GeldGeheime

Voelgoed Media

Met hierdie podsending gaan Mia Kriegler, direkteur by Kruger Internasionaal, die geheime van hoe om met geld te werk vir vroue oopsluit. Alle kennis en tydlose beginsels bly 'n geheim totdat iemand dit vir jou geleer het.

Episodes

  1. 09/26/2025

    Belastingvriendelike Beleggings – betaal minder belasting en verdien meer opbrengs met Aftreefondse. [Episode 9]

    Is jou beleggingsportefeulje belastingdoeltreffend? Aftreefondse as belastingvriendelike beleggingstrukturebied jou die geleentheid om minder belasting te betaal én verseker dat jou opbrengs belastingvry kan groei. Aftreefondse val ook buite jou boedel en is buite bereik van krediteure. Daar is verskillende aftreefondse wat jy kan gebruik om jou beleggingsportefeulje belastingdoeltreffend te maak en jou belastinglas te verlig. Aftreefondse hou verskeie voordele en beperkinge in om jou spaargeld te beskerm. ·       Ons kry hoofsaaklike vier tipes aftreefondse:uittree-annuïteite, pensioenfondse, voorsorgfondse en bewaringfondse. ·       Hoe betaal jy minder belasting deur van ʼn aftreefondsegebruik te maak? ·       Wat is die voorskrifte en beperkinge op beleggings in ʼnaftreefonds?  Die 𝗚𝗘𝗟𝗗𝗚𝗘𝗛𝗘𝗜𝗠𝗘-𝗣𝗢𝗗𝗦𝗘𝗡𝗗𝗜𝗡𝗚 word twéé keer per maand – op ʼn Vrydag om 13:00 – op VOELGOED.CO.ZA, Spotify, Apple Podcasts en Youtube vrygestel. As jy nie op ’n Vrydag kan luister nie, kan jy dit enige ander tyd doen!   🤩 MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by KrugerInternasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za Kontak Mia gerus by mia@krugerinternasionaal.co.za sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.

    15 min
  2. 09/10/2025

    Hoe 6 slim sêgoed van Warren Buffett jou ryker kan maak [EPISODE 8]

    Warren Buffett is die bekendste en seker een van díe mees suksesvolste beleggers van ons tyd. Sy sêgoed is propvol insig, humor enpraktiese raad. Dit bevat nie hoogdrawende teorie of ingewikkelde formules nie, maar eerder eenvoudige voorbeelde en raad wat jy in jou eie finansiële lewe kan toepas. Wat kan ons by hom leer? Kom luister hoe die tydlose beginsels uit ses van sy bekende sêgoed jou kan help om ryker te word. ·       Wie is Warren Buffett? ·       Wees bang wanneer ander gierig is, en wees gierig wanneer ander bang is. ·       Dit is nie nodig om buitengewone dinge te doen ombuitengewone resultate te kry nie. ·       Wall Straat maak sy geld uit aktiwiteit. Jy maak jou gelddeur onaktief te wees. ·       Voorspellings sê baie oor die voorspeller, maar niks oor die toekoms nie. ·       Die belangrikste belegging wat jy kan maak, is in jouself. ·       In die sakewêreld is die truspieëltjie altyd duideliker asdie voorruit. Die GELDGEHEIME-PODSENDING word twéé keer per maand – op ʼn Vrydag om 13:00 – op VOELGOED.CO.ZA,Spotify, Apple Podcasts en Youtube vrygestel. MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #𝗚𝗲𝗹𝗱𝗚𝗲𝗵𝗲𝗶𝗺𝗲 word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële vryheid – https://krugerinternasionaal.co.za Kontak Mia gerus by mia@krugerinternasionaal.co.za sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.

    14 min
  3. 08/01/2025

    Vermy die volgende 10 SLAGGATE wanneer jy vir aftrede spaar [Episode 5]

