Tygerberg Gesinskerk Preke - Prakties, Doelgerig, Woordvas

Tygerberg Gesinskerk

Tygerberg Gesinskerk se preke is prakties en relevant. Dit word weekliks opgedateer en kan gerus afgelaai of gedeel word. Besoek ons ook op YouTube om die preke te kyk.

  1. Sep 27

    El Elyon – God die Allerhoogste | Name van God – Deel 9

    Hoe verander jou lewe wanneer jy werklik glo dat God die Allerhoogste is?In hierdie boodskap kyk ons na El Elyon – God die Allerhoogste. Ons sien deur Abraham en Dawid se stories dat God bo elke mag, elke storm en elke omstandigheid staan.Wanneer ons verstaan wie El Elyon is, verander ons perspektief:• Ons besef dat alles aan God behoort en dat ons rentmeesters is van dit wat Hy aan ons toevertrou.• Ons ontdek dat Hy ons toevlug is, selfs wanneer ons omstandighede nie onmiddellik verander nie.• Ons leer om nie net op die grootte van ons probleme te fokus nie, maar op die God wat groter is as dit wat voor ons staan.Dawid se omstandighede in die grot het nie onmiddellik verander nie — maar sy perspektief het. Hy het geweet waarheen om te hardloop: na God, die Allerhoogste, sy toevlug en veilige vesting.Mag hierdie boodskap jou herinner dat jy nie altyd ’n kleiner probleem nodig het nie — soms het jy ’n groter perspektief op God nodig.-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS 0:00 Intro09:58 El Elyon besit alles – daarom is ek ‘n rentmeester, nie die eienaar nie!21:06 El Elyon is my toevlug – daarom vertrou ek! 30:31 El Elyon is Koning – daarom aanbid ek hom!-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za

  2. Sep 13

    El Roi – Die God wat jou sien | Name van God – Deel 7

    Het jy al ooit gevoel asof niemand jou werklik raaksien nie? Asof jy tussen mense staan, maar steeds alleen voel?In Deel 7 van ons Name van God-reeks ontdek ons El Roi – die God wat my sien.Deur Hagar se verhaal in Genesis 16 en 21 sien ons hoe God haar in die middel van haar woestyn ontmoet. Waar ander haar miskyk, ken God haar naam. Hy sien haar nood, Hy hoor haar uitroep en Hy tree in.Hierdie boodskap herinner ons dat God ons sien wanneer niemand anders ons raaksien nie – selfs wanneer ons onsself in moeilike omstandighede bevind. Sy genade is groter as die gemors waarin ons soms sit, en Hy sien dikwels dit wat ons self nog nie kan sien nie.Deur Hagar se woestynreis ontdek ons vier kragtige waarhede oor hoe God ons werklik raaksien:-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro12:46 El Roi sien ons wanneer niemand anders ons raaksien nie21:02 El Roi sien ons binne die gemors wat foute veroorsaak het 28:54 El Roi is nie ‘n toeskouer nie – Hy’s ‘n doener33:54 El Roi word mens in Jesus Christus-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#ElRoi #NameVanGod #GodSienJou #Preek #TygerbergGesinskerk #Genesis #Geloof

  3. Sep 6

    El Shaddai: God die Almagtige | Niks is vir God onmoontlik nie | Die Name van God – Deel 6

    Wat is die een ding waarmee jy steeds worstel—angs, vrees, twyfel, onsekerheid of iets wat jou vasgevang laat voel?Om ’n kind van God te wees, beteken nie dat ons nooit sukkel nie. Ons hoef egter nie ons stryd weg te steek of alleen te dra nie. Ons dien El Shaddai—God die Almagtige. Wat vir mense onmoontlik lyk, is vir God moontlik.In hierdie boodskap ontdek ons:• Niks is vir God onmoontlik nie• God kan bonatuurlik vermeerder• Niemand kan God se seën keer nie• Ons kan Hom vertrou wanneer ons dit nie self kan regkry nie• Ware oorwinning word in Christus gevindWat jy ook al vandag in die oop spasie van jou lewe moet invul, onthou: jou God is almagtig. Hy kan jou help—en Hy wil jou help.-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro11:02 Hy is die God wat die onmoontlike doen15:23 Hy is die God wat bo-natuurlik eskaleer23:15 Hy is die God wie se seën nie gekeer kan word nie32:45 Hy is die God wat sy kinders beskerm-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.zaAs hierdie boodskap jou bemoedig het, deel dit met iemand wat dit vandag nodig het. Teken ook in op ons kanaal vir meer boodskappe en eredienste.#ElShaddai #GodDieAlmagtige #NiksIsOnmoontlikNie #Geloof #ChristelikeBoodskap #TygerbergGesinskerk

  4. Aug 16

    4 Name van JAHWE en Wat Dit Beteken | Deel 3

    Wat openbaar die verskillende name van JAHWE oor wie God is en wat Hy vir ons doen?In hierdie derde deel van die reeks, Die Name van God, kyk Johan Delport na vier besondere name van JAHWE:--------------------------------------------------------------------TIMESTAMPS0:00 Intro08:09 Jahwe Tsidkenu – Die Here is ons Geregtigheid16:20 Jahwe Shammah – Die Here is daar22:30 Jahwe Raah – Die Here is my Herder25:43 Jahwe Nissi – Die Here is my Banier en Oorwinning--------------------------------------------------------------------Hierdie name herinner ons dat die Here regmaak wat gebroke is, altyd teenwoordig is, ons versorg en aan ons die oorwinning gee deur Jesus Christus.Teks: Psalm 99Prediker: Johan DelportGemeente: Tygerberg GesinskerkReeks: Die Name van God – Deel 3“Verheerlik die Here, ons God, buig in aanbidding voor sy heilige berg, want heilig is die Here, ons God.” – Psalm 99:9--------------------------------------------------------------------Indien jy Jesus wil leer ken as jou Verlosser, dan is hierdie Bybelstudie 'n moet! Laai dit gerus hier af:https://www.bybelstudie.co.za/e-boekeWHATSAPP COMMUNITY GROEPhttps://chat.whatsapp.com/LaXQgdTHtrp2v3FZR4XJFnKONTAK VORMMaak gerus ook met ons kontak.Kontakvorm: https://gesinskerk.breezechms.com/form/fd3ed0KONTAK DIE KERKKANTOOR:info@gesinskerk.co.za087 2555 827VOLG ONS AANLYN BY:Facebook: www.facebook.com/gesinskerkInstagram: www.instagram.com/gesinskerkWebtuiste: www.gesinskerk.co.za#DieNameVanGod #JAHWE #JohanDelport #TygerbergGesinskerk

About

Tygerberg Gesinskerk se preke is prakties en relevant. Dit word weekliks opgedateer en kan gerus afgelaai of gedeel word. Besoek ons ook op YouTube om die preke te kyk.