22 episodes

'n Potgooi vir die Afrikaanse lesbiër.
Leer jou les.

Mannetjiesvrou Angie Gallagher, Candess Kostopoulos, Christi Kruger, Phia Smit

    • Health & Fitness
    • 4.9 • 19 Ratings

'n Potgooi vir die Afrikaanse lesbiër.
Leer jou les.

    Episode 1: Hoe gemaak met homofobie?

    Episode 1: Hoe gemaak met homofobie?

    Ná maande se stilte herrys Mannetjiesvrou soos Letserus. Luisteraars, ons is terug en ons duik sommer op die daad diep met ’n gesprek oor homofobie. Hoe kan die lesbiër haar staal vir homofobie, hetsy dit mikroaggressies is, of ernstiger homofobiese gedrag?

    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Luister na Angie Oeh se debuut-EP, Sex in Afrikaans: https://ffm.to/sexinafrikaansep 

    Musiek: Scott Holmes – "Hotshot"

    • 1 hr
    Episode 9: Nuwejaarsvoornemens, voëltoere, lesbiese road trips en straatvryery

    Episode 9: Nuwejaarsvoornemens, voëltoere, lesbiese road trips en straatvryery

    Episode 9 bring jou op die hoogte van die mannetjiesvroue in die voorkamer se persoonlike sake. Ons is opgewonde om vir jou insiggewende en vermaaklike inhoud te bring in 2022 – e-pos gerus enige voorstelle vir episodes na mannetjiesvrou@gmail.com.

    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    • 24 min
    Episode 8: Daar onder lê vier pikkewyne – ’n gesprek oor vulvas

    Episode 8: Daar onder lê vier pikkewyne – ’n gesprek oor vulvas

    In episode 8 van Mannetjiesvrou kyk ons na die klitoriskappie, die skaamheuwel, die labia majora en minora en al die ander aspekte van ons oogappel, die vulva. Ons praat sonder doekies omdraai oor menstruasie, afskeidings en die skaamte wat baie mense het oor hulle skaamdele. Voor julle nou alles wat ons sê vir soetkoek opeet (want ons is allermins medici), gaan loer ook asseblief hier:

    Meer oor die bou van die vulva en vagina: https://www.lunette.com/pages/anatomy-101

    The Vulva Gallery: https://www.thevulvagallery.com/

    Die interne bou van die klitoris: https://www.theguardian.com/commentisfree/2016/sep/15/3d-model-clitoris-sexual-revolution-sex-education-womens-sexuality 

    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    • 57 min
    Episode 7: Mishandeling in selfdegeslagverhoudings

    Episode 7: Mishandeling in selfdegeslagverhoudings

    In episode 7 bespreek ons ’n onderwerp waaroor daar gans te min gepraat word. Mishandeling in selfdegeslagverhoudings kom baie meer algemeen voor as wat die meeste mense mag dink – ons kyk onder andere na wat die gevaartekens is en waarom LGBT-mense dikwels huiwerig is om mishandeling aan te meld.

    As jy met iemand wil praat, kontak gerus die kundige en bekwame organisasies hier onder:



    Triangle Project

    Webwerf: https://triangle.org.za/contact/

    Hulplyn: 021 712 6699



    TEARS Foundation

    Webwerf: https://www.tears.co.za/get-help-now/

    Hulplyn: *134*7355#



    POWA

    Webwerf: https://www.powa.co.za/POWA/get-help/

    Hulplyn: 076 694  5911



    Gender-Based Violence Command Centre

    Webwerf: https://gbv.org.za/contact-us/

    Hulplyn: 0800 428 428



    Stop Gender Violence Helpline: 0800 150 150



    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    • 53 min
    Episode 6: Rabbedoe, rabbedoe

    Episode 6: Rabbedoe, rabbedoe

    Saartjie Baumann, Kobie van Maasdorp en 7de Laan se Wilmien is almal voorbeelde van wat in die volksmond bekend staan as ’n rabbedoe. Ons betrag dié maltrap vanuit alle hoeke en wonder hoe sy so geliefd geraak het in die Afrikaanse popkultuur.

    Ons deel ook opwindende nuus oor ’n baanbrekerboek waartoe ons bygedra het. Bestel Skeef – Wat jy van LGBTIQ-wees wil weet deur Renaldo Schwarp hier: https://www.loot.co.za/product/renaldo-schwarp-skeef/kjhj-7418-g520.

    Skeef is van 1 September op die rakke – moenie vergeet om jou storie oor rabbedoes met ons te deel om in aanmerking te kom om ’n kopie van die boek te wen nie!

    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    • 49 min
    Episode 5: Hooftrekke uit die voorkamer

    Episode 5: Hooftrekke uit die voorkamer

    Ná ’n lang tydperk van stilswye, bied ons ’n blik op die afgelope paar weke.

    In geen chronologiese volgorde nie, hoor jy onder andere van okkultiese koekdriehoeke, die pes, palliatiewe sorg met behulp van vibrators, spieratrofie, die Satisfyer Pro 2 en A Little Life (deur Hanya Yanagihara). Maak ’n teetjie en kom sit.

    Mannetjiesvrou – leer jou les.

    Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”

    • 53 min

Customer Reviews

4.9 out of 5
19 Ratings

19 Ratings

Top Podcasts In Health & Fitness

On Purpose with Jay Shetty
iHeartPodcasts
Meet me in my corner with Dr K
Dr Katlego Lekalakala
The Psychology of your 20s
iHeartPodcasts
Huberman Lab
Scicomm Media
A Really Good Cry
iHeartPodcasts
Wisdom & Wellness with Mpoomy Ledwaba
Africa Podcast Network