150 集

Kry die nuus soos dit breek.

Nuus Kosmos 94.1

    • 新聞

Kry die nuus soos dit breek.

    Stand van damme kommerwekkend: Mutorwa

    Stand van damme kommerwekkend: Mutorwa

    Die meeste van Namibië se belangrike damme stoor aansienlik minder water as 'n jaar gelede, volgens NamWater se jongste opdatering oor land se damme. Daar is slegs 16,7 persent waterbronne in die drie sentrale damme oor. In die Suide is Hardap op 10,7 persent en die damme in die Ooste is slegs 2,6 persent vol. Adjunk-premier John Mutorwa het tydens sy ministeriële verklaring in die Nasionale Vergadering gesê die situasie is kommerwekkend.

    • 35 秒
    Silwer-toekenning 'sal mense na Kaapstad lok'

    Silwer-toekenning 'sal mense na Kaapstad lok'

    Die Stad Kaapstad sê sy Choose Cape Town-bemarkingsvideo wat silwer gewen het by die internasionale toerisme-fliekfees vir Afrika, sal meer mense aanmoedig om Kaapstad te besoek. Die kortfilm wat in die Toerismevideo-afdeling benoem is, vang Kaapstad se verskeidenheid onder ses temas vas: besoek, leef, werk, studeer, speel en belê. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei en Toerisme, James Vos, sê Kaapstad voel geëerd oor die erkenning wat die kortfilm ontvang het.

    • 18 秒
    Otjozondjupa goewerneur loof regering vir droogtehulp

    Otjozondjupa goewerneur loof regering vir droogtehulp

    Otjozondjupa goewerneur James Uerikua het die regering geloof vir sy proaktiewe maatreëls om boere tydens die droogte te ondersteun. Die landbouministerie het onlangs 'n begroting van 130 miljoen Namibiese dollar aangekondig vir die 2024/2025-droogteondersteuningsingryping wat op veeboere gemik is. Dit sluit in aansporings vir veebemarking, weidingsubsidies, dierevervoer en voeraankope, wat geskeduleer is tot 31 Maart volgende jaar. Ondersteuning vir voer en akkerbou sal van 1 Julie tot 31 Desember beskikbaar wees. Die primêre doelwitte is om boere te help om vee tydens droogtes te verminder om veeverliese te voorkom, en boere in staat te stel om hul kuddes daarna te vergroot. Die ondersteuning is van toepassing op beide kommunale en kommersiële plase landwyd. Uerikua het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

    • 39 秒
    Nog 'n olifantjie in Huab-riviergebied gebore

    Nog 'n olifantjie in Huab-riviergebied gebore

    Elephant Human Relations Aid, bekend as Ehra, is verheug met die aankoms van 'n kosbare nuwe baba-olifant in die Huab-riviergebied. Eve, 'n sterk vroulike kalf, is gebore uit die 11-jarige Lisa, dogter van die matriarg Kinky. Eva deel die kenmerkende kinkel in haar stert, wat kenmerkend is van al die wyfies in die trop. Ehra sê sy is 'n perfekte klein wonderwerk, veral gegewe die uitdagende toestande wat onlangs die lewens van twee ander baba-olifante in die Ugab- en Huab-gebiede geëis het. Eve is die tweede kalfie wat vanjaar gebore is. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Rachel Harris, Ehra se besturende direkteur.

    • 31 秒
    NV hoor radio-musiek moet plaaslike kunstenaars bevorder

    NV hoor radio-musiek moet plaaslike kunstenaars bevorder

    Die PDM-parlementslid Inna Hengari het 'n mosie in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê wat pleit vir 'n verskuiwing in die huidige musieklandskap op Namibiese radiostasies, wat tans baie buitelandse musiek bevat. Sy beklemtoon die belangrikheid daarvan om plaaslike inhoud te prioritiseer, asook die behoefte om Namibiese kunstenaars te bevorder en die land se kulturele identiteit te bewaar. Volgens Hengari staar Namibië 'n beduidende ekonomiese en kulturele uitdaging in die gesig, aangesien meer as 80 persent van die musiek wat op plaaslike radiostasies uitgesaai word, van buitelandse bronne afkomstig is.

    • 36 秒
    Beefcor-rowers weg met byna N$90 000, selfone, rewolwer

    Beefcor-rowers weg met byna N$90 000, selfone, rewolwer

    Die Beefcor winkel in Walvisbaai is vanoggend van 80 000 Namibiese dollar beroof. Volgens die polisie was die bestuurder besig om geld te tel om die daaglikse bankkwitansies voor te berei. Die sekuriteitshek was nie gesluit nie want twee kliënte was besig om die winkel te verlaat. Vier rowers met pistole het ingekom en die bestuurder beveel om op die grond te lê. Die rowers het die kontant en die bestuurder se rugsak gevat. Daar was 'n Rossi 38 Special rewolwer, 8 500 dollar kontant, 'n Samsung Galaxy A 54 en 'n maatskappy voertuig-ontstekingsleutel in die rugsak. Hulle het ook twee selfone by die werkers gevat, in 'n maroen Honda Fit met die registrasienommer N 17024 WB gespring en weggejaag. Beefcor het 'n beloning van 10 000 dollar aangebied vir inligting wat kan lei tot die rowers se inhegtenisname. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die Erongo-polisie se woordvoerder, adjudant-offisier Tashiya Fernando.

    • 36 秒

熱門新聞 Podcast

聽天下:天下雜誌Podcast
天下雜誌
法客電台 BY 法律白話文運動 Plain Law Radio
法律白話文運動
轉角國際新聞 Daily Podcast
轉角國際新聞 Daily Podcast
《The Real Story》By 報導者
報導者 The Reporter
敏迪選讀
敏迪
☀️ 全球串連早安新聞|Morning Taiwan Glocal News
浩爾&小路