Radio Pulpit

Radio Pulpit

Radio Pulpit is an established, reliable, relevant media voice and preferred Christian radio station and media partner in South Africa and beyond. With more than four decades of broadcasting experience, this trusted brand is a welcome voice in households and businesses across the country.

  1. 5h ago

    Word for Today - 30 Nov 2026

    “Life does not consist in an abundance of possessions.” Luke 12:15 NIV Life is built on relationships, not things Few people have undergone the trials and tribulations of Aleksandr Solzhenitsyn. He suffered decades of horrendous hardship as a political exile in the Siberian prison system known as the Gulag, and through faith in God, he survived and impacted the world. We can learn from him not only because he is a survivor, but also because he had been in a situation that few of us have ever known—an existence of near total deprivation. He not only lived without luxuries, but he also lived without necessities. Note carefully what he wrote in The Prison Chronicle: “Don’t be afraid of misfortune, and do not yearn for happiness; it is, after all, all the same: the bitter doesn’t last forever, and the sweet never fills the cup to overflowing. It is enough if you don’t freeze in the cold and if hunger and thirst don’t claw at your insides. If your back isn’t broken, if your feet can walk, if both arms can bend, if both eyes can see, and if both ears can hear, then whom should you envy? And why? Our envy of others devours us most of all. Rub your eyes and purify your heart—and prize above all else in the world those who love you and wish you well.” Now there’s a man who had figured out what really matters in life: not material things, but your relationship with God and with your loved ones. Jesus said, “Watch out! Be on your guard against all kinds of greed; life does not consist in an abundance of possessions.”

    Word for Today - 30 Nov 2026
  2. 5h ago

    Woord vir Vandag - 30 Nov 2026

    “…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die Goelag verduur, maar deur geloof in God het hy oorleef en die wêreld beïnvloed. Ons kan baie by hom leer, nie net omdat hy oorleef het nie, maar ook omdat hy in ‘n situasie was wat min van ons al ooit beleef het – ‘n bestaan van amper totale ontbering. Hy het nie net sonder luukshede geleef nie, maar ook sonder noodsaaklikhede. Let noukeurig op wat hy in The Prison Chronicle geskryf het: ‘Moenie vir ongeluk bang wees nie en moenie na geluk smag nie; dit is immers dieselfde. Die bitter hou nie vir ewig aan nie en die soet maak nooit die beker tot oorlopens toe vol nie. Dit is genoeg as jy nie in die koue vries nie en as honger en dors nie aan jou binnekant krap nie. As jou rug nie gebreek is nie, as jou voete kan loop, as albei arms kan buig, as albei oë kan sien en as albei ore kan hoor, wie moet jy dan beny? En waarom sal jy? Ons afguns van ander is wat ons die meeste benadeel. Maak jou oë oop en reinig jou hart - en waardeer bo enigiets anders in die wêreld, diegene wat jou liefhet en jou voorspoed toewens.’ Dit is nou ‘n man wat uitgevind het wat werklik in die lewe saak maak: nie materiële dinge nie, maar jou verhouding met God en met jou geliefdes. Jesus het gesê: ‘…Pas op! Moenie gierig wees vir wat jy nie het nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.’

    Woord vir Vandag - 30 Nov 2026
  3. 5h ago

    Word for Today - 29 Nov 2026

    “The things you have heard me say…entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.” 2 Timothy 2:2 NIV Don’t keep it to yourself The writings of Aleksandr Solzhenitsyn exposed the horrors that multitudes of innocent people suffered under the old Russian Communist prison system. And here’s how he became a Christian. Jewish physician Boris Kornfeld was imprisoned in Siberia. There he worked in surgery, helping both the staff and prisoners. He met a Christian whose name is unknown, but whose quiet faith and frequent reciting of the Lord’s Prayer moved Dr. Kornfeld. One day, while repairing the slashed artery of a prison guard, Dr. Kornfeld seriously considered suturing the artery in such a way that the guard would bleed to death internally over time. The violence he recognized in his own heart appalled him, and he found himself saying, “Forgive us our sins as we forgive those who sin against us.” Afterward, he began to refuse to obey various inhumane prison camp rules, knowing it would put his life in danger. One afternoon, he examined a patient who had undergone a cancer operation. He saw in the man’s eyes a depth of spiritual misery that moved him, and he told him his own story, including his secret faith in Christ. That night, Dr. Kornfeld was murdered as he slept. But his testimony was not in vain. The patient who had heard his confession became a Christian. And the name of that Christian? The 1970 Nobel Prize in Literature winner, Aleksandr Solzhenitsyn. Don’t keep it to yourself; share with others what Christ has done for you. “The things you have heard me say in the presence of many witnesses entrust to reliable people who will also be qualified to teach others.”