    Om te spaar vir aftrede is ʼn lang en aanhoudende reis met baie uitdagings langs die pad. As jy die volgende 10 slaggate vermy sal jy suksesvol na jouself kan omsien wanneer jy die dag aftree. Jy moet genoeg spaar om jou finansieel te dra deur ’n aftrede wat maklik 35 jaar of langer kan duur. Hoe vroeër jy begin spaar, hoe groter is jou voordeel. Dis belangrik om volgehou te spaar én om meer opsy te sit as wat jy dalk aanvanklik sou verwag. • Die 1ste slaggat is om te lank wag voordat jy begin spaar • Die 2de slaggat is om nie vir die negatiewe uitwerking van inflasie te beplan nie • Die 3rde slaggat is om te onderskat hoeveel geld jy vir aftrede gaan nodig hê • Die 4de slaggat is om nie konsekwent aan te hou spaar nie • Die 5de slaggat is om geld uit jou pensioenfonds te onttrek • Die 6de slaggat is om te vroeg af te tree • Die 7de slaggat is om te vroeg in aftrede te veel te onttrek • Die 8ste slaggat is om nie vir langlewendheid te beplan nie • Die 9de slaggat is swak diversifikasie in jou aftree portefeulje • Die 10de slaggat is om met skuld af te tree MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #𝗚𝗲𝗹𝗱𝗚𝗲𝗵𝗲𝗶𝗺𝗲 word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za Kontak Mia gerus by mia@krugerinternasionaal.co.za sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik.

    16 min
  4. 06/27/2025

    Alles wat jy moet weet om regtig te begin SPAAR [Episode 3]

    Om te spaar is om geld weg te sit vir die toekoms in plaas daarvan om dit dadelik te gebruik. Om te spaar is ook om spaarsamig en slim te leef sodat jy minder geld uitgee en meer het om vir jouself te hou. Dit is hoe ʼn mens voorbereiding tref vir toekomstige behoefte, vir noodgevalle of bepaalde doelwitte. ·      Jy het ʼn begroting nodig om seker te maak jy het geld om te spaar ·       Wenke om spaarsamig te leef: o   Kanselleer maandelikse subskripsies o   Maak self kos ipv uiteet en wegneemetes o   Maak van lojaliteitsprogramme gebruik o   Vermy impulsiewe kopies o   Oorweeg ʼn saamryklub o   Oorweeg dit om jou leefstyl af te skaal o   Verkoop onnodige en ongebruikte goedere   ·       Waarvoor spaar jy? o   Noodfonds o   Om skuld af te betaal is die beste belegging! o   Spaar vir aftrede of jou oudag wanneer jy nie meer kan werk nie. o   Spaar vir groot uitgawes soos selfone, kar, huis. o   Spaar vir kinders se opvoeding of universiteit. o   Spaar vir vakansies of spesiale ervarings.   ·       Spaar jou geld op ʼn veilige en toeganklike plek. Kontak Mia gerus by mia@krugerinternasionaal.co.za sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik. MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za

    11 min
  5. 06/13/2025

    Tien praktiese stappe om jou skuld te oorwin en skuldvry te leef [Episode 2]

    Solank as wat jy skuld het, is dit feitlik onmoontlik om welvaart te begin opbou. Skuld bring ook dikwels emosionele spanning mee. As jy werklik welvaart wil skep en ’n finansieel sorgvrye lewe wil lei, moet jy eers jou skuld afbetaal. Om skuld af te betaal, bly een van die beste beleggings wat jy kan maak! Luister saam vir 10 praktiese stappe om jou te help om skuldvry te leef! ·       Die 1ste stap is om te weet wat jy skuld ·       Die 2de stap is om seker te maak jou begroting is op datum ·       Die 3de stap is om onnodige uitgawes te snoei ·       Die 4de stap is om jou skuld nou met ʼn doeltreffende strategie te begin afbetaal ·       Die 5de stap is om met jou krediteure te onderhandel en skuld te konsolideer ·       Die 6de stap is om enige nuwe skuld te vermy ·       Die 7de stap is om jou inkomste te vermeerder ·       Die 8ste stap is om ʼn noodfonds op te bou ·       Die 9de stap is om boek te hou van jou vordering en gemotiveerd te bly ·       Die 10de en laaste stap is om konsekwent en geduldig te bly Kontak Mia gerus by mia@krugerinternasionaal.co.za sodat sy jou kan help om jou beleggingsdoelwitte te bereik. MIA KRIEGLER is direkteur van Batebestuur by Kruger Internasionaal en #GeldGeheime word met trots geborg deur Kruger Internasionaal, jou reisgenoot op die pad na finansiële sorgvryheid – https://krugerinternasionaal.co.za

    11 min

About

Met hierdie podsending gaan Mia Kriegler, direkteur by Kruger Internasionaal, die geheime van hoe om met geld te werk vir vroue oopsluit. Alle kennis en tydlose beginsels bly 'n geheim totdat iemand dit vir jou geleer het.