Die Rally-Raid Dagboek

Izaac Beytell & Stompie Mynhardt

Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld. Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur. Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedren-ervarings en agter-die-skerms-insigte wil hulle luisteraars nie net laat verstaan hoe die sport ontwikkel het nie, maar hulle ook laat saamry op die opwindende hedendaagse avonture van rally-raid. Of jy ’n toegewyde aanhanger, nuuskierige beginner of self ’n stofvreter is – hierdie is die potgooi vir almal wat die brul van ’n turbo, die reuk van brandstof en die roep van die bos en woestyn avonture verstaan.

  1. 1 Oct

    Episode 20 - Richard Leeke (Deel 1 van 3)

    🎙 Episode 20 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie episode gesels ons met Richard Leeke – sesmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die top-navigators van sy era en ’n ware legende van die sport. Gedurende sy loopbaan het hy vir verskeie van die top-renjaers van verskillende fabriekspanne genavigeer, onder andere Sarel van der Merwe, Tony Pond, Paddy Driver, Philip Malan, Kassie Coetzee, Hannes Grobler, Duncan Vos en Satwant Singh. Hy het in stiptheidstydrenne, konvensionele tydrenne én rally-raid wedrenne sy merk gemaak. Aan die begin van sy motorsportloopbaan het hy soms self bestuur, maar dit was veral in stiptheidstydrenne waar hy vroeg al sy stempel afgedruk het voordat hy oorgeskakel het na tydrenne en rally-raid. Reeds in 1977 het hy die nasionale tydrenkampioenskap gewen saam met een van Suid-Afrika se motorsportlegendes, Sarel van der Merwe. Richard het met die jare ’n fyn aanvoeling ontwikkel om die regte “stem” en benadering te gebruik vir verskillende bestuurders – en sodoende die beste uit elkeen te kry. Geniet hierdie stappie deur die geskiedenis saam met Richard Leeke! Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Stan Vos, Bobby Hardy, Tony Pond, Eric Sanders, Hannes Grobler, Sarel van der Merwe, Francis Tucker, Dave Crevitt, Andy Dawson, die Vos-familie (Swaziland), Paddy Driver, Colin Berthordt, Hennie van der Linde, Ted Karsten, Roger Houghton, Eddie Keizan, Jeff Dalgleish, Philip Malan, Kassie Coetzee, “Fred” (die spesiale Toyota Hilux), Hannes Grobler en Duncan Vos. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister nou op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    Episode 20 - Richard Leeke (Deel 1 van 3)
  2. 17 Sept

    Episode 18 - Franz Czepek (Deel 1 van 2)

    🎙 Episode 18 van Die Rally-Raid Dagboek is nou beskikbaar! In hierdie episode gesels ons met Franz Czepek – vyfmalige Suid-Afrikaanse nasionale rally-raid kampioen, een van die mees gedugte en kompeterende renjaers van sy era, en ’n ware legende van die sport. Saam met sy seun en navigator, Franz Czepek Jnr, is hulle vereer met Protea-kleure vir motorsport. Franz se loopbaan het van die 1970’s tot die 2000’s gestrek en tientalle beroemde oorwinnings opgelewer. Hy was veral bekend vir sy sukses in die spesiale voertuig-kategorie en het elke nasionale kampioenskapswedren ten minste een keer algeheel gewen. Hoogtepunte uit sy loopbaan sluit in sy 1977-oorwinning by die Roof of Africa in ’n enkelsitplek Hustler Buggy ná ’n noue tweestryd teen Sarel van der Merwe. Twintig jaar later, in 1997, wen hy die Roof of Africa weer – hierdie keer saam met sy seun Franz Jnr as navigator. Hulle het ook enorme sukses behaal by die uitdagende Toyota 1000 Woestynwedren, wat hulle vier keer algeheel gewen het. Franz Czepek sal vir altyd onthou word vir sy passie, tegniese kundigheid en diep liefde vir die sport. Name wat in die gesprek genoem word (in volgorde van verskyning): Eddie Keizan, John Smith, Sarel van der Merwe, Martin Smith, Keith Rivers, Stan Hillman, Parnell, Buks Carolin, Giniel de Villiers, Franz Czepek Jnr, Atang Makgekgenene, Richard “Ouboet” Carolin, Rob Wark, Tony Burges, Chris Visser Snr, Mof Visser, Matty Basson en Chris Visser. ’n Nuwe episode van Die Rally-Raid Dagboek verskyn elke Donderdagoggend. Luister nou op Apple Podcasts, Spotify, YouTube of jou gunsteling-platform. Soek eenvoudig na “Die Rally-Raid Dagboek” en geniet die episode!

    Episode 18 - Franz Czepek (Deel 1 van 2)

Ratings & Reviews

4
out of 5
2 Ratings

About