Die Rally-Raid Dagboek

Izaac Beytell & Stompie Mynhardt

Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur. Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedren-ervarings en agter-die-skerms-insigte wil hulle luisteraars nie net laat verstaan hoe die sport ontwikkel het nie, maar hulle ook laat saamry op die opwindende hedendaagse avonture van rally-raid. Of jy ’n toegewyde aanhanger, nuuskierige beginner of self ’n stofvreter is – hierdie is die potgooi vir almal wat die brul van ’n turbo, die reuk van brandstof en die roep van die bos en woestyn avonture verstaan.

  1. 20 Aug

    Episode 14 - Francois Jordaan (Deel 2 van 3)

    In hierdie episode gesels ons verder met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en ’n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel nog meer van sy ryk ervaringe en stories, onder meer: · Die avonture en ervaringe tydens die 2004 Dakar saam met Giniel de Villiers in die Nissan-fabriekspan, en die blywende indrukke wat dit gelaat het · Die teleurstelling van Dakar 2008, wat op die laaste oomblik afgelas is, saam met Mark Corbett in ’n Century Racing Nissan Navara, die waardevolle verhoudings wat gebou is, en die lesse wat geleer is · Die 2012 Dakar in Suid-Amerika saam met Mark Corbett in die nuut ontwikkelde Century Racing CR5 – kameraadskap in die Suid-Afrikaanse rally-raid-gemeenskap wat ’n paar waaierbande gespaar het en die stil-stil klas oorwinning · Die lewe se gelukskote, die waarde van ’n positiewe ingesteldheid, en die groot impak wat die Dakar op Francois se lewe gehad het Name wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Jim Redman, Piet Swanepoel, Giniel de Villiers, Glyn Hall, Jean-Louis Schlesser, Ari Vatanen, Colin McRae, Mark Corbett, Hannes Grobler, Neil Woolridge, Buks Carolin, Julien Hardy, Rudi Balzer, Colin Matthews en Hennie van der Stege. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    Episode 14 - Francois Jordaan (Deel 2 van 3)
  2. 13 Aug

    Episode 13 - Francois Jordaan (Deel 1 van 3)

    In hierdie episode gesels ons met Francois Jordaan – ’n ware legende in Suid-Afrikaanse rally-raid-kringe en 'n onvermoeide ambassadeur vir die sport. Francois deel openhartig sy ryk ervaringe en stories, onder meer: - Hoe die legendariese motorfiets-renjaer Jim Redman petrol in die are van ’n 2-jarige Francois laat beland het - Sy aanvankike deelname aan tydrenne, die oorskakeling na navigatorskap en die paaie wat uiteindelik gelei het na veldrenne - Sy ontmoeting met Giniel de Villiers en die ontwikkeling van hulle hoogs suksesvolle vennootskap - Die goue ontwikkelingsjare van die formidabele Nissan Hardbody saam met Glyn Hall - Die spesiale verhouding met die legendariese Hannes Grobler - Van toeskouer by die Dakar tot uiteindelike deelnemer saam met Giniel Name wat in hierdie episode genoem word (in volgorde van verskyning): Jim Redman, Pat Moss, Geoff Mortimer, Johan Sieling, Bob Hardy, Richard Leeke, Jan Hettema, Sarel van der Merwe, Hannes Grobler, Piet Haasbroek, Giniel de Villiers, Roelof Fekken, Louis Cloete, Enzo Kuun, Naas le Roux, Glyn Hall, Piet Swanepoel, Apie Reyneke, Robin Houghton, Mike Whitfield, Alec Poole, Grégoire de Mévius, Stéphane Peterhansel, Leon Both, Mac McKensey, Brink Linderman, Gary Bertholdt en Mark Conje. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-potgooi-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    Episode 13 - Francois Jordaan (Deel 1 van 3)
  3. 30 Jul

    Episode 11 - Bodo Bertholdt (Deel 1 van 2)

