42 episodes

BoerPot is 'n potgooi vir die landbousektor waar ons gereeld gesels oor alles wat met die besigheid van boerdery te make het. Teken in sodat jy nie 'n episode mis nie.

BoerPot KlankBank

    • Business

BoerPot is 'n potgooi vir die landbousektor waar ons gereeld gesels oor alles wat met die besigheid van boerdery te make het. Teken in sodat jy nie 'n episode mis nie.

    James Faber

    James Faber

    James Faber is voorsitter van die nasionale Rooivleisprodusente Organisasie.

    Benewens die feit dat hy ’n merkwaardige sakeman is, is hy ook passievol oor veeboerdery en toegewyd tot die bevordering van volhoubare veeboerdery.

    ’n Familietragedie het vir James, en sy broer en suster, op ’n jong ouderdom gedwing om te begin boer, en hy het vroeg reeds die noodsaaklikheid van diversifisering gewaardeer. Dis dié dat hy ook mettertyd in die eiendomsbedryf betrokke geraak het.

    En, hy weet net van vorentoe boer.

    Hy glo dat die landbousektor moet saamstaan om Suid-Afrika se ekonomie vorentoe te vat.

    Want, soos sy besigheid se leuse lui, die enigste manier om ’n verskil te maak, is om deel van die oplossing te wees…

    • 58 min
    Gerrit de Beer

    Gerrit de Beer

    Met ’n visie om sosiale en ekonomiese opheffing deur landbou te skep, het Jan le Roux, verlede jaar se Boer van die Jaar, bykans 30 jaar gelede die Le Roux-groep op die been gebring.

    Sedertdien het die Le Roux-groep koringlande in die Boland opgekoop om te omskep in vrugteboorde, en deesdae verbou, verpak en voer die groep jaarliks meer as 3 miljoen kartonne steenvrugte en tafeldruiwe van wêreldklasgehalte uit.

    Van selfs groter belang is die feit dat die groep permanente werk verskaf aan ’n duisend mense vanuit die omliggende, agtergeblewe gebiede, asook aan meer as 5000 seisoenwerkers.

    Gerrit de Beer, Bedryfsbestuurder van die Le Roux-groep, gesels padlangs met my oor hierdie voelgoed-storie…

    • 1 hr 1 min
    Nick Serfontein

    Nick Serfontein

    Sy moed van oortuiging om nie alleen vir Cyril Ramaphosa aan te vat oor grondhervorming nie, maar ook aan die president ’n werkbare oplossing te bied vir die kwessie, het Beeld genoop om vir Nick Serfontein aan te wys as Persoon van die Jaar in 2018.

    Hierdie megaboer van die Vrystaat het geen bekendstelling nodig as entrepreneur en voorsitter van die Sernick-groep nie, en glo dat ’n mens altyd moet streef na die positiewe.

    Voorts gaan hy van die standpunt uit dat boerdery, soos die waardeketting deesdae daar uitsien, ongelooflike geleenthede bied wat nog ontwikkel kan word.

    Serfontein is verál passievol oor die ontwikkeling van swartboere.

    Hy maan egter dat suksesvolle grondhervorming nie die blote uitdeel van grond behels nie, maar wel die vestiging van suksesvolle boere.

    • 1 hr 1 min
    Charles Back

    Charles Back

    Charles Back is die derde-generasie eienaar van wyn- en kaasprodusent Fairview in Paarl, en die opregtheid en eerlikheid van sowel sy pa as oupa, is ’n waarde wat hy steeds met hom saamdra.

    Back het vroeg, as leerder aan Paarl Gimnasium, insae gekry in diskriminasie, en ’n sensitiwiteit vir die ‘underdog’ ontwikkel.

    Juis daarom beskou hy wynbou as ’n manier om mense te bemagtig en vooruitgang in Suid-Afrika te dryf.

    As Wes-Kaap se Boer van die Jaar in 2017, is Back se visie om uiteindelik al sy produkte direk aan die eindverbruiker te verkoop, want, glo hy, as ’n mens jou produkte reg bemark, op die plaas, sal mense eerder soontoe kom as supermark toe gaan…

    • 55 min
    Petie Bezuidenhout

    Petie Bezuidenhout

    Middelburg-mielieboer Petie Bezuidenhout is ’n passievolle John Deere-kliënt, en beskik oor ’n indrukwekkende versameling van sowel Deere-speelmodelle as tweesilinder-trekkers wat hy restoureer.

    Besuidenhout se grootste passie bly egter boerdery.

    Hy bedryf die afgelope 27 jaar die familie-boerdery op die plaas Wonderfontein, wat sy pa 42 jaar gelede aangeskaf het.

    Mielies is nog altyd die hoofvertakking, maar Bezuidenhout-hulle het oor die jare ook uitgebrei na sojabone, beeste, hoenders en selfs ’n privaat wildreservaat.

    Bezuidenhout is ’n man wat hou van uitdagings - selfs die bedreiging wat mynbou in Mpumalanga inhou, kan hom nie van stryk bring nie - en hy glo dat, om winsgewend te bly, ’n mens eenvoudig móét groot boer…

    • 49 min
    Christo en Abrie Cronje

    Christo en Abrie Cronje

    Boerdery in die Vrede-distrik van die Vrystaat is meer ‘broederskap’ as buurmanskap.

    Aldus die Cronje-broers, Christo en Abrie, wat boer op ‘n familieplaas wat reeds die afgelope 70 jaar aan die Cronje’s behoort.

    Die boerdery beslaan ’n saaiery, veevertakking, veevoeraanleg, braaihoenders en selfs ’n vervoerbedryf.

    Vir die Cronje-broers gaan dit daaroor om die voorsieningsketting so kort as moontlik te maak.

    Hoewel Christo en Abrie onafhanklik die onderskeie entiteite van die boerdery bedryf, geniet hulle die onderlinge ondersteuning van die familieboerdery - vernaam wanneer dit kom by kritieke sakebesluite.

    Hulle glo daarin om te waak teen stagnasie, want dis in elke boer se belang om voortdurend sy besigheid groter en beter te probeer maak.

    • 48 min

Top Podcasts In Business

Wondery | Bloomberg
Ramsey Network
NPR
Money News Network
Dan Fleyshman
Andy Frisella #100to0