19 episodes

Dis hier waar jy hoor waaroor ‘n Mevrou se lewe nou eintlik gaan – ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Hulle is Mevrou Mevrou!

Mevrou Mevrou JacPod

    • Society & Culture

Dis hier waar jy hoor waaroor ‘n Mevrou se lewe nou eintlik gaan – ‘n dosis hardop lag, lang trane huil, vra vir genade, pleit vir geduld. Elke dag se dinge op ‘n skinkbord en nee, nie met tee nie. Hierdie Mevrouens doen nie tee en toebroodjies nie. Maar dan is Gerda de Sousa en Dianne Broodryk nou ook nie alledaags nie. Hulle is maal twee. Hulle is Mevrou Mevrou!

    Mevrou maak haar stem dik

    Mevrou maak haar stem dik

    Dis verkiesingstyd en die Mevrouens is skoon uit hulle kassies – of eerder stembussies. Dis 30 demokratiese jare later, maar hulle onthou daai 94-verkiesing asof dit gister was. Nie net kon die Mevrouens vir die eerste keer ook stem nie … Gerda de Sousa en Dianne Broodryk het hulle joernalistieke tande gesny tydens Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. Die grootste storie in die land se moderne geskiedenis – en die Mevrouens was daar om dit te skryf!

    • 41 min
    Mevrou se blou bloed bieg

    Mevrou se blou bloed bieg

    Die Mevrouens bieg hulle was ook – net soos die res van die wêreld - vas gevang in die dramatiese verwikkelings van die Britse koninklike familie. Met die pinkies in die lug en die tee wat nie uit die koppie mors nie, vra dié twee ook nederig om verskoning oor al die ure wat hulle op sosiale media spandeer het met die teorieë oor wat aangaan agter die paleis deure. En daarmee saam, vloed die herinnerings in toe Gerda de Sousa en Dianne Broodryk voor die TV gesit en wag het vir Prinses Diana om met haar trourok uit die koets te klim …….

    • 27 min
    Mevrou draai die kasset terug tot by die 'perm'

    Mevrou draai die kasset terug tot by die 'perm'

    Dis met skok dat die Mevrouens besef hulle gunsteling grootword jare, was vier dekades terug! Daai dae van hare klits en ‘perm’, die plakkate teen die kamermuur, die groot oorbelle en baie pienk grimering, voel soos nou die dag. En hulle ken dan steeds al die woorde van al die treffers van 80’s! In hierdie episode van Mevrou Mevrou, dink Gerda de Sousa en Dianne Broodryk met nostalgie terug aan die onskuldige dae van hulle skool jare, toe musiek alles was en die prys van haarprodukte hulle grootste probleem ….

    • 29 min
    Mevrou krap, waar dit voorheen nie gejeuk het nie

    Mevrou krap, waar dit voorheen nie gejeuk het nie

    Die een oomblik het Mevrou nog in die branders baljaar en die volgende oomblik het haar Desember vakansie in een ontaard met ‘n allergiese reaksie. Sy moet nou die realiteit in die gesig staar dat sy moontlik allergies geraak het vir skulpvis – een van haar gunsteling disse. In hierdie episode van Mevrou Mevrou, wonder Gerda de Sousa en Dianne Broodryk hoekom mens nie eerder allergies kan raak vir iets wat jou dwars in die krop steek nie …….

    • 23 min
    Mevrou, dáái soen en ‘n movie

    Mevrou, dáái soen en ‘n movie

    Dis die maand van liefde en die Mevrouens wil nou nie uit voel nie. Hulle moet egter toegee dat Valentyns Dag nie juis die hoogtepunt van hulle liefdeslewe is nie, na meer as 20 jaar van getroude lewe. Maar dit beteken nie die liefde is ‘n uitgebluste vlam in hierdie twee se huise nie. In hierdie episode van Mevrou Mevrou laat Gerda de Sousa en Dianne Broodryk die wange weer bloos soos wat hulle onthou waar dit als begin het ……

    • 25 min
    Mevrou sit Krismis mis

    Mevrou sit Krismis mis

    Die Mevrouens besef Kersfees is op ons, maar dit beteken nie dat hulle so heeltemal op Kersfees is nie. Gerda de Sousa en Dianne Broodryk besef dat daar min dae is om die Kersfees gees te vang en alles te doen wat op die prioriteits lys is. Maar tussen dié twee en die fees seisoen is daar ‘n groot lê gat – waar ‘n Kersboom veronderstel is om in goud te staan en pronk. In hierdie spesiale episode van Mevrou Mevrou, is dit ‘n gespook en spartel om die Kersfees liggies aan die brand te kry….
    Die musiek aan die begin van die episode: Deck the Halls B by Kevin MacLeod http://incompetech.com Creative Commons — Attribution 4.0 International — CC BY 4.0 Free Download / Stream: https://bit.ly/deck-the-halls-b Music promoted by Audio Library • Deck the Halls B – Kevin MacLeod (No ...

    • 19 min

Top Podcasts In Society & Culture

This American Life
This American Life
Shawn Ryan Show
Shawn Ryan | Cumulus Podcast Network
Stuff You Should Know
iHeartPodcasts
Animal
The New York Times
Call It What It Is
iHeartPodcasts
The Viall Files
Nick Viall

You Might Also Like