KLETS

KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander

  1. 4 DAYS AGO

    Van Potholes Tot Poachers en Ice Baths

    In die KLETS-episode gesels Matthys en Colene met die sjamaan Ahanu, van Namaskar Wellness Hub in Johannesburg, oor sjamanisme en wat dit beteken om ’n sjamaan te wees. Is dit net rook, kristalle en spiritualiteit, of is daar dieper wysheid agter hierdie eeue-oue praktyk? Ahanu verduidelik hoe energiegenesing en bewuste bewustheid mense kan help op hul lewenspad en hoekom hierdie praktyk in ’n moderne wêreld nog so relevant is. Ons plunge (ja, in yswater) reg in die wêreld van koue-terapie of "ice plunging". Hoekom gooi mense hulleself vrywillig in yskoue baddens? Is dit net ‘n trend of is daar werklik voordele vir jou liggaam en gees? Ahanu verduidelik hoe ice plunging spanning verlig, die immuunstelsel bevorder en jou geestelike balans verbeter. Terwyl ons praat oor innerlike balans, verloor sommige ministers heeltemal hulle balans met hul absurde stellings. Van potholes tot poachers, Suid-Afrikaanse politici was die afgelope ruk in topvorm met kwytskeldings wat jou laat lag en huil op dieselfde tyd. En dan is daar komkommers en pickles — die span se persoonlike ervarings van die afgelope naweek! Om dinge af te sluit, spoel Matthys sy mond uit oor HIV/AIDS —’ n onderwerp wat steeds stigma dra, maar waaroor eerlik gepraat moet word. Wil jy meer weet oor sjamanisme en koue-terapie? Kontak vir Ahanu van Namaskar Wellness Hub by https://namaskartmt.co.za/ of 081 773 4477. Luister nou en maak gereed vir ’n wilde rit deur ys, spiritualiteit en Suid-Afrika se mees absurde politiek!

    49 min
  2. FEB 12

    Neil de Beer: Die Waarheid oor die SA-VSA Spanning, Leierskap, SONA en die RNE

    In hierdie KLETS-episode sit Matthys en Colene met Neil de Beer, leier van die United Independent Movement (UIM) en een van die min manne wat nie bang is om dinge te sê soos dit is nie. Terwyl die weer buite dreun, gesels ons oor die onlangse politieke spanning tussen Pretoria en Washington. Neil deel sy insigte oor Trump se uitvoerende bevel, wat gemik is op Suid-Afrika se nuwe onteieningswet en die rol van Suid-Afrika se saak teen Israel by die Internasionale Strafhof. Hy verduidelik die implikasies van hierdie beleidsbesluite en hoe dit Suid-Afrika se internasionale betrekkinge beïnvloed. En soos altyd, bring Neil sy kenmerkende humor saam—want as jy nie kan lag oor politiek nie, huil jy waarskynlik al klaar! Ons bespreek ook die onlangse Staatsrede (SONA) en die Regering van Nasionale Eenheid (RNE). Neil gee sy perspektief op leierskap in hierdie uitdagende tye en die pad vorentoe vir Suid-Afrika. Hy deel sy persoonlike ervarings met Nelson Mandela, sy lesse oor versoening en leierskap, en hoe Madiba se wysheid steeds relevant is—iets wat nie van alle hedendaagse leiers gesê kan word nie. Te midde van die politieke storms, beklemtoon Niel die noodsaaklikheid van daadwerklike optrede teen ongeregtigheid in Suid-Afrika. Hy deel sy planne en inisiatiewe om seker te maak dat geregtigheid vir alle Suid-Afrikaners seëvier. Sy passie en vasberadenheid is ’n inspirasie vir almal wat ’n verskil wil maak. Met die weer wat buite dreun en die politieke weerlig wat slaan, bied hierdie KLETS-episode ’n insiggewende en kragtige gesprek oor Suid-Afrika se verhouding met die VSA en die toekoms van die land. Luister nou, voor nóg ’n uitvoerende bevel opdaag!

