'n Ma & 'n Mikrofoon

Africa Podcast Network
'n Ma & 'n Mikrofoon

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"! Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om hulle stories te deel. 'n Ma & 'n Mikrofoon sal jou inspireer, bemagtig en herinner dat jy (ten spyte daarvan dat jy soms twyfel) altyd die beste ma is vir jou kind. 'n Ma & 'n Mikrofoon is a podcast that reflects the world of the modern Afrikaans mom. Host Daniëlla van Heerden (herself a mom of two) engages in candid conversations with experts and special guests. The focus extends beyond the health of babies and children to encompass the emotional well-being of mothers. Here, you'll share laughter for those moments only another mom can understand – like how five minutes alone in the car can sometimes count as "me-time"! However, more serious topics such as postpartum depression, tantrums, and bullying are also openly discussed. Everyday and well-known moms alike drop by the studio to share their stories. 'n Ma & 'n Mikrofoon will inspire, empower, and remind you that, despite moments of doubt, you are always the best mom for your child.

  1. Anneen Henze: Die Hart van 'n #Momtrepreneur/ Anneen Henze: The Heart of a #Momtrepreneur

    6 NOV

    Anneen Henze: Die Hart van 'n #Momtrepreneur/ Anneen Henze: The Heart of a #Momtrepreneur

    Anneen Henze het al 'n lang pad gestap as #momtrepreneur—eers as klere-ontwerper met 'n gewilde swangerskapsreeks agter haar naam. Nou het sy 'n nuwe reis aangepak, toe sy die webblad The Mom Archive begin het. The Mom Archive is "Suid-Afrika se eerste omvattende aanlyngids en gemeenskapsplatform wat ontwerp is om ouerskap en ma-wees te vereenvoudig." Maar hierdie is nie nét 'n gesprek oor besigheid nie. Anneen deel met Daniëlla die verhaal van hoe hierdie besigheid tot stand gekom het, uit die perspektief van 'n mamma wat ’n moeilike diagnose oor haar kind gekry het en selfs uitbranding ervaar het. Sy gee ook waardevolle raad wat sy deur die jare in die sakewêreld geleer het. *https://www.themomarchive.co.za/ Anneen Henze has come a long way as a #momtrepreneur—starting as a clothing designer with a popular maternity line to her name. Now, she's embarked on a new journey with the creation of The Mom Archive. The Mom Archive is "South Africa's first comprehensive online directory and community platform designed to simplify parenting and motherhood." But this conversation isn’t just about business. Anneen shares with Daniëlla the story of how this business came to life, from the perspective of a mother who received a challenging diagnosis concerning her child and even experienced burnout. She also offers valuable advice drawn from her many years in the business world. * https://www.themomarchive.co.za/ - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    41 min
  2. Nageboorte Depressie: Die eerlike gesprek wat luisteraars wou hoor /  Postpartum Depression: The Episode You Asked For

    23 OCT

    Nageboorte Depressie: Die eerlike gesprek wat luisteraars wou hoor / Postpartum Depression: The Episode You Asked For

    Hierdie episode is die gevolg van talle boodskappe versoeke van luisteraars van 'n Ma & 'n Mikrofoon. Nageboorte depressie. Post-partum depressie. Méér as net "baby blues" - en meer algemeen as wat ons almal besef. En ten spyte daarvan dat dit so baie van ons raak, steeds nie iets waaroor ons graag praat nie. Maar in dié episode praat Daniëlla en kliniese sielkundige Gerda Kriel wél sonder skroom. Gerda deel haar eie storie oor nageboorte depressie, iets wat sy ook as kind beleef het toe haar ma daaraan gely het. Sy verduidelik waarom dit gebeur, wat jy kan doen (vooraf, tydens en na die tyd) en waarom dit nooit te laat is om in te gryp nie. Ons praat ook oor hoe PPD ook mans en pa's raak; en hoe jy jou man, vriendinne of kollegas kan bystaan wanneer jy die tekens raaksien. This episode is the result of many messages and requests from listeners of 'n Ma & 'n Mikrofoon. Postpartum depression... It's more than just the "baby blues" – and more common than we all realize. Despite affecting so many of us, it’s still something we are often reluctant to talk about. But in this episode, Daniëlla and clinical psychologist Gerda Kriel talk openly and without hesitation. Gerda shares her own story of postpartum depression, something she also experienced as a child when her mother suffered from it. She explains why it happens, what you can do (before, during, and after), and why it’s never too late to intervene. We also discuss how PPD affects men and fathers too, and how you can support your husband, friends, or colleagues when you recognize the signs. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    50 min
  3. Leer jou Kind Só om Stres te Hanteer/ How to Teach Your Child to Manage Stress

