72 episodes

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.

Klipkouers The Real Network

    • Business

Sakeman, Jacques Basson, gesels weekliks met Afrikaanse entrepreneurs en impakmakers, wêreldwyd, ten einde praktiese besigheids-en lewensraad te ontgin.

    Neels Grieshaber

    Neels Grieshaber

    Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of veerkragtige materiaal of ander klamptoepassings. ‘n Voortdurende gesukkel om stukkende waterpype op die plaas en in voertuie te herstel, het Neels genoop om te begin eksperimenteer, en hy het die baanbrekerswerk van sy oorlede oom, Jimmy Grieshaber, verder gevoer en vervolmaak. Juis daarom noem hy die Magi-Clamp ook die ‘Jimmy’ Tool’...

    • 1 hr 19 min
    Morné Basson

    Morné Basson

    Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa.

    Morné is ‘n merkwaardige langasem, en het al 72 marathons afgelê, op ‘n trapmeul, ter bewusmaking van motorneuronsiekte, en in 2015 selfs die Comrades voltooi op ‘n passasierskip in Alaska!

    Morné beskik egter nie alleen oor ongelooflike fisiese uithouvermoë nie, sy geestelike deursettingsvermoë is onlangs ook deeglik op die proef gestel met die skielike heengaan van die groot liefde in sy lewe.
    Hier is sy hartroerende en inspirerende verhaal.

    • 1 hr 23 min
    Corbèr Viljoen

    Corbèr Viljoen

    Corbèr Viljoen het sy lewe lank ‘n absolute passie vir klassieke motors.
    Toe hy in standerd ses was het sy entrepreneur pa reeds vir hom ‘n Ford Fairlane gekoop.

    En, hoewel sy ma wou gehad het dat hy ‘n vlieënier moes word, het sy passie vir ou karre uiteindelik die botoon gevoer en beoefen Corbèr sy aanvanklike stokperdjie die afgelope vyf jaar reeds as ‘n voltydse beroep.

    Sy onderneming, Wat Swaai Jy, in Menlyn, spesialiseer in die koop en verkoop van klassieke motors, en hulle is ook spesialiste op die gebied van restourasie. Volgens Corbèr is sy kliënte meestal entoesiaste wat sy passie vir karre deel.

    • 1 hr 5 min
    Kallie Carlson

    Kallie Carlson

    The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is.

    Soos Kallie Carlson egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike verskaffer van laaste-myl, satelliet-gebaseerde konnektiwiteit en toegangsoplossings. As een van die grootste verskaffers in Afrika, beskik Paratus oor 4000 satelliet-terminale regoor die vasteland en bied dit die volle spektrum van end-tot-einde konnektiwiteitsoplossings.

    Dit lewer onder andere ook ‘n kritieke diens aan boeregemeenskappe, met die groeiende kommer rondom plaasveiligheid in Suid-Afrika.

    • 1 hr 21 min
    Samesmeltings & Oornames

    Samesmeltings & Oornames

    Met soveel ondernemings wat moontlik skipbreuk kan ly gedurende COVID-19, verkeer heelwat eienaars moontlik onder die wanindruk dat hulle eenvoudig hul deure moet sluit.

    Daar is egter alternatiewe opsies. Arno Jansen van Vuuren van STRATLAW gesels met my oor Samesmeltings en Oornames, oftewel ‘Mergers and Acquisitions’, as groeistrategieë of oorlewingstrategieë - sonder dat die besigheid se deure noodwendig gesluit moet word.

    Die hoofdoel is om ‘n wen-wen situasie te probeer skep, en in dié opsig is dit kritiek dat ‘n mens se besigheid aantreklik is vir beleggers en dat jy ‘n ideale besigheidsvennoot kan identifiseer.

    • 21 min
    Theo Prinsloo

    Theo Prinsloo

    Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van Guano Boost, ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien.

    Guano Boost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by hul aanleg in Swartwater, Limpopo.

    Guano Boost help kommersiële boere om sowel hul oesopbrengste as die rakleeftyd van hul produkte op ‘n volhoubare manier te verhoog, terwyl dit tersfeldertyd operasionele logistiek vergemaklik en omgewingsvriendelik is.

    • 56 min

Top Podcasts In Business

Private Equity Podcast: Karma School of Business
BluWave
The Prof G Pod with Scott Galloway
Vox Media Podcast Network
Money Rehab with Nicole Lapin
Money News Network
REAL AF with Andy Frisella
Andy Frisella #100to0
The Ramsey Show
Ramsey Network
The Diary Of A CEO with Steven Bartlett
DOAC

More by CliffCentral.com

Blind History
The Real Network
The Gareth Cliff Show
The Real Network
SexTalk
The Real Network
The Burning Platform
The Real Network
ProgCast
The Real Network
Futurology
The Real Network