Luttig se Lens

Daniël "DF" Luttig

Welkom by Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.    My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n Kliniese Sielkundige in die Noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.   **Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.

Episodes

  1. 7H AGO

    Selfsorg: Wat bemoeilik dit?

    Ons leef in ’n tyd waar almal oor selfsorg praat. Ons ken die taal. Ons ken die tegnieke. Rus. Grense. Balans. Tog bly stres hoog, uitbranding algemeen, en self-sorg iets wat ons uitstel, of meganies, sonder oortuiging probeer. So miskien is die werklike vraag nie "wat is self-sorg?" nie… maar eerder: "As ons almal weet wat om te doen wat maak dit so moeilik om dit werklik te beoefen?" In hierdie episode ondersoek ek saam met twee kliniese sielkundiges, Francois Liebenberg en Roslyn Jantjies, hoe die ritme van ons samelewing, tesame met ons innerlike konflik, daartoe lei dat ons nie meer teenwoordigheid met ons self skep en die vraag vra, “maar wat het ek nodig?" nie. Ek hoop jy luister lekker saam. 01:30 Erkenning van die paradoks 02:22 Selfsorg as 'n psigiese uitdaging 04:10 Analogie van die geyser 07:31 Selfsorg vs selfsug09:12 Identiteit en selfwaarde18:02 Innerlike selfsorg23:20 Toestemming24:36 Luister: "to-do" vs "to-be"30:57 Nuuskierigheid vs selfkritiekDink en gesels graag saam met ons! Hierdie podsending-episode is moontlik gemaak in samewerking met die Daniël Luttig Kliniese Sielkunde Inc.-praktyk (https://www.danielluttigpsychology.co.za/ & Instagram). *Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen terapeutiese verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko. Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/

    34 min
  2. 07/14/2025

    Die romantisering van psigiese gesondheid

    Welkom by nog ’n episode van Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid. My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n Kliniese Sielkundige in die Noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer. In die tweede aflewering van my nuwe podsending, bespreek ek en Roslyn Jantjies, ook 'n Kliniese Sielkundige in privaatpraktyk, die sinister tendens van die romantisering en verheerliking van psigiese gesondheid en terapie. Ons glo natuurlik dat bewusmaking belangrik is, maar ons neem waar dat hierdie ernstige onderwerp soms baie ligsinnig behandel word sonder die nodige respek. Ons gesels dus oor: Wat is romantisering van psigiese ongesteldheid?Hoe lyk die huidige landskap van dit op sosiale media?Wat is die effek daarvan op mense, veral adolessente?Teenmiddels vir hierdie tendens?Dink en gesels graag saam met ons! Hierdie podsending-episode is moontlik gemaak in samewerking met die Daniël Luttig Kliniese Sielkunde Inc.-praktyk (https://www.danielluttigpsychology.co.za/). *Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko. SADAG (Die Suid-Afrikaans Depressie- en Angsgroep): 0800 567 567 - https://www.sadag.org/index.php?option=com_content&view=article&id=11&Itemid=114 Bronne: Ahuja, J., & Fichadia, P. A. (2024). Concerns Regarding the Glorification of Mental Illness on Social Media. Cureus, 16(3). https://doi.org/10.7759/cureus.56631. https://doi.org/10.7759/cureus.56631 Issaka, B., Ebenezer, A. K. A., Wood, S. F., & Mohammed, F. (2024). “Anxiety Is Not Cute” Analysis of Twitter Users’ Discourses on Romanticizing Mental Illness. BMC Psychiatry, 24(1). https://doi.org/10.1186/s12888-024-05663-w. https://doi.org/10.1186/s12888-024-05663-w Katerina Jerine. (2024, April 26). Stop romanticizing mental illness. The Vermont Cynic. https://vtcynic.com/opinion/stop-romanticizing-mental-illness/ Ndour, A., & Foulkes, L. (2025). The romanticisation of mental health problems in adolescents and its implications: a narrative review. European Child & Adolescent Psychiatry. https://doi.org/10.1007/s00787-025-02701-0. https://doi.org/10.1007/s00787-025-02701-0 Punzalan, K. (2019, May 29). Are Depression and Suicide Memes Helping or Making People’s Mental Health Worse? When in Manila. https://www.wheninmanila.com/are-depression-and-suicide-memes-helping-or-making-peoples-mental-health-worse/ Shuttleworth, C. (2023, June 28). The Romanticisation of Mental Illness Online. Inspire the Mind. https://www.inspirethemind.org/post/the-romanticisation-of-mental-illness-online Volg ons op Instagram en gesels saam: https://www.instagram.com/luttig_se_lens/

    44 min

About

Welkom by Luttig se Lens, ’n Afrikaanse podsending waar ons aktuele sake bespreek, saam reflekteer, en probeer sinmaak van die menslike toestand en ingesteldheid.    My naam is Daniël Luttig, en ek is ’n Kliniese Sielkundige in die Noordelike voorstede van die Kaap. Elke episode gesels ek met ’n gas oor ’n kwessie wat vir my interessant is, wat alledaags in ons samelewing voorkom, maar wat ook daadwerklik ‘n impak op mense se lewens kan maak. Saam bespreek ons die onderwerp en probeer maniere vind om ons gedagtes te ontwikkel en te navigeer.   **Vrywaring: Hierdie podsending is slegs vir inligtingsdoeleindes. Dit is nie mediese advies nie en geen dokter/kliënt-verhouding word gevorm nie. Die gebruik van die inligting is op eie risiko.