Die Wêreld aan jou Voete

Anina.vk

'n Splinternuwe podcast vir Suid-Afrikaners deur Suid-Afrikaners — sodat enigeen kan saam reis van die huis. Uit die hartjie van Amsterdam, bring Anina Visser-Klerck elke week vir julle 'n vars uitkyk op 'n bestemming wat onlangs deur 'n Suid-Afrikaner verken is.

  1. 6 days ago

    Ysland | Verken die eiland van vuur en ys

    Vuur en ys. Gletsers en vulkane. Swart strande, stomende warmwaterbronne en watervalle om elke hoek en draai. Min plekke op aarde voel so wild en ongerep soos Ysland. In vandag se episode vat ons die pad saam met Marieke Teessen, wat Ysland se beroemde Ringpad met ’n kampeerwa aangepak het. Sy deel haar volledige gids tot dié epiese roetereis – van waar om te stop en wat jy beslis nie moet misloop nie, tot die mooiste staproetes, F-paaie, hawedorpies en natuurlike warmwaterbronne. Hier is ‘n blitsgids met al die plekke waaroor ons gesels. Marieke se hoogtepunte Fagradalsfjall se lawavelde op Reykjanes Reykjadalur se geotermiese warmwaterbron-staproete Kerið-krater Watervalle: Þjórsárdalur, Seljalandsfoss, Skógafoss, Fossárdalur, Dettifoss, Goðafoss, Gullfoss & Þórufoss Sólheimasandur se vliegtuigwrak Sólheimajökull-gletser Dyrhólaey & Reynisfjara se swart strand Fjaðrárgljúfur-kloof Skaftafell en die Vatnajökull-gletser Jökulsárlón Glacier Lagoon & Diamond Beach Vestrahorn-berg Stórurð-staproete Stuðlagil-kloof Hverir se geotermiese landskap Þingvellir Nasionale Park en die staproete tussen die tektoniese plate Blue Lagoon Avontuurlustige bestemmings wat net bereikbaar is via F-paaie (4x4) Háifoss-waterval Landmannalaugar-staproete Hveravellir-warmwaterbron Kerlingarfjöll-staproete Mooi hawedorpies langs die pad Vík – vir swart strande, Black Crust Pizza en Vikings Djúpivogur Seyðisfjörður Borgarfjörður Eystri Húsavík Dankie dat julle saam luister. As julle die podcast geniet volg ons gerus op Spotify en Apple Podcasts vir sporadiese episodes en reiswenke 🔗

Ratings & Reviews

5
out of 5
3 Ratings

About

'n Splinternuwe podcast vir Suid-Afrikaners deur Suid-Afrikaners — sodat enigeen kan saam reis van die huis. Uit die hartjie van Amsterdam, bring Anina Visser-Klerck elke week vir julle 'n vars uitkyk op 'n bestemming wat onlangs deur 'n Suid-Afrikaner verken is.