84 episodes

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.

Preek Opnames Simondium Familiekerk

    • Religion & Spirituality
    • 5.0 • 1 Rating

Vind hier opnames van ons mees onlangse preke.

    Erediens - 05 Mei 2024

    Erediens - 05 Mei 2024

    Prediker: Nadia Muller
    Teks: Johannes 4
    Tema: Wie ek is

    Not because of who I am
    But because of what you've done
    Not because of what I've done
    But because of who you are

    Dít is die woorde “Who am I” van Casting Crowns. Nadia praat in hierdie opname oor wie ons in Jesus is. Ons wil uitkom by die punt waar ons kan sê dat ons DOEN op grond van wie Jesus IS, en ons IS (ons wese) is te danke aan wat Hy gedoen het, en tot vandag toe doen. Om hierdie te oordink kyk ons na die ontmoeting tussen Jesus en die Samaritaanse vrou by die put.

    • 25 min
    Erediens - 21 April 2024

    Erediens - 21 April 2024

    Prediker: DJ Muller
    Teks: Handelinge 4
    Tema: Hoe lyk mense wat geroep is?

    In die kerklike jaar, staan die vierde Sondag van Pase as Goeie Herder-Sondag óf Roepingsondag (Vocation Sunday) bekend. Dit is die Sondag waartydens kerke regoor die wêreld fokus op die feit dat Christus, die Goeie Herder, mense roep – om in hul alledaagse lewe die Evangelie te verkondig en te beliggaam, maar ook om in die kerk te bedien. In hierdie opname fokus ons op die verrassende kenmerke van mense met ‘n roeping.

    • 22 min
    Erediens - 14 April 2024

    Erediens - 14 April 2024

    Prediker: Nadia Muller
    Teks: Johannes 21:1-19
    Tema: Jesus se aangenome kinders

    Ons is deur God gemaak en ons behoort aan Hom, maar sonde het ons kom wegruk.
    Jesus het ons opnuut kom aanneem as Sy eie. Nou leef ons as kinders van God. Vandag gesels ons oor wat dit vir Jesus se dissipels beteken het om Sy “kinders” genoem te word. Hoe moes dit gevoel het en hoe is dit dan om vandag te leef vanuit die oortuiging dat ons Sy kinders is?

    • 25 min
    Erediens - 17 Maart 2024

    Erediens - 17 Maart 2024

    Prediker: Nicolette Bester
    Teks: Johannes 18:1 – 11
    Tema: Bekers vol aggressie en bekers vol genade

    Nicolette is ‘n teologiese student aan die Fakulteit Teologie in Stellenbosch. As deel van teologiese studente se opleiding, moet hul tydens hul finale jare tydens eredienste, onder toesig van ‘n leraar, preek en die liturgie behartig. In hierdie opname fokus ons op die feit dat aggressie deel is van ons elkeen se lewe, maar dat Jesus die vlamme van woede met genade kom blus.

    • 19 min
    Erediens - 03 Maart 2024

    Erediens - 03 Maart 2024

    Prediker: Dr. Coenie Burger
    Teks: Fil 3:1-10
    Tema: Ons wil Jesus sien - Sy geskiedenis en ons getuienis oor Hom.

    Vandag gaan ons onder andere die misverstande rondom Jesus Christus ondersoek. Ons besef dikwels nie die sentrale rol wat Hy in die Christelike geloof beklee nie. 'n Breër begrip van Jesus se lewe en werk is noodsaaklik, om nie vasgevang te word in 'n eenkantige siening nie. Baie struikel om die evangelieboodskap van Jesus te verstaan. Ons moet ruimte skep vir groei in ons geloof en ons begrip van Hom. Van sy menswording tot sy beloofde tweede koms - elke aspek van Jesus se bestaan is relevant vir ons eie lewens. ‘n Gesprek hieroor sal diepte bring tot ons verstaan van Jesus en sy impak op ons daaglikse lewe, van Sy kruisiging tot Sy hemelvaart en heerskappy, en die uitdagings van ons geloofsreis.

    • 38 min
    Erediens - 18 Februarie 2024

    Erediens - 18 Februarie 2024

    Prediker: Nadia Muller
    Teks: Mat. 4 en 6
    Tema: Om te vas of nie te vas nie...

    Lydenstyd is 'n belangrike periode van 46 dae in ons kerkkalender wat gewy word aan intensiewe besinning oor Jesus se kruisdood en opstanding. In vandag se tema hanteer ons die essensie van Lydenstyd, deur te fokus op die tradisies wat oor die jare ontstaan het en die wyse waarop Jesus ons nooi om daarmee om te gaan.

    • 18 min

Customer Reviews

5.0 out of 5
1 Rating

1 Rating

Top Podcasts In Religion & Spirituality

Elevation with Steven Furtick
iHeartPodcasts
Joel Osteen Podcast
Joel Osteen, SiriusXM
In Totality with Megan Ashley
Megan Ashley
Girls Gone Bible
Girls Gone Bible
The Way UK
The Way UK
BibleProject
BibleProject Podcast