11 episodes

Nuus met Spies is 'n potsending wat elke Vrydag die voorafgaande week se belangrike nuusgebeure akkuraat, betroubaar en sinvol uiteensit. Die joernalis Mia Spies vat die inligting wat elke landsburger behoort te weet saam en verweef dit met nuusmakers se eie woorde. Die grootste nuusgebeurtenis van die week word ook kortliks deur 'n kenner op die gebied ontleed.

Nuus met Spies Mia Spies & Volume

    • News
    • 5.0 • 16 Ratings

Nuus met Spies is 'n potsending wat elke Vrydag die voorafgaande week se belangrike nuusgebeure akkuraat, betroubaar en sinvol uiteensit. Die joernalis Mia Spies vat die inligting wat elke landsburger behoort te weet saam en verweef dit met nuusmakers se eie woorde. Die grootste nuusgebeurtenis van die week word ook kortliks deur 'n kenner op die gebied ontleed.

    07/05 - Ace geskors, toe 'skors' hy Cyril ook; 2 dood in hospitaalbrand én Suid-Afrika kry sy eie Chuck Norris

    07/05 - Ace geskors, toe 'skors' hy Cyril ook; 2 dood in hospitaalbrand én Suid-Afrika kry sy eie Chuck Norris

    Dit was hoogdrama in die ANC die week, met ‘n oor en weer geskorsery; Die president beantwoord vrae in die Nasionale Vergadering en sê die regering se inentingsporgram is op koers; ‘n Brand eis twee Covid-pasiënte in ‘n Limpopo hospitaal, Gedenkdiens gehou vir Suid-Afrikaner wat in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is; Einde in sig vir geblikte leeujag in die land, Storms in Kaap eis lewens; Suid-Afrika spog met sy eie Chuck Norris na skietery in Pretoria én vind uit van watter land Bafana Bafana se nuwe afrigter afkomstig is.

    • 10 min
    30/04 - Ramaphosa voor Zondo; Covid-19 inenting gratis vir alle SA'ners; en Oscar-eerste vir SA

    30/04 - Ramaphosa voor Zondo; Covid-19 inenting gratis vir alle SA'ners; en Oscar-eerste vir SA

    Pres. Cyril Ramaphosa lewer getuienis voor die Zondo-kommissie, en 'n ontleder sê waarom dit belangrik is; Die vervreemde vrou van minister Malusi Gigaba verskyn ook voor kommissie; Brittanje stel sanksies teen Guptas en 18 ander korruptes in; Kubaanse ingenieurs ingevoer om SA se waterkrisis op te los; Mango se vlugte tydelik gestaak oor skuld; Johnson en Johnson inentings hervat in SA - en sal gratis wees vir alle landsburger; En die plaaslike dokumentêre rolprent, My Octopus Teacher, wen Oscar.

    • 12 min
    23/04 - SA gaan wél vanjaar plaaslike verkiesing hou; Verwoestende brand ruk Kaapstad; en J&J-entstof kry weer groenlig

    23/04 - SA gaan wél vanjaar plaaslike verkiesing hou; Verwoestende brand ruk Kaapstad; en J&J-entstof kry weer groenlig

    Suid-Afrikaners gaan 27 Oktober stembus toe vir die plaaslike verkiesing; Verwoestende brand veroorsaak groot skade in Kaapstad; Zuma se regsverteenwoordigers gooi die handdoek in; Die Johnson and Johnson-entstof gaan weer in Suid-Afrika toegedien word, nadat dit tydelik opgeskort is; en in die VSA is die oudpolisieman Derek Chauvin skuldig bevind aan die moord op George Floyd.

    • 10 min
    16/04 - Gebruik van J&J-entstof tydelik opgeskort; Tiener in boelie-video neem eie lewe; Ace drink ook tee by Nkandla en Brittanje se ysterprins gegroet

    16/04 - Gebruik van J&J-entstof tydelik opgeskort; Tiener in boelie-video neem eie lewe; Ace drink ook tee by Nkandla en Brittanje se ysterprins gegroet

    Die toediening van die Johnson and Johnson-entstof in Suid-Afrika is tydelik opgeskort ná enkele gevalle van bloedklonte in die VSA; Graad 10-leerling van Limpopo neem haar eie lewe na opspraakwekkende boelievideo wat wyd versprei is; Die Wes-Kaapse LUR Bonginkosi Madikizela geskors terwyl die DA sy tersiêre kwalifikasie ondersoek; ANC voorsitter Gwede Mantashe voor Zondo-kommissie die week; maar oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou Norma Mngoma nie; Ace Magashule konsulteer met oudpres. Jacob Zuma by sy woning in Nkandla; én Brittanje se Prins Philip word Saterdag begrawe.

    • 13 min
    09/04 - Paasnaweek-padsterftes bekend; Brandstof duurste nog ooit in SA; Kwesbares dalk van volgende maand ingeënt, én Streek gryp in na Mosambiek-bloedbad

    09/04 - Paasnaweek-padsterftes bekend; Brandstof duurste nog ooit in SA; Kwesbares dalk van volgende maand ingeënt, én Streek gryp in na Mosambiek-bloedbad

    Volgens amptelike syfers is 235 mense tydens Paasnaweek op die land se paaie dood, baie van hulle voetgangers; Die brandstofprys het ook skerp gestyg die week, soveel so dat landsburgers nou die meeste ooit vir brandstof in Suid-Afrika betaal; Dis alweer die Ramaphosa-groep teen die Magashule-kamp; Dan in Covid-19 nuus het die minister van gesondheid bevestig dat die tweede fase van die regering se intengprogram volgende maand begin; In Mosambiek het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader oor die terreur in noorde van daardie land; en laastens getuig oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou glo voor Zondo-kommissie.

    • 14 min
    02/04 - Paasnaweek-drankreëls veroorsaak verwarring; Bloedbad in ons buurland; Drama by die SAUK; én Duurste brandstofprys nóg in SA kom

    02/04 - Paasnaweek-drankreëls veroorsaak verwarring; Bloedbad in ons buurland; Drama by die SAUK; én Duurste brandstofprys nóg in SA kom

    Inperkingsregulasies aangepas vir Paasnaweek: Strenger regulasies rondom alkohol geld tot Maandag, maar regulasies oor samekomste verslap; Fase 2 van die land se intentingsprogram glo op koers om Mei te begin; Die ANC se sekretaris-generaal Ace Magashule loop op dun ys na die party se NUK vergader; Die Islamitiese staat aanvaar verantwoordelikheid vir die terreuraanval in Mosambiek: Ek vra ‘n kenner of die streek moet bekommerd wees; Meer as 600 SAUK-werknemers verloor hulle werk nadat die openbare uitsaaier sy afleggingsproses afhandel; legendariese SAUK-nuusleser Noxolo Grootboom groet die kassie; én Die skerpste brandstofprysstyg in jare kom, so maak jou motor voor Woensdag vol!

    • 14 min

Customer Reviews

5.0 out of 5
16 Ratings

16 Ratings

AnnieH86 ,

Vinnige en tot die punt opsomming van die nuus

Dankie Mia!
Big fan of your work.

Top Podcasts In News