God se Woord VARS vir jou Vandag

Kus die Roede

Send us Fan Mail

Psalm 56:9,10 U het my ellende raakgesien. U het my trane opgevang. U het dit opgeskryf in u boek. Die dag dat ek na U roep om hulp, val my vyande terug. Dat God aan my kant is, weet ek beslis. (NLV) 

Volgens opnames bid tussen die helfte en driekwart van alle mense in tye van persoonlike krisis - of hulle nou gelowiges is of nie. Wat sê dit vir jou?

Gebed is vir my goud werd. Ek het al self te veel kragtige antwoorde op gebed gehad, om te wag totdat ek 'n krisis beleef, voordat ek bid - om nie eens te praat van die vrede en vreugde wat ek ervaar wanneer ek met die Here praat nie.

Van tyd tot tyd beleef ons almal krisisse wat ons in ons broek laat bewe; wat ons harte breek en bitter trane laat stort. Maar te midde van teëspoed, het ek en so baie ander mense wat werklik ons vertroue in Jesus gestel het, gevind, dat ons te midde van die dreigende storm 'n wonderlike vrede beleef. Ons word oorweldig met die vaste wete dat God met ons is. Hier is Dawid se gebed in:

Psalm 56:9,10 U het my ellende raakgesien. U het my trane opgevang. U het dit opgeskryf in u boek. Die dag dat ek na U roep om hulp, val my vyande terug. Dat God aan my kant is, weet ek beslis. (NLV)

Die bekende prediker, Charles Spurgeon, het diep lyding en depressie geken, en tog het hy vurig aan God vasgeklou: “Ek het geleer,” het hy gesê, “om die golf te soen wat my teen die Rots van die Eeue gooi.” 

Ons vertaal dit as “kus die roede.” Dit beteken om pynlike beproewinge (die golwe) te omhels, want dit dwing jou om op Christus (die Rots van die Eeue) te vertrou, en krag in God te vind, eerder as om omstandighede te weerstaan.

Spurgeon ontken nie die golf nie - die pyn en die trane nie -maar hy sien in daardie einste lyding die Hand van 'n getroue God wat Hom nader trek. Dit maak nie saak wat jou omstandighede, jou trane, en jou pyn is nie … God is met jou!

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY