (Gryfenberg) Plattner, Elzabé Zietsman, Claudia Jones, Kaz McFadden, Francois van Rensburg en Dihan Keun.

    • 49 Min.

Top‑Podcasts in Kunst

Augen zu
ZEIT ONLINE
life is felicious
Feli-videozeugs
Was liest du gerade?
ZEIT ONLINE
پادکست فارسی انسانک | Ensanak
Hesam Ipakchi
Kunst und Klischee
Christian Bazant-Hegemark und Katharina C. Herzog
Servus Gute Küche
Servus in Stadt & Land

Das gefällt dir vielleicht auch

Middagvervolgverhaal
RSG
Kortom
RSG
Spektrum
RSG
Carte Blanche: The Podcast
Carte Blanche
Global News Podcast
BBC World Service
Crime Junkie
audiochuck