KLETS

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander

  1. Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

    MAR 11

    Die Eerste Agt Dae van die Oorlog: ’n Suid-Afrikaner in Doha vertel

    Die bomme val steeds in die Midde-Ooste en die wêreld kyk met groot oë na wat besig is om te ontvou. Ons praat met Adam du Plooy, een van ons getroue KLETS-luisteraars wat in Doha, Katar woon, om te hoor hoe dinge werklik op grondvlak voel. Adam gee vir ons sy perspektief ná die eerste agt dae van die oorlog. Hoe lyk die lewe tans daar? Hoe ervaar mense die spanning? En hoe lyk dit wanneer wêreldpolitiek skielik baie naby aan jou voordeur begin voel? Ons gesels ook oor iets wat baie Suid-Afrikaners ken: resilience. Daai vermoë om aan te gaan, selfs wanneer dinge skeefloop. Maar terug by die huis lyk resilience soms effens anders. Met petrolprysverhogings wat vir April 2026 voorspel word, ontdek Suid-Afrikaners nou ’n nuwe vorm van oorlewing: Uber Moto. Ja, daai klein motorfiets wat dalk binnekort die goedkoopste manier gaan wees om by die werk uit te kom. En dan herinner Suid-Afrika ons weer dat niks hier ooit werklik heilig bly nie… selfs nie in die dood nie. Ons praat oor die skokkende nuus van ’n sindikaat wat mense glo vermoor om lewensversekering uit te eis, en Matthys deel ook sy persoonlike ervaring met bedrog rondom sy ma se begrafenispolis. ’n Storie wat wys hoe maklik "trust" in banke en die polisie jou diep in die steek kan laat. So ja… ons het slaggate, waterprobleme, kragonderbrekings en bedrog. Maar soos baie Suid-Afrikaners half dankbaar sê: ten minste is ons nie in ’n oorlog nie. Dis wêreldpolitiek en plaaslike realiteit. Dis resilience en realiteitstoetse. Dis KLETS. Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

    1h 26m
  2. Ink op "Die Papier" en Vuur in die Midde-Ooste

    MAR 4

    Ink op "Die Papier" en Vuur in die Midde-Ooste

    In hierdie week se KLETS praat Colene en Matthys met die nuusredakteur van die splinternuwe Afrikaanse weeklikse koerant, Die Papier. In ’n tyd waar verskeie Afrikaanse koerante hul deure gesluit het, verskyn Die Papier op Vrydag 6 Maart 2026 vir die eerste keer en gaan dit elke Vrydag landwyd op winkelrakke en aanlyn beskikbaar wees. Die koerant beloof om weer ’n ruimte te skep vir kwaliteit Afrikaanse joernalistiek met nuus, menings, sakenuus, sport, leefstyl, kultuur en gemeenskapsstories vir Afrikaanse lesers regoor die land.  Ons gesels oor hoekom hierdie koerant begin is, hoekom drukmedia dalk nog nie dood is nie, en hoekom daar steeds miljoene Afrikaanse lesers is wat ’n weeklikse koerant wil lees. Maar dis nie waar die KLETS stop nie. Terwyl dit reën in Gauteng val, kyk die wêreld met spanning na die bomme wat reën in die Midde-Ooste. Is dit bloot nog ’n konflik, of kyk ons dalk na die eerste tekens van iets veel groter? Sommige mense vra al klaar die vraag: Is dit dalk die begin van ’n derde wêreldoorlog? En dan draai die gesprek weer skerp na die alledaagse absurditeite van die lewe. Matthys hou vir Sophia ’n verjaarsdagpartytjie in die park vir haar honde-maatjies, iets wat vir hom heeltemal normaal klink… totdat die dame by die kasregister hom aankyk asof hy pas erken het hy vier ook sy toaster se verjaarsdag. Party dinge maak net sin vir honde-mense. En Colene bring ’n bietjie statistiek na die tafel: volgens verskeie studies raak nuwer generasies blykbaar nie noodwendig slimmer nie. In sommige gevalle wys data selfs dat kognitiewe vermoëns effens afneem. Surprise surprise. Dis opinies. Dis honde-partytjies en nuwe ink op papier. Dis KLETS. Die Papier · Afrikaans.Radio · KLETS · KLETS - YouTube

    50 min

Ratings & Reviews

5
out of 5
4 Ratings

About

Van politiek tot polimiek, en van nuwe perspektiewe tot aweregse menings – Colene en Matthys laat niks ongesê nie. Saam met kundiges en ander lekker en interesante mense pak hulle die onderwerpe aan wat ons wêreld vorm. Elke Woensdag iets nuuts. Kom KLETS Saam! Word deel van die gesprekke wat jou laat dink en dalk selfs jou wêreldbeskouing verander

More From Afrikaans.Radio

You Might Also Like