    1h 12m
  3. 12/18/2024

    2024: Suid-Afrika se Wenners, Verloorders, en Politieke Teater

    2024 was ’n jaar van groot politieke en ekonomiese omwentelinge! In hierdie KLETS-episode sluit Dawie Roodt, bekende ekonoom, en Piet Croukamp, politieke ontleder, by Matthys en Colene aan om die jaar se mees bepalende gebeure te bespreek. Ons delf diep in die vyf prioriteite wat tydens die Februarie 2024 SONA (State of the Nation Address) aangekondig is. Hoe het die regering gevaar in hierdie sleutelareas, en wat was die werklike impak op Suid-Afrikaners se lewens? Een van die grootste politieke skuiwe van die jaar was die ANC wat sy parlementêre meerderheid verloor het, wat gelei het tot die vorming van die Regering van Nasionale Eenheid (RNE). Was hierdie nuwe politieke bestel net ’n oefening in krisisbestuur, of het dit enige werklike stabiliteit gebring? Ons bespreek hoe die RNE Suid-Afrika se ekonomiese groei, werkloosheid, en infrastruktuurontwikkeling beïnvloed het. Wat beteken hierdie veranderinge vir Cyril Ramaphosa se toekoms as ANC-leier, en kan hy sy posisie behou? Internasionaal het Suid-Afrika die wêreld se aandag getrek met sy optrede teen Israel by die ICJ (International Court of Justice). Was hierdie skuif briljant diplomaties of bloot politieke teater? Ons analiseer die moontlike langtermynimpak op Suid-Afrika se internasionale verhoudings. Dan is daar die herverkiesing van Donald Trump as president van die VSA. Wat beteken sy terugkeer vir Suid-Afrika, spesifiek vir die AGOA-handelsooreenkoms? Is hierdie ’n nuwe kans vir groei, of ’n struikelblok wat ekonomiese uitdagings vererger? Ons sluit af met ’n blik op 2024 se wenners en verloorders. Wie het uitgeblink, en wie het teleurgestel? Met insigte en debate hierdie episode propvol waarde as jy wil verstaan hoe 2024 Suid-Afrika se toekoms vorm.

    1h 8m
  4. 11/27/2024

    Waterveiligheid, Branding Drama, en ’n Huldeblyk aan Breyten Breytenbach

    In hierdie spesiale voor-Desember episode van KLETS op 27 November 2024, fokus ons op waterveiligheid en hoe om jou gesin veilig te hou hierdie feestyd. Ons gesels met Dhaya Sewduth, die president van Lifesaving South Africa, wat praktiese waterveiligheid wenke en belangrike tips deel. Of jy by die see vakansie hou of binnelandse damme besoek, waterveiligheid is noodsaaklik om die Desember veilig, koel en sorgvry deur te bring. Dhaya vertel ons ook meer van Lifesaving South Africa se Watersmart-projek, ’n unieke aanlyn leerplatform, wat mense toerus met noodsaaklike kennis en vaardighede oor waterveiligheid. Die platform bied gratis, interaktiewe kursusse wat spesifiek ontwerp is vir ouers, kinders, en opvoeders. Dit sluit in wenke oor hoe om waternoodgevalle te voorkom, basiese lewensreddingstegnieke, en hoe om ’n potensiële krisis reg te hanteer. Deur hierdie hulpbronne te gebruik, kan jy en jou gesin voorbereid wees op enige situasie. Besoek die webwerf vir meer inligting: https://lifesaving.co.za/watersmart/. Ons “swem” ook oor na die wêreld van branding en vra: Is Jaguar se nuwe logo en veldtog die handelsmerk in gevaar? Hierdie veldtog het reeds gemengde reaksies ontvang en word deur sommige as nog ’n geval van “wokeness to broke-ness” beskou. Gaan Jaguar swem of sink? Daarna kyk ons na Suid-Afrika se unieke status as een van die veiligste plekke op aarde, sou World War III ooit uitbreek. Ironies? Ons sluit af met ’n huldeblyk aan Breyten Breytenbach, een van Suid-Afrika se grootste digterstemme. Sy gedig, “Ek Sal Sterf En Na My Vader Gaan”, herinner ons aan die krag van poësie en die nalatenskap van groot kunstenaars soos Breytenbach. Maar dis nou dit tot en met 18 Desember 2024, dan KLETS ons weer. Kyk mooi na jouself, soet wees, en as jy nie soet is nie neem fotos! Luister ook na ’n hartroerende storie oor waterveiligheid in ’n Ma en ’n Mikrofoon, episode 24: Die Dag Toe My Kind Verdrink Het.

    1h 29m

Ratings & Reviews

5
out of 5
2 Ratings

About

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander

More From Afrikaans.Radio

You Might Also Like

To listen to explicit episodes, sign in.

Stay up to date with this show

Sign in or sign up to follow shows, save episodes, and get the latest updates.

Select a country or region

Africa, Middle East, and India

Asia Pacific

Europe

Latin America and the Caribbean

The United States and Canada