Port of call with Riva Schoeman and the Centurion Hospice

Centurion Hospice

Well-known radio and television personality Riva Schoeman is the voice behind the microphone in a series of podcasts that will be a first for any Hospice in South Africa. The new podcasts series called: Port of Call from Centurion Hospice, will connect listeners with experts as well as leaders in hospice and palliative care, with pertinent and heart-warming discussions about timely issues that patient’s, family members and friends are faced with when a loved one is diagnosed with a terminal illness.

  1. 08/30/2021

    Die voor- en nadele van ondersteuningsgroepe

    Daar word oor die algemeen geglo dat georganiseerde ondersteuningsgroepe ’n moderne verskynsels is, maar eintlik kan die eerste ondersteuningsgroep teruggevoer word na die laat agtiende eeu. ’n Psigiater by ’n psigiatriese hospitaal in Frankryk het begin om voormalige pasiënte as personeel aan te stel wat hulle ervaring met pasiënte kon deel. Dit het vining duidelik geword dat die gemene deler die pasiënte se stories was. Deur hulle stories met ander te deel het daar aanvaarding asook ’n mate van berusting te kom. Die motto was dat “almal dieselfde pyn en afwykings deel; ons reageer net almal op ’n verskillende manier. Dié tipe ondersteuningsgroepe het in die sewentigerjare begin uitbrei en het meer ontvattend geraak; dit het nie net psigiatriese pasiënte ingesluit nie, maar ook ander morele en sosiale probleme soos verslawing en verlies ingesluit. Vandag word ondersteuningsgroepe in bykans alle gesondheidsektore voortgestaan. En gesondheidswerkers beskou dié groepe as ’n effektiewe manier om na die gemeenskap uit te reik, om kwaliteit te verbeter en om gesondheidsongelykhede te verminder. Die belangrikste is egter dat mense ondersteuningsgroepe nodig het. Centurion Hospice het een van die sterkste en grootste ondersteuningsgroepe in Centurion en reik nie net na mense uit wat met lewensbedreigende siektes gediagnoseer is nie, maar ook na dié wat met die pyn en verlies van ’n geliefde so dood moet saamleef. By ons in die ateljee is Annette Reed, die hoofuitvoerendebeampte van Centurion Hospice en Philip Aucamp, maatskaplike werker van dié hospice

    22 min
  2. 06/21/2021

    Die digitale hiernamaals – is dit emosioneel gesond om jou gestorwe geliefde se virtuele self op Facebook te laat voortleef?

    Die land het getreur toe die Afrikaanse sanger Zak van Niekerk (wat toe maar net 33 jaar oud was) op 30 Maart 2012 in ‘n gru-motorongeluk naby Vanderbiljpark dood is. Hy het sy vrou, Sonja van Niekerk, en twee seuntjies Jano. twee. en Zian wat toe net 2 en ‘n half maande oud was agtergelaat. Ja, Zak het op ons CD-spelers, in ons motors en selfs op partytjies voortgeleef, maar sy ondersteuners het selfs verder gegaan en hom in die digitale ruimte laat voortleef. Zak is op ‘n manier ontsterflik geword. Sy Facebook-blad het nie die herdenkingsfunksie gehad nie, en sy ondersteuners, vrou en familie is op ‘n daaglikse basis oorval met Facebook-inskrywings en onthou-jy’s. Vroeër vanjaar het ‘n vriend van Zak ook ‘n Legende-blad gestig wat nou amper 5 000 volgelinge het. Die profiel-foto op die blad, is ‘n foto van sy troudag. Zak is dáár. Steeds daar. In die kuberruimte. Sonja het ‘n paar jaar na Zak se dood weer getroud, maar is dit gesond vir haar huwelik, vir haar kinders om Zak so ontsterflik te maak? Hoekom kan ons nie maar net die gestorwenes met rus laat en hulle in ons harte laat voortleef nie? Hoe het sosialemediawebwerwe die manier waarop ons rou verander? By ons in die ateljee is Suzaan Lourens, ‘n berader van Pretoria wat veral in vituele rou belangstel en ons telefoniese gas is Sonja Terblache, Zak se weduwee. W

    20 min

About

Well-known radio and television personality Riva Schoeman is the voice behind the microphone in a series of podcasts that will be a first for any Hospice in South Africa. The new podcasts series called: Port of Call from Centurion Hospice, will connect listeners with experts as well as leaders in hospice and palliative care, with pertinent and heart-warming discussions about timely issues that patient’s, family members and friends are faced with when a loved one is diagnosed with a terminal illness.