68 episodes

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.

VivA Afrikaans-joernaal Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA)

    • Language Learning

Wetenswaardighede oor Afrikaanse taalkunde en Afrikaans in die algemeen, asook voorlesings van VivA se blogs en rubrieke.

    Wurgpatat sluk is swaar sowaar

    Wurgpatat sluk is swaar sowaar

    Van tuin-aartappeltjies tot aartappelbovis, stoelpatat tot warm patat. Wyl Dawid elders wortels grawe, spit Jana Luther knolle uit.

    • 8 min
    Kaatjie en klaar

    Kaatjie en klaar

    In ’n vorige aflewering in hierdie joernaal (“Gawies, japies, en brawe Hendrikke”, 19 Oktober 2018) vertel Jana Luther van Afrikaanse mansname wat in ou uitdrukkings mense in die algemeen, asook diere en gepersonifieerde dinge aandui. Op Vrouedag luister iemand daarna en vra: Waar is die vroue dan? Hulle is minder, maar hier is Antjie, Bella, Bertha en Margriet, Martha, Saartjie, Sannie en ander.

    • 8 min
    Bord, bordeel, van tafel tot bed

    Bord, bordeel, van tafel tot bed

    Bord, bordeel, van tafel tot bed (Jana Luther). “Waar kom die woord ‘bordeel’ vandaan?” vra ’n Hollander op Twitter terwyl ’n klub vir volwasse vermaak terselfdertyd in Suid-Afrika in die nuus is. “Bordeel.” ’n Prima voorbeeld van hoe ’n eenvoudige woord in betekenis kan gedy wanneer sprekers van verskillende tale sonder “-isme”-benoudheid en puristegepruttel dit oor en weer vir mekaar laat werk.

    • 10 min
    Pampoen tot pampoesie

    Pampoen tot pampoesie

    Van pampoen tot pampoesie (Jana Luther). Oor kaboepampoen; korrelkop-, kromnek- en gatruikerpampoene; bulpampoene; pampoentyd; pampoenspoke; seepampoentjies; en meer.

    • 9 min
    Deund, wrik, hekel en snert

    Deund, wrik, hekel en snert

    Deund, wrik, hekel en snert (Jana Luther). Op die spoor van taalfossiele in komplekse woorde en vaste uitdrukkings in Afrikaans.

    • 14 min
    Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?

    Hoeveel woorde van Afrika tot Sri Lanka?

    Van ons menswees is taal waarskynlik die grootste kenmerk, die resultaat van die kreatiwiteit en vindingrykheid van duisende geslagte. Hoe gee woordeboekmakers aan dié anonieme en kollektiewe kuns gestalte, en hoe word hul werk gemeet? Jana Luther blaai deur die 15de deel van die Woordeboek van die Afrikaans Taal en vertel van die nut van leksikografiese liniale.

    • 13 min

Top Podcasts In Language Learning

Listeners Also Subscribed To