    16 OCT

    Leer jou Kind Só om Stres te Hanteer/ How to Teach Your Child to Manage Stress

    As ouers wéét ons hoe moeilik dit kan wees om te sien hoe ons kinders sukkel met spanning – hetsy weens eksamens, konflik met vriende, 'n nuwe omgewing, of selfs veranderinge in hul liggame. Dit kan ons magteloos laat voel, maar daar is dinge wat ons kan doen om hulle te ondersteun. In hierdie episode gesels die opvoedkundige profiel-ontleder Charne Lieberberg met Daniëlla en verduidelik hoe kinders se breine stres anders verwerk as volwassenes. Sy deel ook bemagtigende, maklike strategieë wat ouers kan gebruik om hul kinders toe te rus met die vaardighede om angs te oorkom en beheer te neem oor stresvolle situasies. * Kontak Charne by www.samindframe.com of 076 971 8138. As parents, we all know how difficult it can be to watch our children face stress—whether it’s from exams, friendships, new environments, or even changes in their bodies. While it may leave us feeling helpless, there are steps we can take to support them. In this episode, educational profile analyst Charne Lieberberg sits down with Daniëlla to break down how children’s brains process stress differently from adults. She also shares powerful, easy-to-follow strategies to help parents equip their children with the skills to overcome anxiety and take control of stressful situations. * You can reach Charne at www.samindframe.com or 076 971 8138. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    34 min
  4. Episode 34: Borskanker: Só Het Ek My Kinders Vertel/ Episode 34: Breast Cancer: How I Told My Children

    2 OCT

    Episode 34: Borskanker: Só Het Ek My Kinders Vertel/ Episode 34: Breast Cancer: How I Told My Children

    Borskanker is op 37 by Lydia van der Kooy gediagnoseer. "Van die oomblik wat die chirurg dit vir my gesê het, was dit asof kanker in elke liewe sel van my liggaam gaan sit," vertel sy in dié episode. Lydia deel met Daniëlla en luisteraars haar kanker-storie van die afgelope twee jaar: hoe sy dit vir haar vier seuns vertel het, die chemo-proses beleef het en mense se vrae hanteer het. Maar sy vertel ook hoe dit haar verhouding met haar man versterk en haar geloof verdiep het. *Dié is episode 1 van 2 tydens Borskanker-bewustheidsmaand: Luister ook die volgende episode waar 'n dokter belangrike mediese kennis deel. Lydia van der Kooy was diagnosed with breast cancer at 37. "From the moment the surgeon told me, it felt like cancer settled into every single cell of my body," she says in this episode. Lydia opens up to Daniëlla and the listeners about her cancer journey over the past two years: how she informed her four sons, navigated the chemotherapy process, and addressed people's questions. She also discusses how this experience strengthened her relationship with her husband and deepened her faith. *This is the first of two episodes for Breast Cancer Awareness Month. Be sure to listen to the next episode, where a doctor shares important medical insights. - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

    39 min

Ratings & Reviews

4.8
out of 5
31 Ratings

About

'n Ma & 'n Mikrofoon is 'n podcast wat die wêreld van die moderne Afrikaanse ma weerspieel. Aanbieder Daniëlla van Heerden (self 'n ma van twee) voer openhartige gesprekke met kenners en spesiale gaste. Die fokus is nie net babas en kinders se gesondheid nie, maar ook ma's se emosionele welstand. Hier sal jy saam lag vir daardie oomblikke wat net 'n ma kan verstaan - soos dat vyf minute alleen in die motor soms kan tel as "me-time"! Meer ernstige onderwerpe soos postpartum depressie, tantrums en boelies word egter ook openlik bespreek. Alledaagse én bekende ma's kom kuier ook in die ateljee om hulle stories te deel. 'n Ma & 'n Mikrofoon sal jou inspireer, bemagtig en herinner dat jy (ten spyte daarvan dat jy soms twyfel) altyd die beste ma is vir jou kind. 'n Ma & 'n Mikrofoon is a podcast that reflects the world of the modern Afrikaans mom. Host Daniëlla van Heerden (herself a mom of two) engages in candid conversations with experts and special guests. The focus extends beyond the health of babies and children to encompass the emotional well-being of mothers. Here, you'll share laughter for those moments only another mom can understand – like how five minutes alone in the car can sometimes count as "me-time"! However, more serious topics such as postpartum depression, tantrums, and bullying are also openly discussed. Everyday and well-known moms alike drop by the studio to share their stories. 'n Ma & 'n Mikrofoon will inspire, empower, and remind you that, despite moments of doubt, you are always the best mom for your child.

You Might Also Like

To listen to explicit episodes, sign in.

Stay up to date with this show

Sign in or sign up to follow shows, save episodes and get the latest updates.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada