Jou Memoires

Memoire Books l Guided Journals

Ek help ouers, kinders en weermag veterane om verlies in konneksie te verander en herinneringe in 'n blywende nalatenskap – met my begeleide joernale. 💌 Onthou. Genees. Verbind. ✍ Begeleide joernale vir ouers en veterane ✨1.2K+ joernale verkoop | Soos gesien op Kyknet en Via TV www.memoirebooks.co.za

Episodes

  1. 10 Aug

    Christine Shaw, memoire skrywer

    🎙️ JOU MEMOIRES | CHRISTINE SHAW Hoe gemaak as jy te laat agterkom dat jy op die verkeerde trein is? Selfs ’n verkeerde afdraai is eintlik alles deel van jou storie! 😄 In hierdie episode gesels ek met Christine Shaw – skrywer, maatskaplike werker, psigometris, motiveringspreker en konsultant vir persoonlike groei en ontwikkeling. Christine is die skrywer van Well, This Wasn’t on the Map en HOE VER NOG? – twee boeke wat jou op ’n besonderse manier na jou eie lewensreis laat kyk. Ons praat oor vergifnis, wrokke, koers hou, herstel, taal en die stories wat ons oor onsself vertel. En natuurlik oor die gelykenisse en metafore waarmee Christine die alledaagse lewe op verrassende maniere verstaanbaar maak. Ek het ná ons gesprek sommer anders gekyk na iets so eenvoudig soos om langs my dogter te staan terwyl sy leer parallel parkeer… 🚗😂 Want miskien is dit ook maar ’n metafoor vir ouerskap: jy kan nie die stuurwiel oorneem nie – jy kan net langsaan staan en dophou, en hoop sy hou binne die lyne. En dan die vraag waarmee ek Christine aan die einde laat sit het: “Ek moes hierdie boeke skryf, omdat…” Wat sou jóú antwoord wees? 🎧 Luister na hierdie lekker gesprek oor stories, groei en die kronkelpaaie van die lewe. 📚 Well, This Wasn’t on the Map – Naledi Books📚 HOE VER NOG? – Naledi Books Boekbestellings:⁠Well this was’nt on the map – Naledi Books⁠ ⁠HOE VER NOG? – Naledi Books#JouMemoires #ChristineShaw #Memoirs #Lewensverhale #PersoonlikeGroei #AfrikaanseBoeke #SkryfJouStorie #NalediBooks

  2. 20 May

    Army stories: Adjudant-offisier 1ste Klas (afgetree) Paul J. Els

    Paul het al 31 boeke gepubliseer en istussentyd besig met sy eie memoires, wat die bos-oorlog insluit. Dit is hierdie memoires wat my veral interesseer. Sy boeke kan bestel word by: Groep 7 Drukkers: epos@groep7.co.za I082 449 0574 I www.groep7-selfpublish-books.co.za Kontak Paul direk: paul@who-els.co.za I066 344 4154 I https://paul.who-els.co.za  Paul is ’n afstammeling van Boere-generaal Louis Botha, Voortrekker Andries Potgieter en Hans Dons de Lange. In Januarie 1964 het hy by die Seinkorps van die Suid-Afrikaanse Weermag aangesluit. Aandie einde van daardie jaar is hy oorgeplaas na 5 Suid-Afrikaanse Infanteriebataljon in Ladysmith. Hy het in 1968 ’n drie maande lange diensplig aan die grens verrig, waarna hy ’n jaar lank as radio-operateur op Gough-eiland diens gedoen het. Met sy terugkeer na Suid-Afrika in 1969 het hy instrukteur by die Seinskool in Voortrekkerhoogte geword en teen die einde van daardie jaar is hy vir ’n paar weke in Afrika ontplooi. Gedurende 1975/1976 het Paul aan OperasieSavannah deelgeneem en aan die einde van 1978 is hy oorgeplaas na die Suid-Afrikaanse Spesiale Magte as die eerste langafstand onderoffisier, radio-operateur en kriptograaf vir 5 Verkenningskommando. Op 35-jarige ouderdom het hy die valskermkursus voltooi en sy valskermvlerke verwerf. In 1984 het hy Regimentsersant-majoor van dieNoord-Transvaalse Kommando Seineenheid geword, en vanaf 1992 het hy vir die Leër-inligtingskorps gewerk. Nadat hy in 1996 afgetree het, het hy We Fear Naught but God geskryf. Die gewildheid van die boek het hom oortuig omvoort te gaan, vandag het hy al 31 boeke uitgegee en is hy tans met nog 4 geskiedkundige boeke besig. Waarin ek wel die meeste belangstel, is sy persoonlike memoires wat hy vir sy kinders opskryf.

  3. 06/12/2025

    Army stories: Generaal-Majoor (Afgetree) Roland en Dr Henriëtte de Vries

    Ek gesels gereeld met weermag veterane, en wat ek die heel meeste oor hierdie besondere groep mense waardeer, is jul ‘Can Do attitude’. No-can-do En dan is dit tog vreemd hoe die meeste veterane, wanneer hulle van hierdie projek hoor – met soveel ‘NO CAN DO’ redes vorendag kom. Generaal de Vries In hierdie heel eerste episode gesels generaal Roland de Vries saam met sy vrou Henriëtte oor die waarde van skryf, soos hulle dit self ervaar. Oer-oue beginsel Dalk is jy self 'n 'No-Can-Do' voorstaander. En dalk kan hierdie veteraan-span jou vandag oortuig dat daar besondere waarde in hierdie oer-oue beginsel skuil.No Can Do redes: -        Maar Anné, ek is nie ‘n skrywer nie. -        Maar Anné, ek het nie tyd nie. -        Maar Anné, ek mag oor soveel wat gebeur het, nie skryfnie (ooreenkoms van geheimhouding) -        Maar Anné, as jy nie daar was nie, sal jy nie verstaannie. -        Maar Anné, dis net te veel moeite om alles teverduidellik. -        Maar Anné, die oorlog is mos verby, nou moet ons niedaaroor skryf of praat nie. -        Maar Anné, ek het te min om oor te skryf, ek het netmy opleiding gedoen. -        Maar Anné, ek het te veel om oor te skryf – een boekis te min. Luister saam -> 'like' die reeks -> ja, jy kan! https://www.samvo.international/samvoint-new/veteran-roland-de-vries-sd-sm-mmm

About

Ek help ouers, kinders en weermag veterane om verlies in konneksie te verander en herinneringe in 'n blywende nalatenskap – met my begeleide joernale. 💌 Onthou. Genees. Verbind. ✍ Begeleide joernale vir ouers en veterane ✨1.2K+ joernale verkoop | Soos gesien op Kyknet en Via TV www.memoirebooks.co.za