Die Rally-Raid Dagboek

Izaac Beytell & Stompie Mynhardt

Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur. Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedren-ervarings en agter-die-skerms-insigte wil hulle luisteraars nie net laat verstaan hoe die sport ontwikkel het nie, maar hulle ook laat saamry op die opwindende hedendaagse avonture van rally-raid. Of jy ’n toegewyde aanhanger, nuuskierige beginner of self ’n stofvreter is – hierdie is die potgooi vir almal wat die brul van ’n turbo, die reuk van brandstof en die roep van die bos en woestyn avonture verstaan.

Episodes

  1. 3d ago

    Episode 11 - Bodo Bertholdt (Deel 1 van 2)

    In hierdie episode gesels ons met een van die ware pioniers en legendes van rally-raid in Suid-Afrika — Bodo Bertholdt, As ’n pasgetroude man in 1970 het Bodo sy oog op ’n advertensie in The Star koerant laat val — “The Last Great Adventure in Africa is The Roof of Africa”. Saam met sy vrou het hulle in haar standaard Volkswagen Kewer geklim en dié avontuur aangevat. Agt jaar later het hy die Roof of Africa vir die eerste keer suksesvol voltooi. In die proses het hy 'n ikoon van die sport geword. In hierdie episode vertel Bodo van: • Die heel eerste Barberspan 500 waaraan hy deelgeneem het en die legendariese boeremusiek-partytjie daarna • Die vroeë dae van die Roof of Africa waar tot 140 voertuie deelgeneem het en die organiseerders dit so moeilik moontlik probeer maak het • Die besonderse "Spirit of the Roof of Africa"-toekenning wat vir hom baie beteken • Hoe die sport vinnig ontwikkel het toe die eerste Amerikaanse voertuie ingekom het • Die truuks wat hulle gebruik het om ou voertuie meer kompeterend te maak • Die storie van die voertuig wat van die krans afgeval het in Lesotho — en gratis aangebied is aan enigiemand dapper genoeg om dit te gaan uithaal • En ja… as jy tydens ’n wedren ’n nuwe ratkas nodig het — bel net jou vrou! Genoemde name in dié episode (in volgorde van verskyning): Mev Bertholdt, Gary Bertholdt, Philip Malan, Glen Parker, Jack Spencer, Gerd Degener, John Salters, Harry Ruscoe, Brett & Steven Parker, Paul Coertzer, Buks Carolin, Kenny Sjoldhammer, Franz Czepek en Ken Hillebrand. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig vir “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    Episode 11 - Bodo Bertholdt (Deel 1 van 2)
  2. Jul 23

    Episode 10 - Jannie Visser (Deel 2 van 2)

    🎙 Mylpaal Episode Bereik!! Episode 10 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie spesiale mylpaal-episode gesels ons verder met die voormalige nasionale kampioen en een van die ware steunpilare van rally-raid in Suid-Afrika, Jannie Visser van die Barberspan Motor Klub. Jannie kyk terug op sy indrukwekkende loopbaan – van sy heel eerste wedren in 1989 tot sy Nasionale Kampioenskap in 2011. Hy deel van die mooiste en spesiale oomblikke op die pad, waaronder die emosionele hoogtepunt om saam met sy jonger broer, Chris Visser, op die podium te kon staan na afloop van die 2011 Toyota 1000 Woestynwedren. Hy gee ook sy opregte siening oor die huidige stand van rally-raid in Suid-Afrika: die voertuie, tegniese vooruitgang, en die moderne uitdagings wat die sport in die gesig staar. In hierdie week se “Op ‘n Ligter Noot” deel Jannie ’n snaakse storie oor die soektog na ’n No. 22 spanner in die bosveld! Name wat in Episode 10 genoem word (in volgorde van verskyning): Chris Visser Snr, Mof Visser, Andries Visser, John Salters, Chris Visser Jnr, Japie Badenhorst, Joks le Roux, Anthony Taylor, Duncan Vos, Jean Els, Hannes Grobler, Bella Geldenhuys, Hennie der Stege, Kassie Coetzee, Fred die Hilux, Berkhens, Gerhard Campher, Vic Campher, Lourens Erasmus, Ockie Fourie, Johannes Bester. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag. Beskikbaar op Apple Podcasts, Spotify, YouTube en jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    Episode 10 - Jannie Visser (Deel 2 van 2)
  3. Jul 2

    Episode 7 - Kassie Coetzee (Deel 1 van 2)

