29 episodes

Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.

AGTERBLAD Hendre Cubitt; Willem Rautenbach; Francois van Zyl; Alten du Plessis; Charl Eksteen

    • Sports

Die Kuber-Kletskanaal waar elke Drie, Doel, Grenshou en Gru-ongeluk bespreek word. Die nommer 1 potgooi vir sport in Afrikaans.

    Ep. 24 - Super Max skitterend in Saoedi-Arabië!

    Ep. 24 - Super Max skitterend in Saoedi-Arabië!

    Vir beide Francois en Hendré was die Saudi-Arabië Grand Prix 'n bittersoet affêre - hoewel dit vir baie verskillende redes was. Luister gerus hoe Francois sy trane probeer inhou na 'n skokkende 16de plek kwalifisering en P10 wedren vir Lewis Hamilton, en Hendrê se angs soos hy besef dat sy droom van 'n perfekte begin na die seisoen vir Charles Leclerc gefnuik is deur super Max se skitterende vertoning.
    Noudat ons twee wedrenne diep in die seisoen is, is een ding verseker - ons het geen idee hoe hierdie seisoen gaan uitdraai nie. Gaan Mercedes enigsins kan terugkom van hul enjin-kwale af? Is die Red Bull karre regtig so vinnig soos die rooi gevaar van Ferrari? Gaan die Australiaanse staat die aaklige Alpine-livery se terugkoms verban as gevolg van gevaar dat kykers verblind gaan word? 

    Dit alles en meer op Agterblad.

    • 55 min
    Ep. 23 - Fantastiese Ferrari blitsig in Bahrein en Mercedes vind geluk in Red Bull se pyn!

    Ep. 23 - Fantastiese Ferrari blitsig in Bahrein en Mercedes vind geluk in Red Bull se pyn!

    Daar is nie 'n ander manier om dit te sê nie - na die afloop van die naweek se Grand Prix kan ons nie vir Hendré stil kry nie. 'n Ferrari 1-2 einde, gepaard met sy liefste Mick Schumacher bitter naby aan 'n top 10 einde het die man skoon liries. 

    Luister gerus na Hendré en Francois se ontleding van die eerste wedren van die 2022 seisoen. Ons bespreek alles, van die eerste indrukke van die verskillende spanne, tot die grootste verassings, teleurstellings en frustrasies. Ons waag selfs 'n paar blikke in na die toekoms. 

    Het Ferrari nog teruggehou met hulle vuurpyl van 'n enjin? Is Mercedes se doppie vir hierdie seisoen geklink? Gaan Red Bull hierdie jaar enigsins 'n wedren klaarmaak? En hoe op aarde is Kevin Magnussen so vinnig?

    • 1 hr 17 min
    Ep. 22 - 2022 F1-SEISOEN: VOORSKOU EN VOORSPELLINGS!

    Ep. 22 - 2022 F1-SEISOEN: VOORSKOU EN VOORSPELLINGS!

    Met die Bahrain-naweek wat op ons wag is die F1-seisoen uiteindelik op die punt om weer af te skop, en Agterblad se manne staan al amper op kwyl soos die afwagting opbou. Met elke byte se data en elke kamera se raam ten volle ontleed het ons uiteindelik die kans gewaag om ons voorspellings vir die nuwe seisoen te maak - wetende dat alles waarskynlik in elk geval verkeerd gaan wees. 

    Luister gerus na Francois en Hendré se beste pogings om te probeer voorspel wat hierdie nuwe era vir ons gaan inhou. Daar is 'n paar gedagtes wat sinmaak (in ons oë ten minste), sowel as 'n paar wilde voorspellings wat daar buite gegooi is wat elke bookie 'n behoorlike hoofpyn sou gee. 

    Praat met ons! Ons wil hoor wat ons luisteraars te sê het. Gaan Lewis die kampioenskap hierdie jaar terugwen? Gaan Red Bull weer die span wees om te klop? Gaan hierdie die seisoen wees waar Hendré uiteindelik sy Ferrari merch vir eens en altyd ophang? En wat op aarde het 'n porpoise (die minder geliefde neef van 'n dolfyn) te doen met 'n F1-kar?

    • 1 hr 4 min
    EP. 21 - F1-Ontwerpe oordeel, Proteas kolf Kiwi's plat en Hane hou bo!