    Word for Today - 29 Nov 2026
  4. 5h ago

    Woord vir Vandag - 29 Nov 2026

    “…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV Moenie dit vir jouself hou nie Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as volg ‘n Christen geword. Die Joodse geneesheer, Boris Kornfeld, is in Siberië gevange geneem. Hy is gedwing om beide die tronkpersoneel en gevangenes te behandel en wanneer nodig, te opereer. Hy het daar ‘n Christen, wat se naam onbekend is, ontmoet, maar wat se stille geloof en gereelde opsê van die Onse Vader dr Kornfeld se hart aangeraak het. Eendag, terwyl hy besig was om die slagaar van ‘n tronkbewaarder te probeer herstel, het dr Kornfeld dit ernstig oorweeg om die slagaar so te heg dat die bewaarder mettertyd intern sou doodbloei. Die geweld wat hy in sy eie hart beleef het het hom ontstel, en hy het onbewustelik begin prewel: ‘Vergeef ons ons sondes, soos ons dié vergewe wat teen ons sondig.’ Daarna het hy uitgesproke oor die onmenslike gevangeniskampreëls begin raak, wetende dat dit sy lewe in gevaar sou stel. Eendag het hy ‘n pasiënt wat ‘n kankeroperasie ondergaan het, ondersoek. Hy het in die man se oë ‘n diepte van geestelike ellende gesien wat hom ontroer het. Hy het vir die pasiënt sy eie verhaal begin vertel, insluitend sy geheime geloof in Christus. Daardie nag is dr Kornfeld in sy slaap vermoor. Sy getuienis was egter nie tevergeefs nie. Die pasiënt wat sy belydenis aangehoor het, het ook ‘n Christen geword. Die naam van daardie Christen? Die 1970 Nobelpryswenner vir Letterkunde, Aleksandr Solzhenitsyn. Moenie dit vir jouself hou nie; deel met ander wat Christus vir jou gedoen het. ‘Jy het my baie dinge hoor leer wat bevestig is deur baie betroubare getuies. Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.’

    Woord vir Vandag - 29 Nov 2026
  5. 5h ago

    Word for Today - 28 Nov 2026

    “Full of grace and truth.” John 1:14 NKJV The Lord believes in you (2) The faith the disciples put in Jesus isn’t that remarkable—after all, they were eyewitnesses to His miracles. What’s remarkable is the faith Jesus put in them—and the faith He puts in us! It’s not easy to see past people’s problems, much less their personalities. But that’s what Jesus does, and it’s how we should treat others too. Jesus certainly put the disciples in their place when the occasion called for it. When Jesus told His disciples He would die and be raised on the third day, “Peter…began to rebuke him…‘This shall never happen to you!’” (Matthew 16:22 NIV). Whereupon Jesus said to him: “Get behind me, Satan! You are a stumbling block to me” (v. 23 NIV). But in the same chapter, Peter identified Jesus as “the Son of the living God” and Jesus replied, “Blessed are you, Simon son of Jonah, for this was not revealed to you by flesh and blood, but by my Father in heaven. And I tell you that you are Peter, and on this rock I will build my church, and the gates of Hades will not overcome it. I will give you the keys of the kingdom of heaven; whatever you bind on earth will be bound in heaven, and whatever you loose on earth will be loosed in heaven” (see Matthew 16:16-19 NIV). Healthy relationships require both “grace and truth.” Grace means, “I’ll love you no matter what,” and truth means, “I’ll be honest with you no matter what.” No one was more graceful and truthful than Jesus. And when these two elements combine in your life, you’re loving people the way Jesus did.

    Word for Today - 28 Nov 2026
  6. 5h ago

    Woord vir Vandag - 28 Nov 2026

    “…vol liefdevolle goedheid en waarheid.” Johannes 1:14 NLV Die Here glo in jou (2) Die geloof wat die dissipels in Jesus gehad het, is nie so merkwaardig nie - hulle was immers ooggetuies van sy wonderwerke. Wat egter merkwaardig is, is die geloof wat Jesus in hulle gehad het - en die geloof wat Hy in ons het! Dit is nie maklik om verby mense se probleme te kyk nie, wat nog te sê van hul persoonlikhede. Dis egter wat Jesus doen en dis hoe ons ook ander mense moet behandel. Jesus het die dissipels beslis op hul plek gesit wanneer die geleentheid dit vereis het. Toe Jesus vir sy dissipels gesê het dat Hy sou sterf en op die derde dag opgewek word, het Petrus ‘…Hom egter eenkant toe geneem en ernstig begin bestraf: ‘…Dit sal U nooit as te nimmer oorkom nie!’’ (Matteus 16:22 NLV). Jesus het hom egter geantwoord en gesê: ‘…Gee pad agter My, jou satan! Jy maak dit vir my bitter moeilik…’ (vers 23 NLV). In dieselfde hoofstuk identifiseer Petrus Jesus egter as: ‘….die Messias, die Seun van die lewende God’ (vers 16 NLV). Jesus antwoord hom toe: ‘Gelukkig is jy… want my hemelse Vader het dit aan jou bekendgemaak. Hierdie wete het jy nie van enige mens ontvang nie. Ek verklaar nou vir jou: ‘Jy is Petrus. Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die hel sal dit nie oorwin nie. Ek vertrou die sleutels van God se koninkryk aan jou toe…’’ (Matteus 16:17-19 NLV). Gesonde verhoudings vereis beide ‘liefdevolle goedheid en waarheid.’ Genade beteken dat julle vir mekaar lief sal wees en waarheid beteken dat julle eerlik met mekaar sal wees, maak nie saak wat nie. Wanneer jy hierdie twee elemente in jou lewe kombineer, het jy mense lief soos Jesus dit gedoen het.

    Woord vir Vandag - 28 Nov 2026

Ratings & Reviews

5
out of 5
2 Ratings

About

Radio Pulpit is an established, reliable, relevant media voice and preferred Christian radio station and media partner in South Africa and beyond. With more than four decades of broadcasting experience, this trusted brand is a welcome voice in households and businesses across the country.