Met Almal. Oor Alles

Suzaan Steyn

Welkom by Met Almal. Oor alles. Gesprekke met kundiges, kenners en mense met interessante stories om te deel.

  1. Geen Kontak, Geen Redes: “Ghosting” het nie wenners nie.

    09/05/2025

    Geen Kontak, Geen Redes: “Ghosting” het nie wenners nie.

    Ons is sekerlik almal al een of ander tyd uit die bloute deur iemand geïgnoreer. Sonder waarskuwing. Sonder verduideliking. Of dit nou op die speelgrond, by die werk, of in ’n verhouding gebeur, dit bly ’n ontstellende ervaring. Een oomblik is daar ’n band, die volgende oomblik stilte. Geen verduideliking, geen antwoorde, geen afsluiting. In Episode 13 gesels ek met kommunikasiespesialis, sake-coach en besturende direkteur van Pro-Active Communications Hanrie Fridjhon oor “ghosting”, of spookloop. ’n Ou gedragspatroon wat vandag meer bekend is weens sosiale media. Al ervaar albei partye dit op verskillende maniere, kan die emosionele impak vir albei ewe swaar wees. Hanrie ontleed hoekom mense ander spookloop, hoe ons dit kan verstaan, hanteer en hoe om die stukke op te tel en aan te beweeg. No Contact, No reasons. Ghosting has no winners. We’ve all been ghosted. Ignored without warning or explanation. Whether it happens on the playground, at work, or in a relationship, the experience is unsettling. One minute there’s connection. The next, silence. No explanations, no answers, no closure. In Episode 13, communication specialist, business coach and managing director of Pro-Active Communications, Hanrie Fridjhon and I discuss ghosting. An age-old behaviour made more common by social media. While both sides experience it differently, the emotional toll can be equally intense. Hanrie unpacks why people ghost, how we can make sense of it, and learn how to move on. https://artlist.io/royalty-free-music/song/immaterial/68717

    28 min
  2. “Vrolike Marlenetjie”, Artscape se Ystervuis met ‘n Hart vir Mense

    08/29/2025

    “Vrolike Marlenetjie”, Artscape se Ystervuis met ‘n Hart vir Mense

    Sy's die energieke uitvoerende hoof van die Artscape Teatersentrum in Kaapstad waar sy met ’n ystervuis regeer, en met haar lekker lag, harde werk en ’n enorme liefde vir mense en haar land, groot verandering in die kunste en talle lewens bewerkstellig. Altyd positief, met min mense wat weet van die uitdagings wat die bekroonde Dr. Marlene le Roux al moes trotseer. Polio, ’n moeilike politieke landskap, ’n breingewas, die dood van haar gestremde seun, haar egskeiding. In Episode 12 van MAOA praat sy eerlik oor haar lewe, haar werk, haar menseverhoudinge, haar voortdurende geveg vir vroueregte en mense met gestremdhede en hoe baie sy van die lewe hou. Laai af, luister saam, deel en laat hoor van jou in die kommentaarveld hieronder. “Vrolike Marlenetjie”: Workaholic with a Steel Fist and an Enormous Heart for People. She’s the energetic CEO of the Artscape Theatre Centre in Cape Town, where she rules with an iron fist, and through her warm laugh, hard work, and deep love for people and her country, she’s brought about big change in the arts and in many lives. Always positive, with few people knowing about the challenges the award-winning Dr. Marlene le Roux has faced. Polio, a difficult political landscape, a brain tumour, the death of her disabled son, her divorce. In Episode 12 of MAOA, she speaks honestly about her life, her work, her relationships with people, and her ongoing fight for women’s rights and people with disabilities. Download, listen, share, and let us know your thoughts in the comment section below. https://artlist.io/royalty-free-music/song/immaterial/68717

    45 min
  3. ‘n Lig in die Donker

    08/15/2025

    ‘n Lig in die Donker

    Een aand, nie lank gelede nie, het ek ‘n swerm vuurvliegies langs die Luvuvhu-rivier in die Makuya-natuurreservaat in Limpopo gesien. Ek was skoon oorstelp. Vuurvliegies is vir my “wonderwerke” en “sprokies”, en almal wat ek hieroor uitvra, stem saam. Die hartseer is dat meeste van ons hulle laas as kinders gesien het. Wie is hierdie klein liggies in die donker? Waar woon hulle, wat eet hulle, hoe leef hulle en hoekom is daar so min van hulle? In Episode 10 deel ’n lid van die Lampyrinae-familie hulle lief en leed met my, by monde van entomoloog Renier Basson van die Endangered Wildlife Trust. Laai af, luister saam en deel jóú ervarings met vuurvliegies in die kommentaarveld hieronder. A Light in the Dark One evening not long ago, I saw a swarm of fireflies along the Luvuvhu River in the Makuya Nature Reserve. I was completely in awe. Fireflies have always felt like little “miracles” and “fairytales” to me, and everyone I ask, tend to agree. The sad part is that most of us last saw fireflies when we were children. Who are these tiny lights in the dark? Where do they live, what do they eat, how do they live — and why are there so few of them? In Episode 10, a member of the Lampyrinae family shares their joys and struggles with me, through the voice of entomologist Renier Basson from the Endangered Wildlife Trust. Download, listen in, and share your firefly memories in the comment section below. Intro & outro music: https://artlist.io/royalty-free-music/song/ immaterial/68717

    25 min

About

Welkom by Met Almal. Oor alles. Gesprekke met kundiges, kenners en mense met interessante stories om te deel.