    EP. 21 - F1-Ontwerpe oordeel, Proteas kolf Kiwi's plat en Hane hou bo!

    Hoewel die Agterblad span hul brood en botter in hul indiepte sportkennis rakend al die grootste sportsoorte, beteken dit nie dat ons tog die caviar van die lewe kan waardeer en geniet nie. In hierdie week se episode verruil ons die scrumpette vir ‘n glasie vonkelywyn en ‘n paar haute couture skoene: Ons kyk kuns. 

    Luister gerus na die menings van drie pseudo kunsgeleerdes soos ons die 2022 groep van F1-motors se fynere ontwerpspunte noukeurig ontleed en bepunt uit 10. Daar is kontroversie, spanning, geluk, vreugde en teleurstelling (die Louvre se kunsmeesters sou trots wees). 

    In verdere nuus bespreek ons ook die mees onlangse krieketverwikkelinge in Nieu-Sealand waar die Proteas terug gebons het om hul toetsreeks gelykop te speel, sowel as verlede naweek se ontleding van die 6 Nations rugby-kampioenskap, en ons plaaslike- spanne se vertoning in die URC.

    • 1 hr 17 min
    EP. 20 - PROTEAS PENARIE, MASI GEPOS EN PREMIERLIGA TITELRESIES ONTPLOF

    EP. 20 - PROTEAS PENARIE, MASI GEPOS EN PREMIERLIGA TITELRESIES ONTPLOF

    Die Agterblad span kom die week byeen om te probeer sin maak van wat hulle aanskou het tydens die Proteas se eerste toets teen Nieu-Seeland.

    Die futlose kolfvertoning word oor die kole gehaal, met die veranderinge in die toporde wat nie die gewensde effek gehad het nie. Verder word die boulers se duur lopietempo ook betreur en voorstelle oor wat moet verander in die oploop na die tweede Toets word gegee.



    Die nuus dat FIA as’t ware ‘n kabinetskommelling gehad het met nou voormalige resiesbestuurder Michael Masi wat uit sy pos onthef is, word ook gedek. Dié skrif was natuurlik lankreeds aan die muur na die laaste rondte van die 2021-seisoen. Daar word gekyk na die voorgestelde veranderinge aan die resiesbestuur, sowel as die nuwe reëls wat intree in 2022. Die span gee dan hul menings oor wie tot dusver die beste motor bekend gestel het.



    Laastens word die Premierliga se skokkende naweek geanaliseer, met 'n titelresies nou weer op die kaarte na Spurs se oorwinning teen voorlopers Man City.



    Dit en nog vele meer op die week se episode van Agterblad!

    • 55 min
    EP. 19 - Stormers stormloop oor SA-spanne en flambojante Frankryk intimideer Iere

    EP. 19 - Stormers stormloop oor SA-spanne en flambojante Frankryk intimideer Iere

    Agterblad se (verminderde)span kom byeen om te gesels oor 'n Stormersspan wat aanhou beindruk. Hul resultaat teen die Leeus word veral gevier as gevolg van hul besluit om Agterblad se advies te volg om Damien Willemse en Warrick Gelant saam te ontplooi in die agterlyn. Die dinamiese spel van die Kaapse-manne laat die span droom van Europese rugby volgende seisoen en dalk 'n verlengde spel in die uitdun rondtes die jaar.

    Verder word die Haaie se terugbons wen teen die Bulle bespreek, veral die rooi kaart van Morné Steyn wat die wedstryd geswaai het. Die Haaie se spel word verder onder die kollig geplaas, en of die resultaat 'n katalisator is vir vorm vind.

    Die IPL-Auction word onderlig en 'n voorskou word gegee vir die Proteas se twee-toetsreeks teen Nieeu Sealand.

    Baie om te bespreek in 'n gepakte episode van Agterblad!

    • 52 min

Top Podcasts In Sports

The Bill Simmons Podcast
The Ringer
Pardon My Take
Barstool Sports
New Heights with Jason and Travis Kelce
Wave Sports + Entertainment
Club Shay Shay
iHeartPodcasts and The Volume
The Dan Le Batard Show with Stugotz
Dan Le Batard, Stugotz
Andy Staples On3
On3