20 episodes

Afrikaanse rugby podcast wat gesels oor Springbok rugby en vele meer 🇿🇦

Aandbieders:
- Nicolaas Barnard
- Andre Huisamen
- Daniel Swiegers
- Neil Els

Boots & Alles Podcast Boots & Alles

    • Sports

Afrikaanse rugby podcast wat gesels oor Springbok rugby en vele meer 🇿🇦

Aandbieders:
- Nicolaas Barnard
- Andre Huisamen
- Daniel Swiegers
- Neil Els

    Boots en Alles | Steven Kitshoff - Chasing the Sun Review

    Boots en Alles | Steven Kitshoff - Chasing the Sun Review

    Die Boots en Alles podcast is terug vir 'n Seisoen 2 mini series waar ons vir die volgende paar weke Chasing the Sun 2 van SuperSport sal review saam met 'n paar van die Springbokke.
    Ons het hierdie week die absolute groot voorreg gehad om die legende Steven Kitshoff op die show te hê waar ons bietjie terug gekyk het na die eerste episode van die documentary. Hy deel met ons baie interessante stories van hoe hulle die hele reeks geskiet het, wat Rassie Erasmus so kwaad gemaak het in die kleedkamer en hoe Malcolm Marx beseer geraak het vroeg in verlede jaar se Wêreldbeker.
     
    #BootsenAlles #Skitterend 

    • 48 min
    Boots & Alles - Episode 19 - Back to Back World Champions

    Boots & Alles - Episode 19 - Back to Back World Champions

    Wêreldkampioene vir die 4de keer!
    Die Springbokke het verlede Saterdag al ons drome laat waar word en hul plek in Wêreld Rugby se geskiedenisboeke beklee. Met al die emosies en celebrations van die afgelope week kyk die Boots en Alles manne terug na 'n historiese aand in Paris. Nick deel bietjie sy persoonlike ervaring van hoe dit was om die finaal by te woon, terwyl Dan en Andy ook hul insette oor die game gee. Die manne bespreek dan ook 'n paar belangrike oomblikke van die game en wat die oorwinning vir Suid-Afrikaners beteken het.
    BokRugby mag wel nou klaar wees maar die celebrations sal nog lank voortduur. Geniet die naweek met 'n lekker episode waar ons debrief oor wat die Bokke sopas bereik het.
    #BootsenAlles #Skitterend #BackToBack

    • 38 min
    Boots & Alles - Episode 18 - RWC Final Preview ft. Willem Alberts

    Boots & Alles - Episode 18 - RWC Final Preview ft. Willem Alberts

    Bok Vrydae raak nie groter as hierdie nie en ons begin die naweek met die 18de episode van Boots & Alles.
    Ons staan op die vooraand van geskiedenis waar Suid-Afrika die eerste land ooit kan word om die Rugby Wêreldbeker vier keer te wen. Met alles op die spel het ons hierdie week die voorreg gehad om die Springbok Willem Alberts op die podcast te hê. Hy gesels lekker saam oor die Bokke se kanse vir Saterdag se final en vertel ’n paar baie snaakse stories vanuit sy plaaslike en Sprinbokloopbaan. Die manne deel ook elkeen hul opinies oor die span vir die game en wat ons kan verwag van die 7-1 split.
    Kry jou familie en vriende om die vuur, skink die glase en kom luister saam na ’n spesiale episode voor die Bokke weer Wêreldkampioene word.
    #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack

    • 1 hr 5 min
    Boots& Alles - Episode 17 - World Cup Knockouts

    Boots& Alles - Episode 17 - World Cup Knockouts

    Dis Vrydag en die Bokke speel die naweek in 'n Wêreldbeker semi-finaal!
    Na 'n riller van stryd teen Frankryk, waar party manne eers laat in die bed gekom het, ontleed ons hierdie week hoe die Bokke aan die wen kant van een van die beste quarter-finals nog beland het. Ons vriend Johnny Hubert Meyer kuier weer by ons op die show en praat saam oor al die emosies wat hy tydens die game ervaar het. Nick, Neila en Andy gee elkeen hul opinies oor hoe goed die Bokke in knockout rugby is en kyk ook vinnig na Saterdag se groot game teen Engeland waarvoor Rassie en Jacques presies dieselfde span gekies het.
    Die Bokkoors is besig om serious momentum te kry en 'n plek in World Cup final is die naweek op die spel. Trek jou Groen & Goud aan en kom luister saam.
    #BootsenAlles #Skitterend

    • 54 min
    Boots & Alles - Episode 16 - Schalk Brits

    Boots & Alles - Episode 16 - Schalk Brits

    Episode 16 is live en hierdie week het ons die voorreg gehad om die legende Schalk Brits by ons op die show te hê. 
    'n Groot gees in die rugbywêreld en een van die niceste mense daar buite, Schalk entertain ons met 'n klomp classic stories van sy tyd by die Springbokke en Saracens. Hy deel ook bietjie met ons hoe Rassie Erasmus se kop werk en wat hierdie Bokgroep so spesiaal maak. Neila gooi dan 'n paar sponsorless 'rapid fire' questions sy kant toe om onder andere uit te vind wat sy golf handicap is, wat sy braaibroodjie resep is en hoe hy en Owen Farrell kamermaats was na hul bietjie vuiste geswaai het. Andy en Dan gee dan ook vinnig hulle predictions vir die naweek se World Cup quarter-final games.
    As jy bietjie wil lag en 'n paar interessante stories wil hoor - kom luister saam. Hierdie episode was 'n spesiale een.
    #BootsenAlles #Skitterend #BacktoBack
     

    • 58 min
    Boots & Alles - Episode 15 - RWC Pool Stages

    Boots & Alles - Episode 15 - RWC Pool Stages

    Die 15de Episode van Boots en Alles is live en die boys reflect op die Pool stages van die Rugbywêreldbeker.
    Die manne deel elkeen baie snaakse stories van hul eie ervaringe by die afgelope paar games. Die Bokke het 'n ongelooflike following regoor die wêreld en daar was so ver baie Bokondersteuners in Frankryk gewees - ons het selfs 'n reaksie uit Rory McIlroy oor die Bokke by verlede naweek se Ryder Cup gekry. En moet ook nie 'n Bokondersteuner se commitment aan Brandy in die buiteland onderskat nie. Die manne kyk dan ook na die span se performance teen Tonga en wie moontlik die quarterfinals gaan haal met Ierland en Skotland was nog Saterdagaand teen mekaar speel.
    Daar is geen Bokrugby die naweek nie so kom luister saam na 'n paar baie interessante stories van die Wêreldbeker.
    #BootsenAlles #Skitterend 

    • 59 min

Top Podcasts In Sports

Pardon My Take
Barstool Sports
The Bill Simmons Podcast
The Ringer
The Dan Le Batard Show with Stugotz
Dan Le Batard, Stugotz
New Heights with Jason and Travis Kelce
Wave Sports + Entertainment
The Ryen Russillo Podcast
The Ringer
Club Shay Shay
iHeartPodcasts and The Volume

You Might Also Like

RugbyBits
RugbyBits
RSG Geldsake met Moneyweb
Moneyweb Radio
The Rugby Pod
The Ringer
The Money Show
Primedia Broadcasting
MoneywebNOW
Moneyweb Radio
The Financial Freedom Pod with Bruce Whitfield & Warren Ingram
Bruce Whitfield