Onder die Son

Deon Holtzhausen

Hier kuier ons in Afrikaans. Ons praat oor alles onder die son ... wel amper alles. Ons gesels oor amper enigiets ... van depressie, gesondheid, huwelike, verhoudings, tiener-wees en allerhande dinge wat in die lewe gebeur. Want die lewe gebeur ... en hoe kom ek daardeur. Dit beteken dat ons dalk oor onderwerpe gesels waarmee jy nie saamstem nie of wat jou dalk gaan ontstel. As dit dit onder die son is ... praat ons daaroor. Kontak my as jy aan 'n onderwerp kan dink wat jy graag hier wil hoor. deonholt @ gmail.com (verwyder die spasies voor en na @)

Episodes

  1. episode #11 - Ek is 'n rehabiliterende alkoholis

    04/05/2023

    episode #11 - Ek is 'n rehabiliterende alkoholis

    April is  bewusmakingsmaand van alkohol Dit is nie nuus dat die misbruik van alkohol 'n groot probleem vir die openbare gesondheid is nie. In werklikheid is dit die derde grootste oorsaak van voorkombare dood in die Verenigde State. Volgens die Nasionale Raad vir alkoholisme en dwelmafhanklikheid sterf daar jaarliks ​​95,000 15 mense in die Verenigde State weens die gevolge van alkohol. NIAAA (Nasionale Instituut vir alkoholmisbruik en verslawing) beskryf alkoholmisbruik as 'n verswakte vermoë om die gebruik daarvan te stop, ondanks gevolge. Ek gesels met 'n jong Ma wat in haar vroeë 20's reeds in alkohol se greep beland het. Sy praat hier oor hoe sy daar beland het, haar rehab hier in Suid-Afrika en haar pad vorentoe. Hier is meer inligting oor alkoholmisbruik in Afrikaans https://welstand.solidariteit.co.za/die-harde-werklikhede-van-alkoholmisbruik-ons-land-en-ons-huise/ My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns. Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning. Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister. Jy kan my hier per epos kontak.

    41 min
  2. Episode #6 - Die ontkende rou na 'n miskraam of stilgeboorte

    02/01/2023

    Episode #6 - Die ontkende rou na 'n miskraam of stilgeboorte

    Welkom by Onder Die Son. Vandag gesels ons oor een van die seerste van al die roue asook die feit dat dit die mees miskende verlies is van alle verliese. Ons gesels oor die verhale van mense wat hierdie pad gestap het. Statistiek sê dat 25% van alle swangerskappe eindig in 'n miskraam binne die eerste drie weke. Tot van ons vriende miskrame gehad het, het ek en Anneke gedink dat dit baie skaars is. Ons was verkeerd, Hierdie mense het netsoveel ondersteuning nodig. Dit bly steeds 'n lewe, 'n droom ... 'n wonderwerk wat af gebid is ... en nou nie meer daar is nie. Kuier saam met ons. Onthou asseblief om hierdie potgooie met vriende, familie en sommer die wêreld te deel. Jy kan steeds vir Braam kontak by info@braamklopper.co.za as jy dalk 'n afspraak wil maak of 'n boek of die CD's (wat elektronies aan jou gestuur word) te bestel. Kyk mooi na jouself ,,, en dié rondom jou ook. My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns. Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning. Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister. Jy kan my hier per epos kontak.

    35 min
  3. Episode #5: Hoe lyk rou anders na iemand se selfdood?

    01/25/2023

    Episode #5: Hoe lyk rou anders na iemand se selfdood?

    In hierdie episode gesels ek en Ds Braam Klopper oor 'n ander soort rou. Dit is die rou na iemand sy/haar eie lewe geneem het. Ons hoor dat hierdie rou heeltemal anders is as ander rou. Een van die redes is omdat dié wat agterbly, met 'n magdom vrae gelaat word. Baie voel skuldig. Kon ek dit keer? ek moes dit lankal sien kom het! As ek maar net meer geluister het! Ons praat ook oor hoe mense teologies, geestelik op selfdood reageer. Ons hoor dikwels dat mense dadelik sê na iemand se selfdood dat hulle nie meer gered is nie ... hulle redding as't ware verloor. Indien jy voorstelle het oor onderwerpe Onder Die Son waaroor jy wil hê ons moet gesels, stuur asseblief vir my epos deur hierop te klik. Ek verwelkom altyd briewe. Jy kan met Braam kontak maak deur middel van sy webblad waarop al sy kontakbesonderhede op is. braamklopper.co.za My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns. Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning. Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister. Jy kan my hier per epos kontak.

