KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander

  1. Sep 23

    Waaksaam, Welvarend en Windgat

    Die vrees is nie meer 'n gevoel nie, dis 'n gewoonte. Die sleutels tussen jou vingers by die kar. Die "live pin" wat jy los voor jy huis toe ry. Elke vrou in jou lewe: jou Ma, jou suster, jou vriendin, jou biervrou, dra hierdie waaksaamheid soos 'n tweede vel, elke dag. Dit is die werklikheid. 𝗞𝘆𝗸 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗽𝗶𝘀𝗼𝗱𝗲 𝗵𝗶𝗲𝗿 - https://afrikaans.radio/klets/ep-260-waaksaam-welvarend-en-windgat/ Johannesburg, Durban en Kaapstad is drie van die tien onveiligste stede op die planeet. Dit kom ook net weke na Vrouemaand, die maand toe GBV in byna elke gesprek gesit het. En toe, amper of dit vir bewyse gewag het, kom die nuus uit Ekurhuleni: die polisie ondersoek nou of nege vrouemoorde die werk van een persoon is. Ons het 'n wyle terug met Dr Micki Pistorius gesels oor presies wat 'n reeksmoordenaar definieer, en hierdie week luister ons na 'n gedeelte van daardie gesprek. 𝘓𝘶𝘪𝘴𝘵𝘦𝘳 𝘩𝘪𝘦𝘳 𝘯𝘢 𝘥𝘪𝘦 𝘷𝘰𝘭𝘭𝘦𝘥𝘪𝘨𝘦 𝘦𝘱𝘪𝘴𝘰𝘥𝘦 𝘮𝘦𝘵 𝘿𝙧 𝙈𝙞𝙘𝙠𝙞 𝙋𝙞𝙨𝙩𝙤𝙧𝙞𝙪𝙨 𝘩𝘪𝘦𝘳 - https://afrikaans.radio/klets/micki-vang-moordenaars/ Maar 'n ander deel van die land presteer ook: Stellenbosch Universiteit het nou vyf lewende miljardêrs en 28 sentimiljoenêrs onder sy alumni, meer as enige ander universiteit in die land. Twee ranglyste. Twee soorte Suid-Afrika. En al die pad van Doha af, die veiligste stad op aarde, ontmoet ons vir die heel eerste keer ons "Brak van die week". Dis vrees en syfers. Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

    Waaksaam, Welvarend en Windgat

Ratings & Reviews

5
out of 5
4 Ratings

About

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander

More From Afrikaans.Radio

You Might Also Like