150 episodes

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

Wiele2Wiele Maroela Media

    • Leisure
    • 5.0 • 1 Rating

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in Wiele2Wiele die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.

    Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7

    Wiele2Wiele ry met sakpas Jaecoo J7

    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die pragtige Jaecoo J7, ʼn Chinese sportnutsvoertuig teen ʼn sakpasprys. Hulle gaan gly oor die pad met die Mercedes-Benz GLE 450d en is aangenaam verras met Isuzu se X-Rider bakkie. Hulle gesels ook oor vlekvryestaal-uitlaatsisteme en oor ikoniese motorfietse.

    • 24 min
    Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend

    Wiele2Wiele: Ford stel twee nuwe Rangers bekend

    Ford het twee nuwe Ranger-bakkies bekend gestel - die boskoning Tremor en die luukse Platinum. Die span gaan ry ook met ’n vinnige stasiewa - die Audi RS4 Avant. Hulle gee raad oor watter oktaan-petrol om te kies en ook oor watter ou motorfietse werklik ’n belegging kan wees.

    • 25 min
    Wiele2Wiele ry met mu-X

    Wiele2Wiele ry met mu-X

    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Isuzu se mu-X. Mercedes-Benz het sy stempel van goedkeuring vir die SVI-gepantserde V300 luukse bussie gegee en die span gesels oor verskillende dieselinspuiting-strategieë. Hulle gesels ook met Roald Van Zyl Smit wat vyf ou Vespa-bromponies besit.

    • 25 min
    Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’

    Wiele2Wiele gesels oor Audi se ‘Urban’ en ‘Black’

    Wiele2Wiele het meer gaan uitvind oor die ‘Urban Edition’ en ‘Black Edition’ wat nou saam met verskillende Audi-modelle beskikbaar is. Hulle gaan ry met die Nissan X-Trail, gesels oor koppelaars en daar is ‘n swart Ducati 749 Dark wat nou in die Louw-motorhuis pronk.

    • 24 min
    Wiele2Wiele ry met diesel-Sportage en T-Roc

    Wiele2Wiele ry met diesel-Sportage en T-Roc

    Hierdie week spandeer Wiele2Wiele tyd met die Kia Sportage dieselmodel en VW se T-Roc. Daar was GR-aksie met die GR Corolla en hulle gee ‘n motorwaarde-wenk. Hulle gesels ook met Jan Ryan van JR Motox Training en sy hart om van jonk na oud kennis te bemagtig om hulle veilig te hou op hul veldmotorfietse.

    • 25 min
    Wiele2Wiele gesels oor Takumi, Ora en Fronx

    Wiele2Wiele gesels oor Takumi, Ora en Fronx

    Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Mazda CX60 Takumi, spandeer tyd met die elektriese GWM Ora en ook met Suzuki se Fronx. Vir die wenk van die week beantwoord hulle die vraag oor of jy jou binnebrandenjin na elektries kan omskakel? Daar is ook die eerste MotoGP-opwinding vir 2024.

    • 26 min

Customer Reviews

5.0 out of 5
1 Rating

1 Rating

Top Podcasts In Leisure

Sword AF
Smosh
The Big Three by Donut Media
Donut
Critical Role
Critical Role
Past Gas by Donut Media
Donut
Wines of South Africa
Jim Clarke
Pilot to Pilot - Aviation Podcast
Justin Siems

You Might Also Like