Pinelands Gemeente

Pinelands Gemeente

Preke, gesprekke en meditasies vanuit Pinelands Gemeente se wandel met God.

  1. Oct 11

    2026 10 11_Fil 4:1-9_Fyn aanvoeling

    Fyn aanvoeling · Filippense 4:1–9 · Ds. Helgard Pretorius · Pinelands Gemeente, 11 Oktober 2026. Paulus bid aan die begin van sy brief dat die Filippense se liefde sal toeneem "in kennis en alle fyn aanvoeling" (Fil 1:9). In hoofstuk 4 sien ons hoe dit lyk – midde-in 'n konflik tussen twee medewerkers. 'n Preek oor estetika en anestetika: hoe ons sintuie skerp hou wanneer konflik, pyn en moegheid ons eerder laat afstomp; oor Iris Murdoch se valk by die venster, John en Julie Gottman se navorsing oor verhoudings wat hou (en die klein "kom kyk"-oomblikke waarvan alles afhang), en Paulus se raad om te reken met alles wat waar en lieflik is – soos hy self doen voordat hy vermaan. Afgesluit met John O'Donohue se seën "For the Senses" (Benedictus). Skriflesing: Filippense 4:1–9 (2020-Vertaling en The Message). *Description (English):* Finely attuned · Philippians 4:1–9 · Rev. Helgard Pretorius · Pinelands Congregation, 11 October 2026. Paul prays at the start of his letter that the Philippians' love will grow "in knowledge and in all fine attunement" (Phil 1:9). In chapter 4 we see what that looks like – in the middle of a conflict between two co-workers. A sermon on aesthetics and anaesthetics: keeping our senses sharp when conflict, pain and tiredness would rather numb us; on Iris Murdoch's kestrel at the window, John and Julie Gottman's research on relationships that last (and the small "come and look" moments on which everything turns), and Paul's counsel to reckon with whatever is true and lovely – as he does himself before he admonishes. Closing with John O'Donohue's blessing "For the Senses" (Benedictus).

  2. Sep 20

    2026 09 20_Jer 36:20-26_Reddingsboot

    Pinelands Gemeente · NG Kerk, Kaapstad Konings – of knoeiers? · 'n Reeks oor Israel se konings vir koninkrykstydJeremia 36:20–2620 September 2026Preek 8 van 8 In 1807 het 'n sendingorganisasie 'n Bybel vir slawe in die Wes-Indiese eilande laat druk waaruit die eerste agtien hoofstukke van Eksodus weggelaat is: die mak God wat reëls gee, was aanvaarbaar — nie die wilde God wat noodkrete hoor en teen die Farao's van die wêreld opstaan nie. Dit is 'n growwe weergawe van wat koning Jojakim in Jeremia 36 doen. Dit is 605 v.C., die Babiloniese leër is in die land, 'n vasdag word uitgeroep, en Barug lees drie-en-twintig jaar se prediking hardop in die tempel voor. Waar Josia verlede week die boekrol gehoor en sy klere geskeur het, sny sy seun die boekrol vel vir vel af en gooi dit in die vuur — 'n "vertoning van onverskilligheid" (Eugene Peterson) wat die waarheid met 'n pennemes op 'n afstand hou. Maar die verhaal eindig nie by die vuur nie: God sê skryf dit weer, en Barug voeg "nog baie soortgelyke woorde" by. Vyf werkwoorde dra die verhaal — vat, skryf, hoor, omdraai, vergewe — en wys 'n God wat iets te sê het en gehoor wil word, juis in 'n krisis. Peterson vra watter een boek jy op 'n verlate eiland sou kies, en antwoord: Butler's Practical Guide to Boat-Building. So is die Bybel 'n woord aan skipbreukelinge, 'n reddingsboot waarmee 'n verlore samelewing sy weg huis toe vind — en dié boot bou ons saam, nie as private vlot vir my en my gesin nie. Die preek vra dit konkreet oor die nege vroue wie se liggame die afgelope twee maande in Ekurhuleni gevind is en oor 'n vrouemoordsyfer vyf keer die wêreldgemiddeld: wat moet ons hoor, en wat is die inkeer wat God van ons vra? Ná agt Sondae se konings wat kom en gaan, bly nie 'n koning oor nie, maar die Woord wat nie brand nie — steeds besig om, in Johan Degenaar se woorde, van Christene mense te maak. Lees die preek in MetgeselDie volledige preekteks, gespreksgids en verdere hulpbronne is beskikbaar in ons Metgesel-app:www.pinelandsgemeente.co.za/metgesel — — — Ondersteun ons gemeenteMaak 'n bydrae via SnapScan pinelandsgemeente.co.zainfo@pinelandsgemeente.co.za

    2026 09 20_Jer 36:20-26_Reddingsboot

About

Preke, gesprekke en meditasies vanuit Pinelands Gemeente se wandel met God.