    In hierdie episode gesels ons met die legendariese Kassie Coetzee – een van Suid-Afrika se grootste motorsport-ikone. Oom Kassie deel openhartig en met baie humor sy merkwaardige loopbaan, van sy vroegste dae tot die hoogtepunte agter die stuur. In hierdie episode hoor jy onder meer: Sy avontuurlike beginjare in tydrenne saam met lewenslange vriendeHoe Hannes Grobler hom genooi het om in ’n prototipe Nissan Skyline te jaagDie oorgang na Rally-Raid saam met die Castrol Toyota FabriekspanDie legendariese “Fred” – die gewilde en gewillige Toyota Hilux – en hoe hulle saam ’n wenmasjien geword hetHoe renjaers ontwikkel: “Jy kan óf jy kan nie” en die 4 sleutelbestanddele vir sukses in motorsportSpesiale herinneringe aan epiese wedrenne soos die Roof of Africa en Woestyn WedrenName wat in Episode 7 genoem word (in volgorde van eerste verwysing): Tommy Fraser, Jan Hettema, Willem van Heerden, Hannes Grobler, Chris de Wit, Wiley Harrington, Sarel van der Merwe, Richard Leeke, Philip Malan, “Fred” die Toyota Hilux, Apie Reyneke, Robin Houghton, Carlos Sainz, Ari Vatanen, Sebastian Loeb, Nasser al-Attiyah, Colin McRae, Henk Lategan, Guy Botterill, Thelma Reyneke, Ockie Fourie, Buks Carolin, Klaus Degener, Franz Cepek, Richard Schilling, Cliff Barker, Van Scheur, Giniel de Villiers, Fouche Blignaut, Vic Deiner, Ivor Peltz, Franz Boshoff en Piet Swanepoel. Luister elke Donderdag na ‘n nuwe episode van “Die Rally-Raid Dagboek” beskikbaar op: Apple Podcasts | Spotify | YouTube | of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig vir “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    Episode 7 - Kassie Coetzee (Deel 1 van 2)
  4. Jun 25

    Episode 6 - Richard Schilling (Deel 2 van 2)

    In hierdie episode gesels ons verder met Richard Schilling – een van Suid-Afrika se mees invloedryke motorsportfigure. Van suksesvolle deelnemer tot legendariese administrateur en bouer van die sport. Richard was onder andere: Hoof van Rally-Raid by Motorsport Suid-Afrika (MSA)President en later Ere-President van MSAStigterslid en eerste Hoof Uitvoerende Beampte van die South African Rally Raid Championship (SARRC)President van die FIA se Cross Country Rally Commission Rally-Raid in Suid-Afrika pluk vandag nog die vrugte van sy reuse impak – plaaslik én internasionaal. In die tweede helfte van ons gesprek vertel Richard openhartig oor: Sy oorgang van kompeterende mededinger na motorsport administrasieWaarom motorsport soos ’n professionele besigheid bestuur moet word vir volhoubaarheidJean Todt se uitnodiging om op die FIA se Cross Country Rally Commission te dien – en hoe die “lelike eendjie” van die FIA in ’n mooi swaan verander hetDie bemiddeling tussen die Dakar-organiseerders en die FIA, wat uiteindelik gelei het tot die totstandkoming van die World Rally-Raid Championship (W2RC)Uitdagings met voertuig-ekwivalensie en die belangrikheid van tegniese reëlsOnvergeetlike poetse en stories van stoute deelnemers...en ja, wat is die kans dat die motorfietsryer wat skielik voor hulle tot stilstand kom tydens die Dakar in Argentinië, toe niemand anders is as Brett Cummings! Name wat in die episode genoem word: John Salters, Glyn Hall, Piet Swanepoel, Hannes Grobler, Giniel de Villiers, Jean Todt, Xavier, Neil Mwenye, Henk Lategan, Robin Yates, Buks Carolin, Klaus Degener en Brett Cummings.

    Episode 6 - Richard Schilling (Deel 2 van 2)

About

Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur. Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedren-ervarings en agter-die-skerms-insigte wil hulle luisteraars nie net laat verstaan hoe die sport ontwikkel het nie, maar hulle ook laat saamry op die opwindende hedendaagse avonture van rally-raid. Of jy ’n toegewyde aanhanger, nuuskierige beginner of self ’n stofvreter is – hierdie is die potgooi vir almal wat die brul van ’n turbo, die reuk van brandstof en die roep van die bos en woestyn avonture verstaan.