Beter Besluite, Minder Hartseer

Heiko

Suid-Afrikaaner ‘n boerseun of boeremeisie wat dalk oorsee is, en wat in die nuwe tuiste nie n kerk gevind het wat hulle tans genoeg praktiese strategie gee om die lewe met God as hoof fokus punt te sien. Die episodes is gebaseer op ons verlosser die Heilige God, sy Seun Jesus, die Heilige Gees en die Heilige skryf. basiese uitgangspunte: - Jesus Christus as ons enigste Verlosser van mense. - Die Bybel as God se Woord, die vertroude waarheid. - Ons diens aan God en ons lewens getrou volgens sy word te vorm.

  1. 08/09/2024

    Dank U Heere

    **Dankbaarheid aan die Here** Liewe Here, met 'n hart vol dankbaarheid kom ek voor U. U het my deur soveel uitdagings gedra, en ek besef dat ek niks sou kon doen sonder U leiding en genade nie. U is my rots, my toevlug en my krag in tye van nood. Elke dag word ek herinner aan U liefde en genade, wat nooit ophou vloei nie. Ek is dankbaar vir die gesondheid wat U my skenk, vir die beskerming wat U oor my en my geliefdes hou, en vir die vele seëninge wat U in my lewe stort. Selfs in tye van swaarkry, weet ek dat U planne vir my goed is, en dat U altyd in beheer is. U voorsien in al my behoeftes, U gee my vrede in my hart, en U vul my met hoop vir die toekoms. Dankie vir U Woord wat my lei, en vir die gebede wat U verhoor. Ek loof U naam, Here, want U is goed, en U liefde is vir ewig. Mag my lewe 'n getuie wees van U grootheid en goedheid. Amen. SHOWNOTES Dankie dat jy by ons aangesluit het op vandag se episode van “beter besluite minder hartseer”. In vandag se episode sal ons daarna streef om inhoud te verskaf wat jou sal help om beter besluite te neem en seker te maak jy eindig waar jy wil wees in jou lewe, of dat jy nie daar aankom waar jy nie wil wees nie. Baie dankie dat jy na vandag se program op “beter besluite minder hartseer” geluister het, as jy voel daar is iemand wat daarna moet luister stuur die skakel en deel dit asb.  Die inhoud wat in hierdie podcast gebruik word, is gebaseer op verskeie bronne van Christelike bedieninge Beste Groete, Heiko www.beterbesluite.com Ons e-pos: beterbesluite@gmail.com  As jy na n Bbel soek:  ⁠https://www.bybelgenootskap.co.za/index.php/af/⁠

About