Unleash Your Potential

Lynette Beer

Welcome to Unleashed Potential, a captivating podcast series by Lynette Beer that empowers you to embrace personal growth and unleash your true potential. This playlist is a blend of insightful episodes in both English and Afrikaans, offering valuable perspectives on topics like Emotional Intelligence, leadership, relationships, and living a purpose-driven life. Join Lynette as she shares her wisdom, experiences, and practical tools to help you overcome challenges, discover your strengths, and create a meaningful impact in your personal and professional journey.

Episodes

  1. 11/27/2025

    Kom ons gee mekaar ’n bietjie rus en vrede

    Selfsorg sluit die gesonde gewoonte van rus en ontspanning in. Het jy al daaraan gedink dat as jy jou naaste lief het, jy hulle ook hierdie vorm van selfsorg moet toelaat en hulle moet help om te rus? Ja, naasteliefde sluit in dat gelowiges mekaar hierin repekteer en dit vir mekaar fasiliteer. Lynette Beer verduidelik hoe dit deesdae vir mense harde werk is om tot rus te kom. Dis egter nie God se plan nie! Ware rus is nodig vóórdat ’n mens gaan werk en impak gaan maak in die wêreld. Die verskil wat jy maak, sluit in dat jy Jesus se voorbeeld oor voldoende rus navolg en vir ander mense aangee. Daar is vier beginsels waarvolgens jy jou eie rus moet beoefen. Hierdie beginsels is die fondasie van jou respek vir ander mense se rustye en hoe jy hulle hierin ondersteun. Omdat mense verskillende temperamente het, gee Lynette ten slotte ’n paar praktiese planne hoe ons mekaar se laste binne haar Vierkleurtemperamentmodel kan ligter maak. Chapters: 00:00-03:32 Rus is goed vir ons, maar skep stres en probleme 03:33-10:42 God se ritme van eers rus en dan werk 10:43-16:02 Beskerm en koester jou kosbare rustye volgens vier beginsels 16:03-19:51 1. Vier die Sabbat as die begin van jou werksweek 19:52-24:08 2. Respekteer die waarde van slaap en pas ’n slaaproetine toe 24:09-29:29 3. Onthou dat rus vir blydskap sorg 29:30-35:16 4. Sorg vir oop kommunikasiekanale met die Here 35:17-41:11 Praktiese maniere hoe die verskillende temperamente mekaar se laste kan ligter maak

    41 min
  2. 08/28/2025

    Die een tradisie wat ons almal in stand móét hou

    ’n Mens kan die grootte van mense se bekommernis oor hulle welstand meet aan die hoeveelheid geld wat hul wêreldwyd aan selfhelpboeke, kursusse en produkte spandeer. Daar is egter een maklike tradisie wat ons almal se gesondheid en verhoudings gesonder sal maak, naamlik om saam te eet. Lynette deel wat navorsers oor hierdie tipies menslike aktiwiteit ontdek het. Sy verduidelik hoekom jy regtig moeite moet doen om te braai of te kook of ’n broodjie te smeer en saam met jou geliefdes te geniet. Wees gerus, drie etes per dag, sewe dae per week hoef niemand se mikpunt in ons besige wêreld te wees nie. Doen dit op ’n manier wat by jou en jou mense se besige skedules pas. Meer nog, doen dit op ’n manier wat by julle temperamente pas. Die Geruste Groen temperament verstaan dat mense versorgd en geliefd voel as hulle in harmonie saam eet en fokus hierop in hul gesinne. Hulle het gewoonlik nie veel aanmoediging of riglyne nodig nie. Die ander drie temperamente kan egter wel baat vind by Lynette se liefdevolle lesse en aktuele advies. Neem in ag dat ook die Bybel bevestig dat kos verhoudings kan maak of breek. Met Lynette se praktiese raad en inspirerende voorbeelde, kan jy dan as gelowige daadwerklik plan maak om meer gereeld te sê: “Kos is op die tafel, smaaklike ete!”. Die welstand van ons gemeenskappe en die erfenis wat ons vir ons nageslag wil nalaat, hang daarvan af of ons ook ons kostradisies eer.

    37 min
  3. 04/29/2025

    Lynette Beer - Die wonders van God verdryf die monsters uit jou hart

    ’n Ondankbare lewe is ’n ongelukkige, eensame en ongesonde lewe. Navorsers bevestig dat ’n ingesteldheid van dankbaarheid van groot waarde vir ons geestelike en fisieke gesondheid is. Gelowiges weet dit al lank! Meer nog, hulle glo dis ’n Bybelse opdrag om in alle omstandighede dankbaar te wees. Dit beteken om daagliks te fokus op die genade en sorg van die Here.  Sonde, asook ons verdriet, woede en vrees ná teenspoed steel ongelukkig ons aandag. Daarom gebeur dit dat selfs mense wat die Woord lees en bid, verbitterd, ongesond en eensaam word. Aan die hand van versreëls uit die pen van D.J. Opperman wys Lynette Beer jou hoe jy die sonde in jou hart kan identifiseer en bely. Sy leer jou om weer op seën en troos te fokus. Dan kan jy soos die digter sê: “Ek het die wondere van God beskryfen al die monsters uit my hart verdryf.”00:00 - Die verband tussen dankbaarheid en twee versreëls van D.J. Opperman01:31 - Sommige monsters, oftewel sonde in ons hart is maklik herkenbaar04:14 - Ja, selfs gelowiges kom in versoeking, doen sonde en moet dit bely!06:02 - Die gekamoefleerde monsters/sondes van kennis sonder vertroue10:06 - Verskuilde monsters/sonde wat as valse vroomheid herken en erken moet word12:58 - Hoe om jammer te sê en die uitdaging om ander te vergewe17:36 - Die negatiewe gevolge as jy kies om nie te vergewe en lesse te leer nie19:57 - ’n Paar waarhede oor hoe dit werk om te vergewe24:11 - Praktiese raad om die kuns van vergifnis te leer27:42 - Die positiewe gevolge as jy jou monsters verdryf en jou hart skoonmaak31:30 - Maak ’n Trooslysie in plaas van ’n Dankbaarheidslysie as jou seer te groot is34:43 - Slotgedagtes en seënwense

    36 min

About

Welcome to Unleashed Potential, a captivating podcast series by Lynette Beer that empowers you to embrace personal growth and unleash your true potential. This playlist is a blend of insightful episodes in both English and Afrikaans, offering valuable perspectives on topics like Emotional Intelligence, leadership, relationships, and living a purpose-driven life. Join Lynette as she shares her wisdom, experiences, and practical tools to help you overcome challenges, discover your strengths, and create a meaningful impact in your personal and professional journey.