52 episodes

#HoeNou?! is 'n insiggewende oudioreeks wat allerlei alledaagse name, gebruike, kosse en dinge op 'n pittige manier ondersoek en verduidelik waar dit vandaan kom. Die reeks word ontwikkel en aangebied deur Su-an Müller-Marais (bekende radio- en TV-aanbieder) en Gerhard van Huyssteen (professor in taaltegnologie en Afrikaanse taalkunde aan die Noordwes-Universiteit). Die reeks word moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning van Afrikaans.com en word tegnies versorg en versprei deur Maroela Media. Weeklikse episodes word op verskeie streekradiostasies uitgesaai en is beskikbaar op Afrikaans.com, Maroela Media en HoeNou.co.za.

#HoeNou?‪!‬ Maroela Media

    • Education
    • 4.8 • 4 Ratings

    Wat het Marilyn Monroe en Kojak gemeen?

    Wat het Marilyn Monroe en Kojak gemeen?

    Watter een pas nie in hierdie rytjie nie: algoritme, diesel, koper, nikkel? En wat het hierdie klomp almal met mekaar gemeen: eggo, narsisme, hipnose, morfien? Su-an en Gerhard ontrafel dié twee raaisels, plus nog vele meer.

    • 13 min
    Hoe maak jy melkkos?

    Hoe maak jy melkkos?

    Een van die oudste, tradisioneel Suid-Afrikaanse geregte is sekerlik melkkos – daardie heerlike, dik melkgereg wat op koue wintersaande met pypkaneel en suiker bedien word. Maar melkkos is eintlik al duisende jare oud ... Su-an en Gerhard gesels in hierdie aflewering nie net oor melkkos nie, maar stel ook ʼn heerlike, tradisionele resep beskikbaar.

    • 11 min
    Waar kom planete se name vandaan?

    Waar kom planete se name vandaan?

    In Suid-Afrika is daar spesiale kommissies wat besluit oor die name van plekke. Maar het jy al ooit gewonder wie besluit wat die name van sterre en planete is? Su-an en Gerhard praat oor die name van enkele planete en waar dié name vandaan kom.

    • 13 min
    Oor pizza en pasta

    Oor pizza en pasta

    'n Mens kry drie soorte mense: pizza-eters, pasta-eters en mense op 'n dieet. Want pizza en pasta is wêreldwyd sekerlik van die gewildste kitskos (en trooskos). Su-an en Gerhard gesels oor die herkoms van dié twee kossoorte en waar hulle name vandaan kom.

    • 15 min
    Oor sterre en planete

    Oor sterre en planete

    Het jy al ooit gewonder watter planeet is eerste ontdek? En watter planeet is die onlangsste ontdek? Su-an en Gerhard gesels oor die son, die maan en die sterre ... en al die planete tussenin.

    • 14 min
    Om lepel in die dak te steek

    Om lepel in die dak te steek

    Het jy al gewonder waar kom alledaagse gebruiksartikels soos messe, vurke en lepels vandaan? Wanneer het mense byvoorbeeld vir die eerste keer lepels begin gebruik? Su-an en Gerhard gesels oor dié kwessies, asook oor die woorde “lepel” en “spoon”.

    • 10 min

Customer Reviews

4.8 out of 5
4 Ratings

4 Ratings

Top Podcasts In Education

The Subtle Art of Not Giving a F*ck Podcast
Mark Manson
The Mel Robbins Podcast
Mel Robbins
The Jordan B. Peterson Podcast
Dr. Jordan B. Peterson
TED Talks Daily
TED
How to Be a Better Human
TED and PRX
Motivation Daily by Motiversity
Motiversity