    In hierdie episode gesels ons met een van die ware pioniers en legendes van rally-raid in Suid-Afrika — Bodo Bertholdt, As ’n pasgetroude man in 1970 het Bodo sy oog op ’n advertensie in The Star koerant laat val — “The Last Great Adventure in Africa is The Roof of Africa”. Saam met sy vrou het hulle in haar standaard Volkswagen Kewer geklim en dié avontuur aangevat. Agt jaar later het hy die Roof of Africa vir die eerste keer suksesvol voltooi. In die proses het hy 'n ikoon van die sport geword. In hierdie episode vertel Bodo van: • Die heel eerste Barberspan 500 waaraan hy deelgeneem het en die legendariese boeremusiek-partytjie daarna • Die vroeë dae van die Roof of Africa waar tot 140 voertuie deelgeneem het en die organiseerders dit so moeilik moontlik probeer maak het • Die besonderse "Spirit of the Roof of Africa"-toekenning wat vir hom baie beteken • Hoe die sport vinnig ontwikkel het toe die eerste Amerikaanse voertuie ingekom het • Die truuks wat hulle gebruik het om ou voertuie meer kompeterend te maak • Die storie van die voertuig wat van die krans afgeval het in Lesotho — en gratis aangebied is aan enigiemand dapper genoeg om dit te gaan uithaal • En ja… as jy tydens ’n wedren ’n nuwe ratkas nodig het — bel net jou vrou! Genoemde name in dié episode (in volgorde van verskyning): Mev Bertholdt, Gary Bertholdt, Philip Malan, Glen Parker, Jack Spencer, Gerd Degener, John Salters, Harry Ruscoe, Brett & Steven Parker, Paul Coertzer, Buks Carolin, Kenny Sjoldhammer, Franz Czepek en Ken Hillebrand. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag. Luister gerus op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig vir “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    Episode 11 - Bodo Bertholdt (Deel 1 van 2)
  4. 23 Jul

    Episode 10 - Jannie Visser (Deel 2 van 2)

    🎙 Mylpaal Episode Bereik!! Episode 10 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie spesiale mylpaal-episode gesels ons verder met die voormalige nasionale kampioen en een van die ware steunpilare van rally-raid in Suid-Afrika, Jannie Visser van die Barberspan Motor Klub. Jannie kyk terug op sy indrukwekkende loopbaan – van sy heel eerste wedren in 1989 tot sy Nasionale Kampioenskap in 2011. Hy deel van die mooiste en spesiale oomblikke op die pad, waaronder die emosionele hoogtepunt om saam met sy jonger broer, Chris Visser, op die podium te kon staan na afloop van die 2011 Toyota 1000 Woestynwedren. Hy gee ook sy opregte siening oor die huidige stand van rally-raid in Suid-Afrika: die voertuie, tegniese vooruitgang, en die moderne uitdagings wat die sport in die gesig staar. In hierdie week se “Op ‘n Ligter Noot” deel Jannie ’n snaakse storie oor die soektog na ’n No. 22 spanner in die bosveld! Name wat in Episode 10 genoem word (in volgorde van verskyning): Chris Visser Snr, Mof Visser, Andries Visser, John Salters, Chris Visser Jnr, Japie Badenhorst, Joks le Roux, Anthony Taylor, Duncan Vos, Jean Els, Hannes Grobler, Bella Geldenhuys, Hennie der Stege, Kassie Coetzee, Fred die Hilux, Berkhens, Gerhard Campher, Vic Campher, Lourens Erasmus, Ockie Fourie, Johannes Bester. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdag. Beskikbaar op Apple Podcasts, Spotify, YouTube en jou gunsteling potgooi-platform. Soek eenvoudig “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    Episode 10 - Jannie Visser (Deel 2 van 2)

Ratings & Reviews

4
out of 5
2 Ratings

About

Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur. Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedren-ervarings en agter-die-skerms-insigte wil hulle luisteraars nie net laat verstaan hoe die sport ontwikkel het nie, maar hulle ook laat saamry op die opwindende hedendaagse avonture van rally-raid. Of jy ’n toegewyde aanhanger, nuuskierige beginner of self ’n stofvreter is – hierdie is die potgooi vir almal wat die brul van ’n turbo, die reuk van brandstof en die roep van die bos en woestyn avonture verstaan.