    33 min
  4. Episode #2 - Hoe lyk dit wanneer iemand treur?

    12/28/2022

    Episode #2 - Hoe lyk dit wanneer iemand treur?

    Ek gesels weer met Ds Braam Klopper wat spesialiseer daarin om mense te ondersteun wat rou en hoe om op te staan na die dood van 'n geliefde. In die vorige episode het ons gesels oor hoe ons iemand ondersteun wat rou na die dood van 'n geliefde. In hierdie episode, gesels ons oor hoe treur 'n mens. Is daar regte of verkeerde maniere van rou? Hoe lank rou mens? Lyk almal se rouproses dieselfde? Hy het al 'n boek hieroor geskryf asook 'n reeds CD's uitgebring. Boek: Wanneer Woorde Ontbreek CD-Reeks: Gesprekke oor Rou Die boek is beskikbaar by Lux Verbi @ R200 per sagtebandkopie. Jy kan die boek asook die Cd'd direk by Braam bestel: BESTELLINGS Bestellings kan geplaas word direk by Braam Klopper, per e-pos (info@braamklopper.co.za) of op die volgende telefoonnommer 082 574 3530. Sluit asb. die volgende inligting by u bestelling in: Naam en VanAdresNaam en kwantiteit van CD/CD'sIn ons volgende episode gesels ons oor mans en vroue wat verskillend treur. My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns. Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning. Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister. Jy kan my hier per epos kontak.

    40 min
  5. Hoe ondersteun ek iemand na die dood van 'n geliefde?

    12/21/2022

    Hoe ondersteun ek iemand na die dood van 'n geliefde?

    Ons almal was al in rou of was naby iemand wat in rou is. Vir sommiges kom ondersteuning makliker as vir ander. Die kans is daar dat ons iemand, met die heel beste bedoelings, verkeerd ondersteun het of dalk iets verkeerd gesê het. In ons bekendstellingsepisode gesels ek met Braam Klopper, predikant in die NG Gemeente Kemptonpark-Oos. Hy het al 'n boek hieroor geskryf asook 'n reeds CD's uitgebring. Boek: Wanneer Woorde Ontbreek CD-Reeks: Gesprekke oor Rou Die boek is beskikbaar by Lux Verbi @ R200 per sagtebandkopie. Jy kan die boek asook die Cd'd direk by Braam bestel: BESTELLINGS Bestellings kan geplaas word direk by Braam Klopper, per e-pos (info@braamklopper.co.za) of op die volgende telefoonnommer 082 574 3530. Sluit asb. die volgende inligting by u bestelling in: Naam en VanAdresNaam en kwantiteit van CD/CD'sHet jy geweet dat geen twee mense se stukkendheid en rou dieselfde is nie. Braam vertel ons meer hiervan. In ons volgende episode, 28 Desember 2022, gesels ons oor die rou proses vanuit die hoek van die een wat rou. Teken dit solank aan. My naam is Deon Holtzhausen. Ek is 'n gewone Afrikaanse man wat met 'n buitengewone wonderlike vrou getroud is. Ons is nou 29 wonderlike jare getroud. Om met hierdie wonderlike vrou te trou was die beste ding wat ek in my hele lewe gedoen het. Ons het drie wonderlike seuns. Ek het hierdie Podcast begin om oor gewone goed met gewone mense te gesels, jy weet, goed wat ons in ons elkedagse lewe mee te doen het. Dit kan wees oor verhoudings, chroniese siekte, dalk sport ook en selfs iets soos boedelbeplanning. Laat weet my as jy dalk na 'n spesifieke onderwerp of minireeks wil luister. Jy kan my hier per epos kontak.

    30 min

About

Hier kuier ons in Afrikaans. Ons praat oor alles onder die son ... wel amper alles. Ons gesels oor amper enigiets ... van depressie, gesondheid, huwelike, verhoudings, tiener-wees en allerhande dinge wat in die lewe gebeur. Want die lewe gebeur ... en hoe kom ek daardeur. Dit beteken dat ons dalk oor onderwerpe gesels waarmee jy nie saamstem nie of wat jou dalk gaan ontstel. As dit dit onder die son is ... praat ons daaroor. Kontak my as jy aan 'n onderwerp kan dink wat jy graag hier wil hoor. deonholt @ gmail.com (verwyder die spasies voor en na @)