Die Rooibank Podcast BMD & NGK Bloubergstrand
-
- Health & Fitness
Ons gesels weekliks saam oor emosionele, geestelike en fisiese uitdagings wat mense en gesinne in hierdie tye ervaar. Ons vra die opinies van kenners soos maatskaplike werkers en predikante hieroor. Hierdie podcast is 'n samewerking tussen Bloubergstrand Maatskaplike Dienste (BMD) en NGK Bloubergstrand. Ons kan gekontak word by thamar@ngkbloubergstrand.co.za of kantoor@ngkbloubergstrand.co.za
-
Hoe my kindertrauma my volwasse lewe beinvloed het 16 Dae van Geen Geweld
Ilze deel haar inspirerende verhaal van kindertrauma en emosioneel gesond word as volwassene.
Die inhoud mag ontstellend wees vir sensitiewe luisteraars. -
My storie oor Geen Geweld teenoor Vroue en Kinders
'n Ongelooflike verhaal gevul met inspirasie en moed, vertel deur iemand wat verkies om anoniem te bly.
Sy beweeg uit haar gemaksone om dit met ons op Die Rooibank te deel -
Die Verstommende Effek van Dankbaarheid
Anoniem en Bessie gesels oor hul doelbewuste reis met dankbaarheid.
-
Wanneer werkloosheid my tref
Thamar en Roodt ruil wenke uit oor hoe om in beheer te bly van hierdie situasie.
Roodt is die eienaar van 'n werwingsagentskap -
Die verskil wat jy maak
Thamar gesels met Renette van Kruishuis oor die verskil wat sy ander se lewens maak
-
Raak so ontslae van pandemievoosheid
Thamar en Elmarie gesels oor HOE om ontslae te raak van die pandemievoosheid gevoel