Kosreis

Francette Bekker

Kosreis is ‘n gesondheidspotgooi...reis wat aangebied word deur Francette Bekker - ‘n geregistreerde dieetkundige in Pretoria met sowat 18 jaar ondervinding in praktyk. In hierdie potgooi gesels sy oor kos, ons land, die mense, die kultuur, interessante feite en lekker stories oor kos asook oor gesondheid, lewensduur en gesondheidsduur. Wat is die verskil tussen lewensduur en gesondheidsduur? Lewensduur verwys na hoe lank jy leef, terwyl gesondheidsduur verwys na hoe lank jy gesond leef. Luister lekker saam en kyk na die kos op jou bord met 'n nuwe perspektief en waardeer wat moeder aarde, die natuur en ons pragtige land Suid-Afrika ons bied vir spys en drank, sielskos en goeie gesondheid. In praktyk geniet Francette dit om op ‘n “gesondheidsreis” te gaan saam met haar pasiënte. Sy werk by die Zuid-Afrikaans Hospitaal in sentraal Pretoria as deel van die “Obesity Health Centre” span van Dr Thinus Smit. Hierdie mediese span fokus op die behandeling van matige tot erenstige vetsug. Matige vetsug word behandel deur gebruik te maak van leefstylveranderinge en medikasie terwyl metaboliese (bariatriese) chirurgie gebruik word om erenstige vetsug te behandeling sodat gesondheidsprobleme voorkom en behandel kan word. Die fokus van die span is om pasiënte se lewensduur en gesondheidsduur te bevorder. Francette het ook ‘n groot passie vir vrugbaarheidsvoeding en voeding gedurende swangerskap. Sy het ’n internationale sertifikaat behaal as gesertifiseerde vrugbaarheids- en swangerskapdieetkundige. In haar praktyk stap sy dan ook die gesondheidsreis saam paartjies wat beplan om ‘n gesin te begin en ondersteun vroue gedurende hul swangerskap met die regte voeding vir elke trimester van swangerskap. Die regte voeding in swangerskap help ’n mamma om haar kans tot ‘n gesonde en veilige swangerskap te verbeter en dit speel ‘n ongelooflike groot rol in die toekoms en gesondheid van haar toekomstige babatjie. Volg Francette se praktyk op Instagram of Facebook by @francettedietitian. Die Kosreis potgooi kan jy volg op Instagram by @Kosreis.

Episodes

  1. 19/09/2022

    Wat is in Pandora se eierboksie?

    Is jy onseker of eiers nou wel gesond is of nie? In hierdie episode maak ek Pandora se eierboksie oop en ek deel ‘n paar lekker eierstories en ‘n paar interessante eierfeite.  Studies en inligting waarna verwys word in podsending: Nutritional Viewpoints on Eggs and Cholesterol - PMCAssociation between Egg Consumption and Cholesterol Concentration: A Systematic Review and Meta-Analysis of Randomized Controlled Trials - PMCThe Golden Egg: Nutritional Value, Bioactivities, and Emerging Benefits for Human Health - PMC Egg Consumption in Infants is Associated with Longer Recumbent Length and Greater Intake of Several Nutrients Essential in Growth and DevelopmentAssociation between Egg Consumption and Cholesterol Concentration: A Systematic Review and Meta-analysis of Randomized Controlled TrialsPotential health benefits of carotenoid lutein: An updated reviewA Comprehensive Review of Eggs, Choline, and Lutein on Cognition Across the Life-spanLutein and Zeaxanthin-Food Sources, Bioavailability and Dietary Variety in Age-Related Macular Degeneration ProtectionCholine - Consumer information sheetLutein and cataract: from bench to bedsideLutein Supplementation for Eye DiseasesDie episode se transkripsie is beskikbaar en kan gelees word op www.buzzsprout.com/2009776 Kies die episode en druk dan op die “Transcript tab”. Vind my op Instagram by @joudigitaledieetkundige Aanbieder: Francette Bekker Instagram @kosreis Instagram & Facebook @francettedietitian Webtuiste www.francettedietitian.com E-pos chatwith@francettedietitian.com Vrywaring gelees deur aktrise en sangeres Sanli Jooste. Vind haar op Instagram @sansings89

    15 min
  2. 13/08/2022

    Rooibostee of soos Ouma sou sê "Bossiestee"

    My Ouma Toy het 90 jaar oud geword en haar gunsteling warmdrankie was rooibostee of soos sy sou sê “bossiestee”. Luister saam in hierdie episode hoe ek en my gesin met ons padreis per ongeluk in Clanwilliam beland het en toe eers uitgevind het dat dit die Rooibostee hoofstad van die wêreld is! In hierdie episode vertel ek meer oor die area waar rooibostee groei, die oes en produksie proses van rooibos, groen rooibostee, wat is flavonoïede en watter voordele hou dit vir ons liggame in, die gesondheidsvoordele van rooibostee, hoe lank om die optimale koppie rooibos te laat trek en ek deel ‘n resep wat my Ouma gemaak het met perskes en rooibostee. Studies en inligting waarna verwys word in podsending: Rooibos Council webtuiste https://sarooibos.co.zaCarmien tea webtuiste https://carmientea.co.za/product-of-origin/ https://carmientea.co.za/rooibos/rooibos-crop-to-cup/The Potential of South African Herbal Tisanes, Rooibos and Honeybush in the Management of Type 2 Diabetes Mellitus https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC6321617/Flavonoids: an overview  https://www.ncbi.nlm.nih.gov/pmc/articles/PMC5465813/Rooibos herbal tea: An optimal cup and its consumers https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/31934411/Aspalathus linearis (Rooibos) - a functional food targeting cardiovascular disease https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/30183052/Food for Mzanzi nuusberig: Rooibos: It’s harvest time, and we have a front-row seat https://www.foodformzansi.co.za/rooibos-harvest-clanwilliam/ Die episode se transkripsie is beskikbaar en kan gelees word op www.buzzsprout.com/2009776 Kies die episode en druk dan op die “Transcript tab”. Vind my op Instagram by @joudigitaledieetkundige Aanbieder: Francette Bekker Instagram @kosreis Instagram & Facebook @francettedietitian Webtuiste www.francettedietitian.com E-pos chatwith@francettedietitian.com Vrywaring gelees deur aktrise en sangeres Sanli Jooste. Vind haar op Instagram @sansings89

    11 min

Ratings & Reviews

4.5
out of 5
2 Ratings

About